Friday, September 4, 2020

Musiek soos Grond

 

VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLINGMUSIEK SOOS GROND, DIE ÉÉN AANLYN KONSERT WAARVOOR JY NOG DIE HEELTYD GEWAG HET, IS NÓÚ HIER!

 

DATUM:                                                    3 SEPTEMBER 2020

Die beste word altyd vir later gebêre en daardie één aanlyn konsert waarvoor jy nog die heeltyd gewag het om te gebeur gaan nou plaasvind!  MUSIEK SOOS GROND met begaafde musikante en kunstenaars Joshua na die Reën, Kaleidoskoop, Leon Gropp, Len Muller, Liani Reynolds, Lizandra Winter en Douvoordag vind plaas op 4 September 2020 om 19h00 die aand en gaan ‘n unieke en betowerende musiekkonsert wees wat beloof om die mees aangrypende musiek en van die beste talent in Suid-Afrika ten toon te stel!

Volg hierdie skakel om NÓÚ jou kaartjies te koop en beleef ‘n onvergeetlike musiekervaring saam met hierdie groep spesiale vriende:   https://go.raindust.co/musieksoosgrond?r=sbp

Daar is ‘n vanselfsprekendheid wat ons in die afgelope vyf maande moes leer om te erken, en ons uitkyk daaroor te verander sodat dit ‘n blywende effek sal hê op ons om vorentoe te beweeg.  Ons het dit beleef toe ons in die grendeltyd beymekaar kon kom om vir julle iets spesiaals op te neem.  Ons het amper vergeet ons is bymekaar om ‘n vertoning op te neem en wou net weer voel hoe dit voel om saam met virende te wees.  Die helfte van ons was in Pretoria by Pierneefskraal en die ander helfte by Jongensdal, naby Stilbaai.  Ons was weereens bevoorreg om Gideon Botes op kitaar te verwelkom, Andy Maritz op dromme, Raziela Grey en Leatitia van Wyk as strykers tesame met die liedjies en stories van die MUSIEK SOOS GROND span”, deel die lede van die groep. 

Die MUSIEK SOOS GROND-beweging het in Maart 2019 die lig gesien en was ‘n heel eerste van sy soort in die land wat ‘n musiekervaring gebring het wat onmiddellik die aandag getrek het en jou laat besef het “hiérdie wil ek nie misloop nie”. Dit het ‘n platform kom skep vir kontemporêre kunstenaars om hulle hoendervleismooi lirieke, lewensverhale en veelsydigheid met gehore te deel.

 

‘n Enkelsnit en musiekvideo, getiteld LUGBALLON is ook deur die oorspronklike groep musikante geskryf, opgeneem, vervaardig en uitgereik en dié kontemporêre hartsliedjie, met die boodskap dat jou uitkyk op die lewe dikwels bepaal hoe jy situasies hanteer, kan steeds gereeld op radiostasies landswyd gehoor word.  Dié liedjie is beskikbaar op alle digitale platforms en kan hier aangekoop word:Die musiekvideo wat deur Jean de Villiers van Daville op ‘n plaas net buite Alberton geskiet is met ondersteuning deur Paper Plane Media se Etienne Swanepoel weerspieël wat MUSIEK SOOS GROND is – ‘n klomp vriende wat dit geniet om saam musiek met een boodskap te maak, maar tog uniek bly. 

 Kyk die video hier:  https://www.youtube.com/watch?v=-S2mTA8oA9E

  “Ons hoop julle geniet dit wat ons vir julle kon vasvang.  Ons behoefte en hoop is dat ons mekaar se harte kan rig in ‘n atmosfeer waar selfs al is dit ‘n aanlyn konsert, julle sal voel asof julle by ons is.  Ons hou julle harte naby ons”, sluit die groep virende af.

 Baie, baie dankie vir jou ondersteuning!!!

STARBURST PROMOTIONS
Alishia van Deventer - MANAGING DIRECTOR
www.starburstmusic.co.za | alishia@starburstmusic.co.za | 083 635 4717


DISCLAIMER: This email and any attachments may contain confidential information and is solely intended for the intended recipient. Access to this e-mail by anyone other than the intended recipient is unauthorized. If you are not the intended recipient, you must not use, copy, distribute or disclose the e-mail or any part of its contents or take any action in reliance on it. If you have received this e-mail in error, please notify us immediately by e-mail. Should you wish to UNSUBSCRIBE from this email please send a mail to alishia@starburstmusic.co.za

No comments:

Post a Comment