Nuusbrief Nr. 93 (13 November 2020)
Beste Anne-Marie
Net so is die eerste hoofstuk van 2021 reeds
geskryf, en soos altyd, lééf Afrikaans. Hierdie maand vertel ons
jou van ‘n opwindende aanbod binne die Afrikaanse leefwêreld, gaan
loer in by die splinternuwe, maar reeds geliefde aanbieder op
KykNET se Boer Soek
’n Vrou, en gee ook wenke oor hoe jy jou graad 1-kind
opgewonde kan maak vir die grootskool. Boonop prut die potte in
Pieter Malan se Pappachef-kombuis.
|
|
|
|
ONTMOET BOER
SOEK ‘N VROU SE MARCIEL HOPKINS
Is jy net so opgewonde soos ons oor Boer Soek ’n Vrou
wat weer begin het? Internasionale model, aktrise en
motiveringspreker, Marciel Hopkins, neem vir die eerste keer haar
plek in as aanbieder van dié gewilde realiteitsreeks. Ons het
haar van nader leer ken ... klik deur en kuier saam!
|
|
GROOTSKOOL
…HELP JOU KIND OM UIT TE SIEN
Grootskool toe gaan is reeds vir jou as ouer en ook
vir jou kind ‘n groot en soms angswekkende stap ... hoeveel te meer
nie vir kinders en ouers wat dit te midde van die Covid-19-pandemie
moet doen nie. 15 Februarie is voor die deur ... help jou kind só om
uit te sien na en voorbereid te wees vir graad 1.
|
|
|
10 000
KANSE OM LIEFDE TE VIND IN AFRIKAANS
Die eerste Afrikaanse vlerksleeptoepassing, Koer, het onlangs
die 10 000-gebruikerstal verbygesteek. Ons gesels met van die
paartjies wat liefde gevind het op dié toep en gaan loer in by
medestigter van die onderneming, Armand Aucamp, oor hoe jy dieselfde
kan doen!
|
|
GRATIS RESEPTE
OP ONS PAPPACHEF-BLAD
Om in Afrikaans te kook, proe soos nog! Weet jy van
die keur gratis en aflaaibare Pappachef-resepte op Afrikaans.com?
Wildsvleisburgers, varklies, hoender, poke-bakkies en varkboud is
alles op die spyskaart. Klik deur en kook saam!
|
|
|
|
|
No comments:
Post a Comment