|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet
Akademies
|
Nuusbrief 902
03/06/2022
|
Krities Afrikaans
|
LitNet:
Afrikaans – "redelikerwys doenlik"?
|
Hou
jou oë oop
Skrywer: Brian Fredericks
Uitgewer: Human
& Rousseau
ISBN: 9780798182744
Ricardo
woon in Kewtown saam met sy ma, ouer broer, Anton, en sussie, Tracy, wat
deurmekaar is met die gangster van die blokke, Capone. Maar voor Ricardo
sy oë uitvee, is beide sy ma en broer oorlede, en eindig hy op in ’n
wendyhuis agter op Capone se jaart. Hoe moet hy maak as hy nie eers
vir sy girlfriend, Mentha, ’n bord warm kos kan aanbied of vir hulle ’n
Sealy Posturepedic kan koop nie?
’n
Meesleurende bildungsroman deur die bekroonde skrywer van As die Cape Flats kon praat.
|
|
|
|
Die Taalmonument: ’n simbool van die stryd tussen
politici en skrywers
Kerneels Breytenbach
Menings
"Die persoon wat waarskynlik die meeste kan
leer uit die geskiedenis van die Afrikaanse Taalmonument, is die man wat
wil hê dat die naam daarvan verander moet word – minister Nathi Mthethwa,
hy van die Departement van Sport, Kuns en Kultuur. Die monument is simbool
van baie dinge – maar veral van die stryd en spanning tussen skrywers en
politici."
|
|
Enkele dilemmas vir Suid-Afrikaanse
Poetin-Rusland-ondersteuners
Eben Viktor
Menings
"Hierdie artikel handel oor die eerste soort
Westerse Poetin-Rusland-ondersteuner – die persoon wie se steun gebaseer is
op Poetin se vermeende beskerming van konserwatiewe waardes. Daar moet
egter eers rekenskap gegee word van die konsep van ’n
wêreldbeskouing."
|
|
Uvalde kon verhoed gewees het
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Uvalde, Buffalo, en elke ander
massaskietery wat in ons geheues ingebrand is, kon voorkom gewees het. Vele
mense wat ryk en vol lewens kon gelei het, is weggeruk. Dit het tyd geword
dat iemand daarvoor betaal."
|
|
KOER lanseer Armand hoog in die app-mosfeer
Melt Myburgh, Armand Aucamp
Onderhoude
"Van die begin af wou ons natuurlik hê dat
ons voëltjie die nes moet verlaat en vlieg, maar ons het nie verwag dat hy
teen só ’n tempo en met sulke krag die app-mosfeer sou bestyg nie!" –
Armand Aucamp oor die sukses van sy maatsoek-toep, KOER.
|
|
Elders gesien: RIV Abraham Viljoen
Breyten Breytenbach
Elders gesien
"Saam met sy broer het Abraham Viljoen ’n
burgeroorlog voorkom. Gaan vra maar vir Nelson Mandela en Mac Maharaj en
Albie Sachs. Gaan vra vir die bure en die werkers van die wêreld waar hy
vandaan kom."
|
|
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor
die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles
on the war in Ukraine.
|
OuLitNet
en uit LitNet se argiewe | From LitNet’s archives
|
|
Afrikaans is my taal en ek is Afrikaans
EKM Dido
OuLitNet (2005)
"Maar wat van my medemens met wie ek
dieselfde velkleur deel? … Afrikaans is een van die min dinge wat ons
voorouers vir ons nagelaat het. Wie het met die mal gedagte vorendag gekom
dat Afrikaans aan die wit mense behoort? Aikôna, Afrikaans behoort aan die bruin
mense. Dis ons erfstuk. Wil jy stry? … En diegene wat nog wil stry, kan
maar g’rus hul lywe na die Taalmonument in Paarl toe vat en daar gaan kyk.
Die maklikste is om maar net na die mense op die Cape Flats te luister.
Veelsydige Afrikaans op sy beste."
|
|
Vir Niemand en Nêrens
Danie Marais
OuLitNet: Young voices – South African online writers’ conference (2004)
"Vir wit Suid-Afrikaners is die brandende
huis van hulle vaders egter besmet met ’n verlede waaroor ’n progressiewe
mens nie veronderstel is om nostalgies te voel nie … Dit voel verkeerd om
terug te hunker na enige iets, veral wanneer jy dink aan die skaamtelose
idealisering van die 'goeie ou dae' deur baie ander wit landgenote. Elke
destydse piekniek, romanse en mooi herinnering lyk uit ’n polities-bewuste
hoek na ’n produk van roekelose wit apatie."
|
|
Wie is die bruin gemeenskap?
Basil Kivedo
SeminaarKamer
"Ek glo nie die herinstelling van ras en
etnisiteit is in belang van die vooruitgang van die land nie. Ek dink dit
is ’n gevaarlike oefening, veral in ’n omgewing waar al hoe meer mense die
etniese kaart speel. As ons nie die rassekwessie te bowe kan kom nie, sal
ons vir altyd 'gyselaars' wees. Uit die swartbewussynskamp gaan stemme op
wat sê dat om ras te bowe te kom, is ’n lugkasteel. Hulle sê egter verder
die uitdaging is hoe ons gemaklik raak met onsself en ander mense se
identiteite en leer om met mekaar in een gemeenskap saam te leef."
|
|
Bruin?
Danny Titus
SeminaarKamer
"Wat spesifiek moet ek aanspreek? Wat van
die bruin mense in die Karoo, die bruin mense op die Kaapse Vlakte, bruin
mense in die ekonomie, sport, politiek, onderwys? Want sien, bruin mense
laat hulle nou eenmaal nie definieer nie … Dit is so maklik om die bruin
mense aan die Wes-Kaap vas te maak … En wat van die bruin mense in die
[ander agt provinsies]?"
|
|
Die Afrikaner op soek na diaspora?
Gerrit Brand
OuLitNet: Taaldebat (2003)
"’n Selfverstaan itv diaspora – en selfs die
viering van diaspora – kan dus ’n manier wees om die 'nostalgie' na ’n
verromantiseerde oorsprong, na 'ons oerwortels', lewend te hou en aan te
vuur. Daniel en Jonathan Boyarin noem die ideologie wat in so ’n gebruik
van die term deurslaan die 'mite van outochtonie' of 'inheemsheid' ... Die
oorsprong wat hier veronderstel word, word egter nie geproblematiseer nie
... Ook die teenargument dat ’n internasionale netwerk van Afrikaners juis
tot die bestendiging en proliferasie van die Afrikaanse taal en kultuur kan
bydra en selfs nuwe, bestendige Afrikaanse gemeenskappe in die buiteland
kan vestig, maak basies deel van dieselfde diskoers uit."
|
|
Afrikaans: Waarheid en versoening onder een DAK
Izak de Vries
Uit die argief (2019)
"Die DAK-Netwerk is onlangs gestig en is na
drie Khoisan-ikone vernoem: Doman, Autshomao en Krotoa. DAK gebruik dan ook
drie pilare – identiteit, maatskaplike bemagtiging en ekonomiese
bemagtiging – om ’n platform en ’n stem aan die breë Afrikaanssprekende
gemeenskap te gee."
|
|
#cocreateSANL: Hoe bou ons stede in balans met die
natuur?
Izak de Vries
Meningen
"Kompartementalisering – waar die onderskeie
dissiplines en rolspelers nie genoegsaam met mekaar praat nie – is veral as
’n probleem uitgesonder en praktiese gevalle is gesoek om positiewe
voorbeelde te toon waar samewerking wel ’n verskil gemaak het."
|
|
Press release: #cocreateIDENTITY experience –
Provoking your identity
Voertaal
Cultuur
Together with South African partners, the Dutch
Embassy and Consulate General are venturing into the space of IDENTITY
issues with the #cocreateIDENTITY Experience from 4 to 6 June 2022 in Cape
Town. Its programme seeks to open meaningful dialogues around questions of
identity and transformation in the context of our countries’ shared
cultural heritage, including Dutch historic ties through trade and slavery.
These conversations will take place through cultural, scientific, social
and artistic South African initiatives and collaborations between South
African and Dutch artists.
|
|
Willem-Alexander in een Duizend-en-één-nacht
Hendrik-Jan de Wit
Literatuur
"Aan de vrijwilliger van de boekenafdeling
in de Zwolse kringloopwinkel overhandigde Rodaan Al Galidi het eerste
exemplaar van zijn nieuwe roman De
onbekende belevenissen van prins Willem-Alexander. Het was een
bedankje voor alle boeken en tijdschriften over het koninklijk huis die ze
voor hem apart had gelegd. Zo kon hij onderzoek doen naar het onderwerp van
zijn roman: de jonge jaren van de kroonprins Willem-Alexander Claus George
Ferdinand van Oranje."
|
|
Nuus uit die Lae Lande
Milton Webber
In het nieuws
"Rusland sny gastoevoer na Nederland af;
polisie gryp in om woedende sokkertoeskouers te laat bedaar; groot
ontwrigting weens landwye staking in België; kerk wil skeur oor vroue in
die amp; ongeluk tydens pretparkrit; hommeltuie red babadiertjies van die
grassnyer; en prinses Amalia se gekose universiteit bekendgemaak."
|
|
Skool in Limpopo sluit oor vlermuise en slange
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Tydens ’n inspeksie het die inspekteur
verneem dat daar op Dinsdag, 24 Mei, altesaam 50 leerders van die skool
afwesig was omdat hulle siek geword het weens die besmetting wat deur die
vlermuise veroorsaak is."
