Tuesday, September 1, 2020

Die Ickabog deur J.K. Rowling LAPA Uitgewers

 

 

Die Ickabog deur J.K. Rowling


Vanaf 1 September is ’n Afrikaanse vertaling van die gratis aanlyn vervolgverhaal, Die Ickabog deur J.K. Rowling, beskikbaar. 

J.K. Rowling het Die Ickabog meer as tien jaar gelede geskryf as ’n slaaptydstorie vir haar jonger kinders en het besluit om hierdie gesinsgunsteling te deel om kinders, ouers en versorgers te vermaak tydens inperking weens die Koronavirus.

Die eerste drie Engelstalige hoofstukke is reeds Dinsdag 26 Mei op die amptelike webwerf (www.theickabog.com) geplaas, daarna het nuwe stukke elke weeksdag tot en met 10 Julie verskyn.
Die Ickabog, wat geskryf is om hardop voorgelees te word, is ’n sprokie wat afspeel in ’n denkbeeldige land. Dit is ’n nuwe verhaal en hou geen verband met die skrywer se ander werk nie. Die teikengehoor is kinders tussen 7 en 12, maar die hele gesin sal die storie geniet.

Die verhaal is gratis aanlyn beskikbaar. In November sal Die Ickabog ook in boekvorm verskyn. J.K. Rowling sal al haar tantieme skenk aan projekte om groepe te help
​​wat benadeel word deur die Covid-19-pandemie beide in die Verenigde Koninkryk en internasionaal.

LAPA sal die Afrikaanse verhaal in boekvorm uitgee. Kinders word genooi om hulle kunswerk voor te lê aan LAPA – die beste tekeninge sal in die gedrukte boek opgeneem word. Besoek www.ickabogkompetisie.co.za vir meer inligting.

Soos die verhaal ontvou, word ouers en voogde aangemoedig om hul kinders se kunswerke te deel. Dit is ’n amptelike illustrasiekompetisie wat deur LAPA Uitgewers aangebied word. Die beste werke staan ’n kans om ’n plek in die gepubliseerde boek te kry. J.K. Rowling sal nie deel uitmaak van die beoordelingsproses nie.

Deur die hutsmerke #TheIckabog en #DieIckabog te gebruik, word kinders (of hul ouers/voogde vir kinders jonger as 13) aangemoedig om hul ongelooflike skilderye en tekeninge op sosialemediaplatforms ten toon te stel.
Hou gerus ons Facebook-blad dop vir meer inligting oor #DieIckabog en die illustrasiekompetisie.


 

LAPA is ’n afdeling van Penguin Random House South Africa (Edms) Bpk.

 

Copyright © 2020 LAPA Uitgewers, All rights reserved.
LAPA Uitgewers Nuusbrief

Our mailing address is:

LAPA Uitgewers

Bosmanstraat 380

Pretoria, Gauteng 0002

South Africa


Add us to your address book



Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

No comments:

Post a Comment