| 
     
      | 
       
        | 
         
          | 
 |  
          | JEUGROMANKOMPETISIE 2019: BESTE DEBUUT
 Wat Werner
          doen met sy drie miljoen - Tertius Janse van Rensburg
 
 Wat sal jy doen as jy die LOTTO wen?
 Dit is die vraag wat Werner, TC en Einstein hulself afvra een pouse.
          Vir die grap besluit die drie seuns om regtig elkeen ’n
          LOTTO-kaartjie te koop. Hulle vat vir Oupa Ig (Werner se oupa wat
          Alzheimers het) om “roomys” te koop, en sonder dat hy besef wat
          aangaan speel hulle die LOTTO. Dan gebeur die onverwagte: hulle wen
          wraggies meer as R3 miljoen!
 Werner voel baie skuldig oor hoe hulle sy siek oupa misbruik het, en
          hulle besluit om nie die geld te eis nie ... maar dan verloor Werner
          se ma haar werk. Oupa Ig se gesondheid begin agteruitgaan, en Werner
          is baie bang sy ma trou met die nare oom Daan.
 
 Nou begin die groot uitdaging: hoe op aarde gaan hulle die geld by
          haar uitkry?
 
 Wat Werner doen
          met sy drie miljoen is nou beskikbaar by jou naaste
          boekwinkel.
 |  |        
       
        | 
         
          | 
 |  
          | Ouma Mollie en die mensvreter - Fanie Viljoen
 Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar
          sommer net ouma Mollie noem – die grootse moeilikheidmaker op
          Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die
          moeilikheid.
 Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Dit begin toe ouma
          Mollie soos ’n verdrinkende meermin in die bad lê. Gou laai sy vir
          Nina en Blapsie, die basterbrak, in haar kar, Spokie. Hulle sit af
          see toe. Dis waar hulle in GROTER moeilikheid beland, want ouma
          Mollie wil mos leer surf. En sy wil die dolfyne voer. En ...
 Nee, wag, jy moet maar self lees wat TOE gebeur.
 
 Ouma Mollie en
          die mensvreter is nou beskikbaar by jou naaste
          boekwinkel.
 
 |  |    |  | 
     
      | 
       
        | 
         
          | 
 |  
          | FINALIS VAN LAPA JEUGROMANKOMPETISIEIN 2019
 
 Op die maat
          van Maya - Nerine Ahlers & Alet Steenkamp
 
 Toe Maya en Joe mekaar een aand by ’n kuierplek raakloop waar hulle
          dieselfde Franco de Jong-liedjie sing, begin haar netjies-beplande
          lewe verander. Te danke aan Joe vergeet sy van haar eks, