|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet
Akademies
|
Nuusbrief 838
24/02/2021
|
Krities Afrikaans
|
Gangster
Skrywer: Carla van
der Spuy
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624090137
Die
bekroonde skrywer Carla van der Spuy gesels met geharde én
gerehabiliteerde gangsters, ’n lady gangster, ’n ma wie se kind
koelbloedig vermoor is en pastore wat probeer help. So hoor ons van die
nommers, die Franse, die vierde kamp, Sabela en die Airforce. Gangster wys in
mense se eie woorde hoekom gangs steeds groei, wat dit is wat kinders so
jonk as twaalf na gangs lok, en hoe sommiges tog daarin slaag om te
ontsnap. Want mense se lewens kán omkeer, en Gangster is ook
vol stories van hoop.
|
|
|
|
Slabbert: Man on a mission. A biography deur Albert Grundlingh: ’n resensie
Jannie Gagiano
Resensies
"Slabbert was nie net slim, welsprekend en
opgewasse om sy man in enige debat te staan nie. Hy was toegerus met al die
kulturele eienskappe wat ’n mens kon verwerf het slegs as jy in die
diepgang van ’n dikgeweefde, wedersyds versterkende institusionele
Boerebroeikas tot wasdom gebring was."
|
|
Review of Promised
land by Karl Kemp
Rian Malan
Books and writers
"Every South African city is already ringed
by giant shack settlements, almost all erected on land that was illegally
grabbed at the outset, and some still technically subject to eviction. But
on the ground, everyone knows this will never happen."
|
|
Stipstaar
deur Gerard Scholtz: ’n resensie
Fanie Olivier
Resensies
"In ’n tydperk waarin fyn omgaan met die
taal oor die algemeen steeds minder belangrik word en minder eiesoortig,
waarin die dissipline wat onderliggend is aan formele poëtiese subgenres
verdag gemaak word, kan die bydrae wat die bundel lewer moeilik oorskat
word."
|
|
Die kind se naam is Anneke deur Juliana Coetzer: ’n resensie
Ingrid van der Walt
Resensies
"Coetzer is ’n voortreflike skrywer met ’n
uiters verfynde introspeksievermoë, en besondere talent om te observeer en
verwoord. Om die waarheid te sê, sy skryf in ’n trant wat jou byna in ’n
beswyming plaas, asof dit ’n gesprek is wat jy nie wil misloop nie."
|
|
Toekomsmens
deur Isa Konrad, ’n lesersindruk
Anne-Marie Burger
Lesersindrukke
"Die sogenaamde merk van die bees is nie so
verregaande as wat ons dit sou wou afmaak nie. Dit is dalk nie die yslike
666 op jou voorkop getatoeëer nie. Dalk die selfoon in jou hand?"
|
|
Môre as ons groot is, ’n Zoom-onderhoud met Fanie Viljoen
Anke Theron, Fanie Viljoen
Skrywersonderhoude
"Môre
as ons groot is handel oor die gebeure tussen vier vriende en
speel af ná die matriekafskeid en die afterparty.
Maar die eintlike storie agter die storie gaan oor wat gebeur wanneer die
werklikheid en ontnugtering van grootword gekonfronteer word."
|
|
Om ’n boomhuis te vertaal: ’n onderhoud met Kobus
Geldenhuys
Naomi Meyer, Kobus Geldenhuys
Skrywersonderhoude
"Ek is bevoorreg om die Afrikaanse vertaler
van hierdie reeks te wees. Dis snaaks, skreeusnaaks, en soms uiters
takserend op die vertaler – waarvan ek hou. Die regte woord skuil altyd
iewers en dis my werk om dit te vind."
|
|
An island
by Karen Jennings: an interview
Joanne Hichens, Karen Jennings
Books and writers
"Violence begets violence. Samuel has been
exposed to it from a young age through the different stages that his
country has gone through politically, and through the effects of those
changes on him and those around him."
|
|
Skoon wasgoed: Die literêre rockster, Tom Lanoye
Frederik de Jager
Boeke en skrywers
"Die programnota van 1995 het iets van ’n
literêre popster genoem, en die titel was intrigerend: Kartonnen dozen. Boonop
het ek gehou van al die Vlaamse aanbiedings wat ek ooit by die KKNK
bygewoon het. Almal is opgelig deur ’n Europese flair, deurtrek van die
karnavaleske, besiel deur ’n sin vir die absurde."
|
|
Persverklaring: Sitkamer
‒ ’n podsending oor Afrikaanse letterkunde
LitNet
Boeke en skrywers
Met ’n uitgesoekte geselskap neem Mercy
Kannemeyer die leiding in die gesprekke tussen boekliefhebbers. Gereelde
stemme wat maandeliks in Sitkamer
gehoor gaan word, is benewens vir Mercy dié van Earl Basson, Janien Linde,
Bibi Burger, Remona Voges-Van Huyssteen en Alwyn Roux. Vir die eerste
episode kan julle uitsien na ’n gesprek tussen dié ses lede wat gaan oor
die betekenisassosiasies van ’n sitkamer.
