Dalk sal jy met my kan identifiseer as jy ook een of ander skeet het. Ek is al vir meer as twee maande aaneen siek! My stem het hier in die tweede week van Oktober die pad gevat, en hierdie week klink ek vir die eerste keer weer beter. In elk geval so dat ek weer kan begin onderhoude opneem. As 'n vryskut radio omroeper en persoonlikheid is dit nogal ietwat van 'n uitdaging om soos Donald Duck geloofwaardig te klink.
Ek het hierdie afgelope Vrydag begin om Mannatech produkte te gebruik. Ek is op hierdie stadium van mening dat ek nou wragtig niks het om te verloor nie. Ek kan nou maar netsowel die poeiertjies ek pille probeer.
Ek het ook vir Adele Dreyer belowe dat ek my ervaring sal dagboek, daarom gaan ek dit sommer hier op my blog doen. Miskien help dit iemand wat minder dom is as ek, en dalk te bang is om kanse te waag. Om met 'n ongeneeslike chroniese siekte gediagnoseer te word, is amper soos om in 'n abusive verhouding te wees. Dit word op 'n stadium aanvaarbaar en maar vanselfsprekend dat pyn en ongemak deel van jou lewe is. Om daarteen te veg maak dit net moeiliker, en selfs die mense naaste aan jou raak ook verveeld met jou pyne en skete. Die gevolg is jy bly maar stil, en stoei teen jou eie pas voort, al wens jy, jy kan letterlik eerder dood neer slaan. Vir langer as wat ek kan onthou, is dit geweldig moeilik om gewone dinge te doen. Ek praat nou van goed wat gedoen moet word. Stort, tandeborsel, hare was en droogmaak, klere aantrek, bedopmaak, kosmaak en om dit dan elegant te eet sonder om te hoop jy kry die vleisie met jou vurk raak gesteek. Dit is net die punt van my daaglikse ysberg. Ek wil onder geen omtandighede jammer gekry word nie, ek vertel jou hiervan sodat jy kan verstaan hoe baie dinge feitlik onmoontlik vir my geraak het. My Christen vriende het hulle al disnis vir my gebid, en al wat 'n demoon is, is uitgedryf. (Iets wat regtig traumaties, en vir my persoonlik, by kere baie veroordelend van aard was) Ek noem dit met die grootste respek en dankbaarheid. Ek is geensins nou minder kind van God nie.
Ek het hierdie Saterdag teen omtrent 6h30 self wakker geword, en ek kon sonder 'n gesukkel uit my bed opstaan. Vir die eerste keer hierdie jaar, het ek kans gesien om my tone te verf. Ek het 'n ding met mooi tone en voete, dit is nie eers onderhandelbaar nie. My twee dogters sal vir jou vinnig vertel dat ek hulle roskam as hulle met tone durf rondloop waarvan die verf begin afdop, of as dit nie geverf is nie. Ek kon nie my tone verf nie, daarom het ek dit maar daarsonder gelos. My hand en voete is besig om gevoel te verloor, maw ek skop hierdie tone potblou, en met die dat my linkerhand so te se sonder gevoel is, kry ek nie alles gedoen nie. Terug na my tone toe - dit het gelyk asof ek voete eerste in 'n kop-aan-kop botsing was. my voete het gelyk soos 'n slagveld, want ek hou van rooi, bloedrooi! Ek het maar die die vel rondom die naels met accetone skoon gemaak sover ek kon. Die punt is, ek het mooi rooi tone.
Saterdagmiddag kon ek Ben se tone ook versorg. Naels geknip, gevyl en elke ding. Dit was heerlik. Ons dreig al lank om vir die honde beddens te maak van waterpyp en skadunet. Ek het self, sonder hulp, die twee nette gesny en omgewerk met my naaimasjien. (Ben was by die ateljee n Bdorp) Ek was erg bewerig daarna, maar ek sou dit 'n week gelede nie eens aangepak het nie.
Gister was dit vir my weer nie net moontlik nie, maar ek het sonder inspanning gou gestort, voordat hier van ons kinders se vriende kom inloer het. Selfs Ben was bietjie verbaas dat ek dit so gou sonder hulp kon doen. Nadat hulle hier weg is, het hy vir ons die heerlikste paella gemaak. Ek het saam met hom 'n Sondagmiddag-slapie gaan vang. Iets waarmee ek ook onbevoeg is, ek sukkel om te slaap. Ek het 16h00 spontaan wakker geword, en verder aan die seile kom werk. Na Carte Blance en die Sondagfliek het ek sonder moeite aan die slaap geraak. Voor Ben; en dit wil gedoen wees. Ben het twee sekondes nodig om aan die slaap te raak, as dit so lank is.
Ek het vanoggend weer heerlik gestort en myself vol lyfroom gesmeer. My bed is opgemaak en my eerste onderhoud vir vandag is afgehandel. Dit is nou 12h00. Ons huishulp het nie opgedaag nie, en ek kon die meeste huistake self behartig. Ek is nou bietjie flou, maar normaalweg sou ek al lankal gedaan gewees het. Ek het selfs vandag pikswart eyeliner aangesit.
Wat is anders? Ek gebruik Mannatech Advanced Ambrotose, Catalyst en Superfood Green and Reds. Dit is nou twee dae wat ek hierdie produkte gebruik. Kom ons kyk hoe dit vorentoe gaan. Terloops ek het presies agtien minder pynpille die afgelope drie dae gedrink...
No comments:
Post a Comment