Thursday, October 15, 2020

Hou die kinders aan die lees hierdie maand!

 

Bethel se berg

NAASWENNER: LAPA JEUGROMANKOMPETISIE 2019
Bethel se berg
Dis die onstuimige tagtigerjare.
Bethel Hendrix, haar broers en hulle ma reis deur die land in ʼn Kombi.
Hulle leef ʼn nomadiese bestaan en bly net vir ʼn kort ruk in een dorp voor hulle na ʼn volgende beweeg. Om die gesin aan die lewe te hou, verkoop Bethel se ma vetkoek.
Maar oral waar hulle kom, is dit duidelik dat die gesin anders is. Dat hulle arm is. Dat hulle nie in ʼn regte huis bly nie.

 

Dat hulle ma anders lyk en dink. Dat daar nie ʼn pa saam met hulle is nie.
Al wat Bethel graag wil hê is ʼn plek waar sy haarself kan wees …

Bethel se berg deur Maretha Maartens is binnekort beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

 

 

 

 

Sterre vir die donker

Sterre vir die donker
Dit is aaklig om op amper sewentien so baie dinge nie te weet nie. Nie te weet of jou ma dalk reg is en jy net ’n pil moet drink om die donkerte te keer nie, nie te weet of jou broer se ambisie hom die kluts gaan laat kwyt raak nie.
Om nie eers te praat oor die feit dat jy glád nie te weet wat jy met die res van jou vreeslike gemiddelde lewe wil doen nie.
En die een persoon wat alles sou verstaan het, is vir altyd weg.

 

Skielik klink weghardloop na ’n goeie plan … maar is dit?

Sterre vir die donker deur Noreen Nolte is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

 

 

 

 

More as ons groot is

Môre as ons groot is
Dis matriekafskeid – die wonderlikste aand in elke tiener se lewe. Maar wat gebeur wanneer dit verby is, wanneer selfs die after party end kry? Vier jongmense staan op die grens van hulle grootmenslewe. Liza, Quin, Noku en Wayne kom elkeen uit verskillende agtergronde en die toekoms lyk ook vir elkeen van hulle anders.

 

In hierdie dramateks neem vier vriende afskeid van hulle skool, hulle vriende, hulle kindwees ... en dalk hulle drome.

Môre as ons groot is deur Fanie Viljoen is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

 

 

 

 

Tania Brink omnibus 1

Tania Brink Omnibus 1
Lees nou drie van Tania Brink se gewildste tienerliefdesverhale in een lekkerleesliefdesomnibus!

My hart is vol graffiti
Lara het die perfekte ou. Maar wanneer sy en haar beste vriendin, Vanessa, ’n artikel vir ’n tienertydskrif moet skryf oor graffiti, ontmoet hulle ’n regte graffitikunstenaar wat hulle aan ’n opwindende nuwe wêreld bekend stel ...

 

My eerste soen en ander dinge wat jou uit die bloute kan tref
Toe Reza op haar blog vertel van haar rampspoedige afspraak met ’n ou van die seunskool, het dit onverwagte gevolge. Skielik kan sy uit honderde ouens kies – en een van hulle sal die kans kry om haar op ’n droom-date te vergesel.

Ouens is nie pizzas nie
Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in ’n pizzarestaurant by die see, en dan ontmoet hulle twee aantreklike boeties … en dinge raak warmer as ‘n Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous!

Tania Brink omnibus 1 is binnekort beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

 

 

 

 

Justin Fortuin, seerower

Justin Fortuin, seerower
Justin Fortuin kuier nog lekker saam met sy ma by tannie Mary in die geheimsinnige Kasteel Boekanier. Dit is ’n reënerige dag wanneer hy en sy vriend Liam ontdek dat die kasteel nie net twee geheime tonnels het nie, maar drie. Waarheen lei die derde tonnel?
Die seuns besluit om die tonnel te verken en beleef ’n opwindende avontuur vol raaisels en geheime. 

 

Justin Fortuin, seerower deur Theresa van Baalen is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

 

 

 

 

Uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid-Afrika

Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika
In hierdie boek sal jy lees van allerlei uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid-Afrika.
Hier is stories oor mense wat mediese deurbrake gemaak het. Stories oor mense wat met diere en plante werk. Stories oor mense wat die geheime van die hemelruim probeer ontrafel. Stories oor mense wat interessante ontdekkings oor fossiele, die aarde, water en die klimaat maak.

 

Dit is voorwaar ’n trots Suid-Afrikaanse boek wat elke leser sal inspireer en motiveer om vrae te vra, te ontdek en te skep.

Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika deur Engela Duvenage is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

 

 

 

 

Storiekaros

Storiekaros
Hierdie bundel stories is ʼn karos waarmee jy jou kind opnuut kan koester. Daarmee saam kom die genadegawe om waarlik mekaar se harte te hoor.

’n Ideale boek vir jou kleinding wat hou van stories, rympies en speletjies.
 

 

Storiekaros deur Wendy Maartens is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

 

 

 

 

Penguin Reads

 

Kaptein Pipskwiek

Kaptein Pipskwiek
In die vernuwende strokiesboek Kaptein Pipskwiek moet die bleeksiel Danie skielik ’n geweldige taak aanpak: om die aarde teen ’n gevaarlike aanvaller te beskerm. Nou dra hy ’n kostuum en kan hy selfs vlieg – hy is ’n gemaskerde superheld! Alles is egter nie net pret en avontuur nie, want dit gaan sleg by die huis.

 

Danie se stiefpa en -broer gee hom probleme en verder wil dit lyk of sy ma sieker raak elke keer as hy in Kaptein Pipskwiek verander. Hoe kan hy dan die dorp red? Hy sal vinnig die regte besluite moet neem ...

Kaptein Pipskwiek deur François Bloemhof is hier beskikbaar. 

 

LAPA is ’n afdeling van Penguin Random House Suid-Afrika (Edms) Bpk.

 

Kopiereg © 2020 LAPA Uitgewers, Alle regte voorbehou.
As een van ons gewaardeerde intekenare stuur ons graag hierdie LAPA nuusbrief aan jou.

Ons adres is:

LAPA Uitgewers

Bosmanstraat 380

Pretoria, Gauteng 0002

South Africa


Add us to your address book



Is daar enige inligting wat u wil verander?
U kan u voorkeure hier opdateer of kies om nie langer die nuusbrief te ontvang nie

No comments:

Post a Comment