Voetstoots
deur Annelie Botes
Voetstoots is ’n bontgejasde keur uit sestien jaar van Annelie se
koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade.
Dis lag, huil, kwaadword, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette
saamgeryg in ’n kleurvolle lappieskombers. En Annelie is bedrewe met
die rygnaald.
|
|
|
'n Enkele
verhaal deur Deon Wiggett
Deon Wiggett se reeks sensasionele podsendings het Suid-Afrika in
November 2019 geruk. Daarin het hy die identiteit van die man wat hom
as skoolkind verkrag het, onthul. Nou, in ’n Enkele verhaal, vertel Deon die
volle storie van hoe hy seksueel aangerand is deur “Jimmy”, die eens
briljante onderwyser en latere mediapersoonlikheid wat ’n ongure
dubbele lewe gelei het.
|
|
|
Die heelal op
my tong deur Anoeschka von Meck
Daar is ’n kluis in ’n winkeltrollie op die dak van Wille Willemien se
4×4. Want sy en haar sus is op pad. Richtersveld toe. Om tussen
Eksteenfontein en Khuboes hul pa se kluis – en sy sneeujas – nou ná sy
dood oor ’n afgrond te boender.
|
|
|
Van Kaapstad na San Francisco en selfs
Sri Lanka, met ’n wavrag vol seks, drugs en rock & roll, tref
Anoeschka von Meck se nuutste roman jou soos ’n reusegolf en spoel sy
die verhoudings oop wat van ons denkende, spirituele wesens maak.
|
|
|
Karretjiemense
deur Carol Campbell
Vyftien jaar lank kruip Muis al weg. En noudat die Karoo so droog is,
wil haar man Kapok hul donkiekarretjie in Leeu-Gamka se rigting draai –
die één plek wat Muis nooit weer wil sien nie, want dit is hier waar
die wrede Miskiet vir haar wag om haar terug te kry. In Carol
Campbell se senutergende roman word die onsigbare en nomadiese
karretjiemense van die Groot-Karoo op spanningsvolle wyse op die
voorgrond geplaas.
|
|
|
Patagonië deur
Maya Fowler
Wanneer Tertius de Klerk se nag van skande op die lappe kom, moet hy
vlug: Weg van die drukkende universiteitsdorp waar hy geskiedenis aan
verveelde studente doseer; weg van sy loopbaan wat bly taan; weg van sy
vrou Alta wat hom gaan verbrysel as sy hom in die hande kry.
Hy kies die hasepad Patagonië toe – nes sy oupagrootjie Basjan jare
tevore.
|
|
|
Maar die geskiedenis herhaal homself:
Tertius raak nie só maklik van sy vurige vrou ontslae nie. Alta sit
haar lamsakkige man agterna, nes Salome – Tertius se oumagrootjie – met
Basjan gemaak het.
Met ’n skeut avontuur en empatie en so wyd soos die landskap van
Patagonië ontvou Maya Fowler se roman in vier stemme in ’n hinterland
waar Afrikaans tot vandag toe steeds gepraat word.
|
|
|
|
No comments:
Post a Comment