|
|
Suid-Afrika het vier van die wêreld se onveiligste
stede
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Latyns-Amerika is geïdentifiseer as die
wêreld se misdaadbrandpunt, met 62 van die 100 mees riskante stede. Agt
hiervan, insluitend Chihuahua, Medellín en San Salvador, teken die hoogste
moontlike risikotellings aan. Misdaadrisiko’s neem ook toe in die VSA, merk
die studie op."
|
|
Persbericht: Brede stroom inzendingen Poëziefestival
Gelselaar
Voertaal
Literatuur
"Niet alleen uit allerlei plaatsen in
Nederland, maar ook uit België, Duitsland en Zuid-Afrika zijn al
inzendingen binnengekomen voor de dichtwedstrijden van het Poëziefestival
Gelselaar, dat op zaterdag 8 oktober wordt gehouden. Het thema dit jaar is
'mijn taal'. Gedichten kunnen tot 1 augustus worden ingezonden."
|
|
Moord op Pofadder deur Charné Kemp: ’n resensie
Carla van der Spuy
Resensies
"Hierdie boek beskik oor al die elemente wat
dit vir ’n blitsblaaier laat kwalifiseer. Geld, diamante, Krugerrande,
seks, verraad, interessante karakters, verliefde mans en ’n grootskaalse
geliegery."
|
|
Moer
deur Michèle Meyer: ’n lesersindruk
Marieta McGrath
Lesersindrukke
"Elke karakter in hierdie boek vertel ’n
stukkie van die ma-wees-verhaal. Katrin word Kylie se spieëlbeeld, se ander
moontlikheid. Sal ’n vrou ooit die skoene van moederskap kan volstaan?
Hierdie boek sal jou hart uit jou borskas ruk."
|
|
Promotion: The
murders of Fleat House by
Lucinda Riley
LitNet
Books and writers
The sudden death of a pupil in Fleat House at St
Stephen’s – a small private boarding school in deepest Norfolk – is a
shocking event that the headmaster is very keen to call a tragic accident.
But the local police cannot rule out foul play and the case prompts the
return of high-flying Detective Inspector Jazmine "Jazz" Hunter
to the force.
|
|
Van monumente gepraat
Crito
Blogs
"Uiteraard het dit ’n enorme uitwerking op
die manier waarop ek my groot liefde vir boekresensies uitleef. Gewis ’n
paar sonderlinge dinge beleef, maar wie kla? Lekker resensies is resensies
met verrassings."
|
Op
die redakteur se lessenaar
|
|
Gespierde Afrikaans
LitNet
Akademies en skole
Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of
teenstrydigheid? LitNet
Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans
te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter
nuwe woorde is toegevoeg.
|
|
Ek is ready
Kenan Davids
Poësie
"Ek is ready vir wat ook al die lewe op my
pad gooi:
Stress ek is ready
Anxiety ek is ready"
|
|
hang vir my
Willem de Swyger
Poësie
"hang vir my
die sterre
(helder soos lanterns)
aan die donker"
|
|
’n Heilige oomblik
Estelle Kruger
Poësie
"wanneer
jy by die strandmeer
’n engel ontmoet
terwyl sy honde
heen en weer hol"
|
|
Kragkapingskos: Jafels
Karen Hart
Kos en wyn
"Maar die lekkerste van die
kragonderbrekings is dat dit genoeg verskoning is vir jafels maak. Met al
die gepreek teen brood en al die ander sondige dinge is dit te lekker om te
sê: 'Ja, maar Eskom ...' en met volle oorgawe jou tande in ’n lekker boepensjafel
in te sink. Dink net aan al die lekker vulsels – jy kan tot ’n soet jafel
met ’n melktertvulsel maak!"
|
|
Persverklaring: Teksmark wag vir jóú verhoogteks
LitNet
KKNK
Teksidees word in alle genres oorweeg, maar
komedie, satiriese tekste en tekste gemik op kinders en jong volwassenes
word veral aangemoedig. Só ook word voorstelle in alle amptelike
Suid-Afrikaanse tale oorweeg en veeltalige produksies word aangemoedig.
|
|
Persverklaring: Gewilde Wie hyg so? in Junie
terug op Staatsteaterverhoog
LitNet
Teater
Wat gebeur as ’n skugter jeugdiaken ’n
treffer-hygroman by ’n vervelige kerkraadsvergadering begin skryf? Die
gewilde komedie, Wie hyg
so?, is van 8 tot 26 Junie 2022 terug op die
Staatsteaterverhoog met Steffie le Roux, Natania van Heerden, Hanli Rolfes,
Zelda Roelofs, Gerben Kamper en Ruan Wessels in die rolverdeling.
|
|
LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
LitNet
Als oor LitNet
LitNet wil jou as leser die versekering gee dat
ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring
is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are
committed to protecting your personal information held by us.
|
Konklusie of
gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil
navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.
|
|
No comments:
Post a Comment