|
Coucou, Lulu - Fanie
Viljoen
Uiteindelik word Lulu se grootste droom bewaarheid: sy gaan Parys toe
vir haar eie modevertoning, en die grootste name in die modewêreld gaan
haar klere modelleer!
Die nare tweeling, Alex en Alet, daag ook onverwags op en Lulu is
eers bang hulle gaan al haar planne in die wiele ry - maar dan loop
iets GROOT verkeerd!
Al die uitrustings wat sy gemaak het, raak weg en arriveer nooit in
Parys nie!
Lulu en haar vriende en familie moet inderhaas ’n plan maak, maar
Lulu is op die punt om moed op te gee. Kan sy nog ’n suksesvolle
modevertoning doen en haar drome laat waar word?
Coucou, Lulu is nou beskikbaar by jou
naaste boekwinkel.
|
|
|
Professor Fungus omnibus 2
- Jaco Jacobs
Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se
laboratorium en keer ’n blikbrein wat buite beheer is, maak kennis
met ’n klomp vreemde ruimtewesens, ontmoet ’n skurk met ’n nare
breinspoel-plan, duik saam onderwater op soek na ’n eienaardige
seegedierte … en veg saam teen ’n weermag tuinkabouters!
Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek!
Professor Fungus omnibus 2 is nou beskikbaar by
jou naaste boekwinkel.
|
|
|
|
|
Lea lief uile - Cecilia
Steyn
Hoe-hoe-hoekom gaan al die uile dood?
Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en
joernalis. Om diere te red, is in haar bloed!
Daar is ’n probleem in Lea-hulle se dorp: die uile is besig om dood
te gaan! Terwyl al Lea se maats net dink aan die opwindende nuwe
restaurant wat oopgemaak het, probeer Lea en haar ouers uitvind wat
die uile doodmaak.
Vinnig kom hulle agter: die dorp het ook ’n muisplaag en almal
probeer van die muise ontslae raak! Is hierdie dinge dalk alles
verbind, en wat kan Lea doen om al die diere te red?
Lea lief uile: Muisvalle en maanmelkskommels is
nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.
|
|
|
Jy sê, ek sê, ons sê -
Marita van der Vyver
Verse vir tieners deur tieners.
In hierdie unieke boek is versies opgeneem wat deur hoërskoolleerders
geskryf is. Marita van der Vyver, bekroonde skrywer van Al
wat ek weet, het die leerders begelei tydens die
skryfproses.
’n Voorbeeldversie:
Is jy regtig lief vir my?
Want jy’t nog tyd om rond te gly
Is jy regtig lief vir my?
Want jy laat my keer op keer seerkry
Is jy regtig lief vir my?
Just let me know and I’ll let you stay
Jy sê, ek sê, ons sê is nou beskikbaar by jou
naaste boekwinkel.
|
|
|
|
No comments:
Post a Comment