|
Hart van staal
Didi Potgieter
Steely Hills is die plek waar Melinda
die veiligste voel; daar kan sy wegkom van die paparazzi. As ’n
suksesvolle countrysangeres leef sy haar droom, maar sy sukkel
deesdae om liedjies te skryf. Miskien het dit te doen met George
Williams, die eienaar van die plaas ... O, en die soen.
|
|
|
Onmoontlike droom
Frenette van Wyk
Chloé gaan Frankryk toe om haar ma se
glorie as kabaretster by die Moulin Rouge te herleef, maar sy het ’n
verskuilde agenda. Sy ontmoet die geheimsinnige Sacha wat haar droom
om te dans aanvuur. Hy het wel ’n geheim wat haar alles oor lewe,
logika en liefde laat betwyfel.
|
|
|
|
|
Seewier en sjampanje
Rosita
Oberholster
Maya vlug na Duinebaai wanneer haar
huwelik op die rotse beland. Sy weet nie of sy ooit weer die flenters
van haar lewe aanmekaargelap gaan kry nie, maar sy gaan haar bes
probeer. Sy gaan ook haar bes probeer om nie holderstebolder vir Alec
te val nie.
|
|
|
Amper Eden
Ida Bester
Ná ’n traumatiese ervaring is Marileen Kamstra se
enigste liefde haar kwekery. Boeke en blomme is meer as genoeg om
haar besig te hou. Totdat die irriterende Groen Skerpioen Joubert de
Wet haar paradys instap en die mure wil afbreek wat sy om haar gebou
het.
|
|
|
|
No comments:
Post a Comment