Tuesday, June 7, 2022

Ons Junie is vol geboek!

 

 

 

 

Dis wintertyd en almal wil binne kuier. Gelukkig is daar 'n stapel nuwe boeke op die LAPA-boekrak waarmee jy jou kinders gedurende die naderende skoolvakansie kan besighou.
Ons loods ook binnekort 'n kompetisie vir laerskoolleerders waarmee hulle baie geld kan losslaan – én dis die ideale tydverdryf vir ontluikende skrywers en digters!

 

 

 

Nellie en Sion Thwala vertel die verhaal oor die vriendskap en liefde tussen kinders en hul oppassers. Hierdie boekie handel rondom die konsep van thwala – die Zulu-woord vir iets op jou kop dra. Dis 'n lieflike verhaal van onskuld, liefde en omgee wat mense regoor kulture heen aan mekaar sal verbind.

Nelly and Sam by Claudette Browne Storrar is also available in English.

 

 

 

In hierdie sigwoordboekie het Wendy Maartens die presiese resep, wat sy jare lank in haar klas gebruik het om sigwoorde mee vas te lê, neergeskryf. Dis maklik en sonder fieterjasies. Dit is spesiaal
saamgestel om as ondersteuningsmateriaal vir die ouers by die huis en die onderwyser in die klas te dien.

 

 

 

 

Jaco Jacobs se groot klop-klop grappieboek is die GROOTSTE versameling KLOP-KLOP-grappe NOG OOIT IN AFRIKAANS! Hierdie boek sal vir jou en jou maats maagpyn gee van die lag!

 

Die Alfa van Alfaville is ’n avontuur met ’n wit Spider Alfa Romeo, ’n beste vriend en ’n Russies-Afrikaanse ingenieur – ’n storie so aksiebelaai soos die jongste Marvel-fliek!

 

Fanie Viljoen is terug met die derde aflewering in Die Klein Boek van-reeks. Leer meer oor hondetoertjies, modes, speelgoed en sport! Dis ideal vir die jongklomp wat mal is oor feite.

 

 

 

Toe als groen was is 'n treffende debuut gebaseer op ware gebeure by die KwaSizabantu Sendingstasie in KwaZulu-Natal, waarvan die skrywer deel was. Dis 'n aangrypende grootwordverhaal oor die soeke na die self, die soeke na God en die soeke na waarheid, en is ‘n ideale boek vir lesers van 15 jaar en ouer.

 

 

 

Ons vier Jeugmaand en Jeugdag met 'n heerlike kompetisie.
Jy staan die kans om 'n klomp van ons gunsteling YA (young adult)-boeke te wen, asook 'n Bluetooth-luidspreker.
Maak seker jy skakel in op ons
sosialemediabladsye.

 

 

 

Ons nooi alle laerskoolleerders uit om deel te neem aan LAPA & Penguin Random House en die hoofborg Afrikaans.com se Tippie Rympiekompetisie! Jy en jou skool kan ongelooflike pryse wen, en jy staan die kans om moontlik gepubliseer te word.

Skryf vir ons rympies oor:
Wiskunde

Getalbegrip 1-20 / Meer en minder / Optel en aftrek /
Maal en deel / Verdubbel en halveer / Vorms
Klanke en letters
Rympies oor klanke en lettervorming / Oorspronklike,
moderne alfabetrympies / Fokus op vokale a, e, i, o, u
en y / Rympies vir dubbel-, twee-, en drieklanke
Diere
Enige rympies oor diere.

Die
totale prysgeld beloop R20 000 en word aan die drie skole met die meeste inskrywings asook die drie leerders met die beste rympies toegestaan. 

Die kompetisie word amptelik 13 Junie 2022 geloods. Hou gerus ons sosialemediaplatforms dop vir meer inligting.
Bepalings en voorwaardes geld.

 

 

Nothing says winter like snuggling up with your favourite book that takes you everywhere your cold feet don't want to go, and this month's titles promise amazing adventures all in the comfort of your favourite couch under a fluffy blanket!

 

 

Help Bonnie the Bear find her four cute pets in this adorable lift-the-flap pop-up book for little ones.

 

 

 

Peppa can't wait for her special adventure - she gets to be a zookeeper for the day!

 

 

 

 

 

 

 

 Jam-packed with fascinating facts and photographs of animals in the wild, The World of African Wildlife introduces younger readers to the wide diversity of Africa’s wildlife, from mammals and birds to reptiles and insects, and much more. Additional fact boxes, did-you-knows and fun activities make this a book that can be enjoyed over and over again – whether at home or on an African safari.

 

 

 

Silverthorne is a place of secrets and stories. A forest full of twisting paths and tangled thorns. A castle with locked towers and murmurs of tragedy. A village trapped between terrors known and whispered. And something is stirring in the leaves . . .

 

 

 

No comments:

Post a Comment