Ons
stel met trots die nuwe Klaskameraad-platform aan jou bekend!
|
|
|
'n
Nuwe platform beloof om die antwoord te wees vir raadop ouers en
onderwysers wat nie meer weet hoe om hul bloedjies aan die
leer en lees te kry tydens en ná die inperking nie. Klaskameraad is
LAPA Uitgewers se antwoord op ouers en onderwysers se gesamentlike
wekroep om hulp.
Dié baanbreker- aanlyn winkel gaan nie net ouers en leerders
uit hul leer- en leesverknorsings red nie, maar ook onderwysers
help om leerlinge in die tyd van ongekende uitdagings soos
Covid-19 en inperking opgevoed te kry.
|
|
|
Met fantastiese winskopies...
|
|
|
* Weeklikse webinare oor 'n verskeidenheid onderwerpe.
* Studiegidse en ander studiemateriaal.
* 'n
Aanlyn weergawe van LAPA Uitgewers se handige Klasgids-tydskrif
waar onderwysers heerlike idees vir die klaskamer kan kry en
leerders kan kies en keur tussen taal- en begripstoetse om tuis te
oefen.
* 'n Aanlyn boekwinkel met boeke wat alfabeties ingedeel is en
ook volgens ouderdomme, grade, Afrikaans Huistaal, Eerste
Addisionele Taal en Tweede Addisionele Taal.
* Resensies van die nuutste kinder- en jeugboeke.
* 'n Internasionale boekklub vir tieners.
* Afslag van soveel as 70% op voorste kinder- en jeugboeke deur
topskrywers soos Fanie Viljoen, Jaco Jacobs en Wendy
Maartens.
* Talle ander hulpmiddels vir die Afrikaanse klaskamer.
|
|
|
|
|
|
No comments:
Post a Comment