| Daar is
            mos maar min dinge wat kan kers vashou by ʼn paar egte boerevellies.
            Of jy nou optof vir ʼn troue, jou beste voetjie voorsit vir jou nuwe
            nooi se familie of jou gemaklikste kakiebroek aantrek vir
            kleiduifskiet by die kerk se basaar – ʼn goeie paar vellies laat jou
            nooit in die steek nie. Vrouevellies is ook niks vreemds meer nie,
            en menige bruid kies deesdae vellies by haar trourok sodat sy haar
            eerder oor haar rammetjie-uitnek-swaer as oor haar seer voete hoef
            te bekommer.
 ʼn Goeie paar vellies is soos ʼn boerboel – hy sal enige plek saam
            met jou gaan, en hy laat jou nie sommer in die steek nie.
 
 Maak dit nou boonop ʼn paar egte Maroela-vellies en jy kan maar weet
            jy sal ʼn spoor trap wat al jou vriende jou sal beny.
 
 Elke skoen word subtiel gebrandmerk met Maroela se boom-embleem
            sodat jy diep Afrikaanse spore kan trap oral waar jy gaan.
 
 Koop nou vir jou een egte
            Maroela-regtervellie teen slegs R699 in Maroela Media se aanlyn
            winkel, Die Koöperasie, en kry die linkervellie verniet.
 | 
          
No comments:
Post a Comment