Toekomsmens
Pretoria, 2057. Dertig jaar ná Johannesburg in ’n spookstad verander
het, word die Nuwe Republiek van Suid–Afrika deur die Toekomsparty en
’n Raad van Twaalf regeer. Kel de Jong werk as ’n programmeerder in die
Intelligensieburo. Sy geordende lewe word in chaos gedompel wanneer ’n
militêre observasiesatelliet
’n jong kind op die verlate N1 tussen Pretoria en Johannesburg ontdek.
|
|
|
Op
dieselfde dag word In–Grid, die Intelligensieburo se sentrale
kunsmatige intelligensie, in ’n aanval vernietig. In chaos wat volg,
aktiveer Kel In–Grid se prototipe en ontdek dat dit die herinneringe
van Agnes Baumer bevat, ’n vroulike spioen in Duitsland gedurende die
Tweede Wêreldoorlog. Met behulp van tydreise ontdek Kel in die verre
verlede die waarheid agter die gebeure in sy hede.
Toekomsmens is
beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.
|
|
|
Romanza
Nostalgie: Rosita Oberholster
Met hierdie versamelitems vier ons vyftien jaar van ontspanning,
ontvlugting en pure bederf.
Sy
fosforvrou
Lanie vrees sy verloor haar hart op dieselfde soort man as waarvan sy
geskei het: nie ’n eenvrouman nie. En die gesprek wat sy ongevraagd
moet aanhoor, bevestig dit. Maar haar hart protesteer ...
|
|
|
Blou diamant vir ’n ysprinses
Nadat Carla die soveelste paar buitensporige duur skoene gekoop het,
het haar pa genoeg gehad. Hy verban haar vir een jaar na ’n plaas teen
die Weskus waar sy haar brood op die harde manier moet verdien.
En dit onder Adam se toesig …
Romanza Nostalgie:
Rosita Oberholster is beskikbaar by jou naaste
boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.
|
|
|
Conversations
with Influencers
Life has never been better for those who know how to make the most of
their interests and their smartphone. Or has it? How do you turn your
social media presence into cash, not just free stuff? Once you get
selected for paid campaigns, how do you secure repeat business? And,
will TikTok still be around in a few years?
|
|
|
In Conversations
with Influencers, leading, verified influencers, as well as
advertising strategists, reveal the secrets, tips, tricks and pitfalls
of surfing the waves of the influencer industry.
In 2019, interviewer and author Elma Smit was handpicked by two global
sporting governing bodies as the face of their World Cup digital
content campaigns. As a reporter, she certainly scaled up; yet, she
continued to generate more revenue from influencer work. That’s when
she decided to speak to others and write about lessons learnt. Because,
as marketing guru Seth Godin says, “ideas shared, go up in value”.
Interviewees generously share how they’ve handled everything from a
very public divorce to becoming a YouTube sensation before graduating
from high school, how to bridge the jump from Instagram to TikTok and
turn once-off campaigns into monthly retainers.
Conversations with
Influencers is available as e-book at LAPA and Amazon.
|
|
|
Binnekort beskikbaar op die rakke!
|
|
|
Die Bastian
Blom-reeks
Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank
’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die
onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op
die boonste verdieping.
Bastian versamel graag vreemde goed, soos:
- valstande,
- ou brille,
- posseëls met vlermuise
op, (Hy het nog net dertien – daar is nie baie seëls met vlermuise
op nie.)
- skilderye van katte,
(Hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie.)
- porselein-uile,
- en boeke met
spookstories.
Die vreemde en fantastiese goed in die
antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei
ongelooflike avonture!
Die Bastian Blom-reeks is binnekort beskikbaar.
|
|
|
WENNER: LAPA
JEUGROMANKOMPETISIE 2019
Offers vir die
vlieë
Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons
elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart
metaalhuls van die geweer lê, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net
nie toe al besef nie.
Dertig soldate
kry van kleintyd af intense weermagopleiding in ’n distopiese staat.
|
|
|
Ses jong soldate,
ontneem van hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na
die Front.
Een
van hulle vermoor hul seksieleier.
Almal
ontken hulle is skuldig.
Wie
van hulle lieg?
Offers vir die
vlieë is binnekort beskikbaar.
|
|
|
Home Food
“Mealtimes have always given me my most precious memories! I pour much
love into the dishes I create – with fresh ingredients, real food, and
a constant eye on what is healthy.”
Take a culinary journey homewards with Trish as your guide and host.
For many years, she’s been gathering recipes from friends, family,
chefs and foodies from all over the globe and preparing food that her
friends and family devour.
|
|
|
Uncomplicated to create, and with
easy-to-source ingredients, everyone can serve these treasured low-carb
recipes with success. Think of long tables filled with abundant and
delicious food shared with love and laughter. This is Trish’s signature
style: comforting, delectable and healthy!
Home Food
will be available soon.
|
|
|
Become an influencer
Do you need to be popular to make money from social media? No!
There are, however, a few important lessons verified influencers (those
with the blue ticks and paying clients) have learnt through trial and
error.
As traditional media keeps losing eyeballs and revenue to digital and
indeed social media, this content revolution presents unprecedented
opportunities for those who know how to make the most of their
interests and smartphones. In 2019, Elma Smit was hand-picked by two
global governing bodies as the face of their World Cup content
campaigns, in the space of only six months. Yet, she generated more
revenue from influencer work in that same period than from anything
else.
In Become an
influencer, one of South Africa’s leading content creators
and influencers spills the beans on how to build a loyal audience, how
to charge for paid campaigns and how to avoid running into a social
media meltdown. Maps Maponyane, Rachel Kolisi, Nadia Jaftha and Liesl
Laurie and a whole host of
other leading influencers also reveal their influencer secrets, tips
and hard-won lessons to Elma, while leading strategists who select
influencers for global and local campaigns share what they look for in
an influencer.
Word 'n
influencer
Moet ’n mens gewild wees om geld te maak uit sosiale media? Nee!
Daar ís egter ’n hele rits duur lesse wat verified influencers, of
erkende meningsvormers (dáái met die blou regmerkies), almal op die
harde manier geleer het.
Tradisionele media speel toenemend tweede viool vir digitale en sosiale
media – ’n rewolusie wat aan inhoudskeppers ongekende (en lonende!)
nuwe geleenthede bied. Elma Smit het in 2019 as aanbieder die hoogste
sport bereik: sy is deur twee globale organisasies gekies om die
verteenwoordiger van hul digitale inhoud by twee verskillende
wêreldbekertoernooie in minder as ses maande te wees. Tóg het sy in
dieselfde tydperk meer munt daaruit geslaan om ’n influencer te wees as
uit enigiets anders.
In Word ’n
Influencer laat een van SA se topinhoudskeppers en
-influencers vir die eerste keer die aap uit die mou oor hoe ’n mens ’n
lojale gehoor opbou, hoeveel jy vir geborgde veldtogte kan vra en hoe
om die vele slaggate te vermy. Nadia Jaftha, Katinka die Kat, Bouwer
Bosch en Rachel Kolisi tel onder die uitgelese geselskap van
influencers wat ook hul geheime deel, terwyl plaaslike en oorsese
bemarkingsghoeroes verduidelik waarna hulle op soek is wanneer daar op
influencers vir veldtogte besluit word.
|
|
|
|
No comments:
Post a Comment