Friday, September 11, 2020

Nuwe Wenkbrou-Boeke (slegs vir volwasse lesers)

 

 

Skoolgeld

Skoolgeld
Wanneer Emma Louw ná ’n motorongeluk haar bewussyn in die hospitaal herwin het sy geen idee wie sy of die aantreklike vreemdeling is wat langs haar bed waak nie. Daniel Swart slaag egter daarin om haar gerus te stel: Sy is au pair vir sy seuntjie Neal en volgens die dokter is haar geheueverlies net tydelik.
Emma is geskok wanneer Daniel haar vertel dat hulle ’n liefdesverhouding het hoewel hy getroud is.

 

Hy oortuig haar om saam met hom terug te keer na sy plaas Omdraai. Op die plaas begin Emma geleidelik grepe uit haar kinderdae onthou, maar oor haar volwasse lewe is daar steeds ’n donker sluier getrek.
Emma besef gou dat sy meer as blote fisieke aantrekkingskrag voel vir die man wat haar met soveel geduld en deernis versorg. Die emosionele verbintenis tussen hulle verdiep en omdat Emma hom vertrou, is sy bereid om sy seksuele fantasieë saam met Daniel uit te leef. Maar gaan hierdie ’n duur les wees?

Skoolgeld is die opvolg van Klaskamer in dié drieluik.

Skoolgeld is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.

 

Klaskamer

Klaskamer
Emma Louw kry die geleentheid om as kinderoppasser op 'n Karooplaas te gaan werk vir Daniel Swart. Sy is pas uit ’n langtermynverhouding en is lus vir ’n nuwe uitdaging.
Sy raak gou lief vir die seuntjie, en is ook nie onaangeraak deur Daniel se teenwoordigheid nie.
Alles maak egter nie vir haar sin nie. Steek sy dalk haar kop in 'n byekorf?

 

Hoekom is Daniel so geheimsinnig oor sy verlede en oor die letsel op sy bors? Waar pas die impulsiewe Sally, Daniel se eksvrou in die prentjie? Dan praat ons nie eers oor Irma Rothman nie. Sy is immers Daniel se destydse onderwyseres op skool ...
Op 'n dag, kom Emma op 'n geheime kamer af. Dinge oor die geheimsinnige Daniel begin vir Emma duideliker word. Sal sy die binnekant van die klaskamer aandurf? Indien wel, sal sy lewendig anderkant uitkom?

Klaskamer is beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.

 

 

Seks, leuens en die internet

Seks, leuens en die internet
As jy ’n boek verwag deur ’n volmaakte, pyn-in-die-gat prinses oor hoe om liefde en kalmte te vind, soek dan verder.

Seks, leuens en die internet is ’n rou, eerlike vertelling deur ’n vrou wie se hart gebreek is, maar weier om moed op te gee. Op 50 lyk al die prinse en perde bra gehawend, maar vasbeslote durf sy die wilde wêreld van aanlyn afsprake aan, moedig op soek na haar sielsgenoot.

 

In haar soektog kom sy alles teë – van die armes van gees tot die armes van vlees. En dit alles te midde van menopouse, skete en plooie.
Hierdie boek gaan oor die soeke na die self en die oeroue stryd tussen die brein en die hart. Die vraag is net: Wie gaan dié keer wen? 

Seks, leuens en die internet is beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon

LAPA is ’n afdeling van Penguin Random House South Africa (Edms) Bpk.

 

Copyright © 2020 LAPA Uitgewers, All rights reserved.
LAPA Uitgewers Nuusbrief

Our mailing address is:

LAPA Uitgewers

Bosmanstraat 380

Pretoria, Gauteng 0002

South Africa


Add us to your address book



Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

No comments:

Post a Comment