|
|
Sensitiwiteit vir tale ’n móét vir inklusiwiteit in
skole
Melt Myburgh, Emma Groenewald
Skole
"Ek glo dat diversiteit nie ’n struikelblok
hoef te wees nie, maar dat onderwysers verskillende strategieë kan aanwend
sodat leerders deur die diversiteit in die klaskamer verryk en bemagtig
word."
|
|
LitNet Akademies Weerdink: Hoe onderwysers in die tyd van COVID-19
staande kan bly
Maryke Roberts, Erika Kruger
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
Vrese vir ’n derde koronagolf en posttraumatiese
stres onder opvoeders styg dramaties. Kenners maan dat die impak op opvoeders
se psigiese gesondheid nie onderskat moet word nie. Erika Kruger praat met
Maryke Roberts oor stres wat duidelik sy tol op onderwysers eis wat tydens
die pandemie onder nóg moeiliker omstandighede moet werk.
|
|
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met John
Mathuhle, Barend la Grange en Giel Bekker
Freek Robinson, John Mathuhle, Giel Bekker, Barend la Grange
Onderhoude
Die afgelope naweek het die gemeenskap van
Senekal en Matwabeng in die Oos-Vrystaat hande gevat, in teenstelling met
verlede Oktober se rasseverdeling en -geweld. Freek Robinson gesels met
pastoor John Mathuhle, South Africa Day se bedryfshoof Barend la Grange, en
Giel Bekker, voorsitter van die Senekal-Matwabeng Gemeenskapsforum, oor
versoening- en samewerkingsmoontlikhede op Senekal.
|
|
Die waarde in die waardelose
Nini Bennett
Rubrieke
"Suid-Afrika het voor COVID-19 ongeveer 90
000 afvalverwerkers gehad; die syfer is nou, as gevolg van toenemende
armoede en werkloosheid, véél hoër."
|
|
Is die matriekbrug stukkend?
Niel Mostert
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"So as 'ek weet nie' die beste antwoord is
op wat jy eendag wil word, wat is die resep om sin te maak daarvan? Die
sleutel lê in die regte mindset of ingesteldheid waarmee jy hierdie
off-road avontuur moet betree."
|
|
In memoriam: Anita de Kock (1954–2021)
Fanus Bothma
In memoriam
"Sy was joernalis by Perskor (1981–1992) as
algemene verslaggewer, subredakteur en kunsredakteur, en ook werksaam oa as
boekebestuurder by CNA en Exclusive Books in Pretoria en Bloemfontein
(1993–2004), waar sy die boekeafdeling, die aankoop van boeke en
boekbekendstellings behartig het."
|
|
David Stuurman-lughawe ’n goeie (regstel-)vertrekpunt
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Sommige mense meen ons het belangriker,
groter kwessies as naamsveranderings om aan aandag te gee. Hulle is reg as
hulle verwys na korrupsie, armoede, en sekerlik vandag die gevolge van die
Covid-regulasies. Maar hulle is selektief in hulle teregwysing. Die groter,
onafgehandelde saak of taak is die regstelling (geleenthede en waardigheid)
en herverdeling (grond en welvaart) waarsonder Suid-Afrika nie sommer na ’n
meer regverdige, meer gelyke samelewing vordering sal kan maak nie."
|
|
"Erfgoed van de toekomst": Meertens
Instituut inventariseert reacties op de coronacrisis
Ingrid Glorie
Meertens Instituut
"Hoe zag het dagelijkse leven in Nederland
eruit tijdens de eerste maanden van de coronacrisis? Wat deden we? En hoe
praatten we daarover op sociale media? De wetenschappers van het Meertens
Instituut hebben een bestekopname gedaan en komen met een voorzichtige duiding.
Maar een half jaar later is er alweer zoveel gebeurd dat we méér nodig
hebben."
|
|
Regering verswyg ware matrieksyfers, sê DA
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Terwyl die minister van basiese opvoeding,
Angie Motshekga, met ’n slaagsyfer van byna 80% spog, sê die DA die ware
syfer is bykans die helfte minder as die groot uitvalsyfer van skoliere wat
voor matriek die skool verlaat in ag geneem word."
|
|
Gedrukte koerante op hul sterfbed
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Moneyweb wys op hulle webwerf daarop dat
die afname in dagblaaie se sirkulasie geen nuwe of slegs ’n Suid-Afrikaanse
verskynsel is nie."
|
|
Studente se ervarings van verskillende
afleweringsmodusse in ’n nagraadse diploma in bestuur
Alfred Henrico, Nelda Mouton
LitNet Akademies (Opvoedkunde)
"Alhoewel dit in die minderheid was, het
sommige studente in beide afleweringsmodusse wel ooreenstemmende negatiewe
ervarings gehad ten opsigte van die wyse waarop hulle ondersteun is om te
leer, dosentinteraksie, tydigheid van kommunikasie en die standaardisasie
tussen die onderskeie modules in die program."
|
|
Die Wysheid van Salomo as ’n intertekstuele teks
Pieter M Venter
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
"Die feit dat die boek in Grieks geskryf is,
deurspek is van die Griekse ideologie van Plato en die Stoïsyne en ook die
Joodse denke van die eerste eeue voor en na Christus, maak dit uiters
onwaarskynlik dat Salomo dit geskryf het."
|
|
LitNet-blokraai: Ekologie
Estelle Kruger
Notas, toetse en vraestelle
Ekologie is die studie van die interaksie van
organismes met mekaar. Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word,
of vir die pret by die huis.
|
|
LitNet-blokraai: Lewenswetenskappe
Estelle Kruger
Notas, toetse en vraestelle
Lewenswetenskappe is die wetenskaplike studie van
lewende dinge vanaf molekulêre vlak tot en met hul interaksies met mekaar
en hulle omgewing. Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word, of
vir die pret by die huis.
|
|
Versugting
Lina Spies
Poësie
LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van
die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste
digters. Lees Lina Spies se gedig hier.
|
|
Pappa
Salvia Ockhuis
Poësie
"My pa se hande
het hul vasvat verloor,
sy knobbel-vingers
bewe as hy werk"
|
|
Little hands
A Maree
New writing
"A mother’s tears will never clean the
stains
From off his shirt, or the shame that’s buried in
Our dirt, deep in the soil; our country’s land
Is poorer now, forevermore, without that
Little hand."
|
|
voetspoor
Elmarie Van Kampen
Poësie
"ek het jou voetspoor gevolg
gehoorsaam getrou gedwee
tree vir tree"
|
|
Jeug se groen
Drienie Joubert Kelly
Poësie
"daar waar die reuk van verlief aan jeug se
takke hang,
waar die spoke van gister elke droom van môre wil vang"
|
|
Take-a-STAND-dialoë: ’n Pleidooi vir verandering
Emma Kotze
Teater
"Die Sustaining Theatre and Dance (STAND)
Stigting het die afgelope naweek, 19–21 Februarie, ’n reeks paneelgesprekke
in samewerking met die Toyota US Woordfees op Stellenbosch gehou.
Paneelbesprekings vir die Take-a-STAND-dialoë was verteenwoordigend van ’n
wye en diverse verskeidenheid stemme uit die dans- en teaterbedrywe, wat ’n
spektrum van ondervinding en perspektiewe ingesluit het."
|
|
Om tot ’n STAND te kom. Gesprekke rondom die
voortbestaan van die uitvoerende kunste in Suid-Afrika
Kanya Viljoen
Teater
"Met die Covid-regulasies het vele dansers,
teatermakers, skrywers en feeste stil geword ... Nog meer, die
infrastruktuur, of gebrek daaraan, is binne die sektor bevraagteken en
opnuut bevestig. Dit is uit dié realiteit dat die STAND (Sustaining Theatre
and Dance) Stigting geskep is ... gestig is. Een van hul eerste projekte
was die loods van die Take-a-STAND-dialoë (in samewerking met die Toyota US
Woordfees), ‘n naweek van gesprekke tussen professionele teatermakers,
dansers en kunstenaars wat verskeie vrae en kwessies binne die sektor
benader het."
|
|
’n Vonds: Hennie Aucamp skryf oor die
Visrivier-canyon
Heinrich Matthee, Hennie Aucamp
Reis
Dit lyk asof [Hennie Aucamp se] "Klippe en
sand" nie
voorheen gepubliseer is nie. Die digter Johann de Lange, die eksekuteur van
Aucamp se literêre erfenis, het toestemming gegee dat dit eenmalig op
LitNet gepubliseer word.
|
|
Vinkel en koljander: Bokvet, wierook en mirre
Helena Opperman
Reis
"Maar dis Ouma Twaalf wat my bybly – die
klein vroutjie met die groot gees wat ’n hele familie anker in ’n eeue oue
kultuur. Sal wierook, mirre en die wondere van kameelmelk in die
vergetelheid verdwyn as sy die dag nie meer daar is nie?"
|
|
Elders gesien: Namib100 – dag 1
Marika van Heerden
Elders gesien
"Ek het gewonder of ek dalk Namibkoors het
dat die gediertetjies my so aanraak. Maar in my dieper waters het ek geweet
dat ek eintlik net die natuur in die gemak van sy eie vel gesien het."
|
Konklusie of
gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil
navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.
|
|
No comments:
Post a Comment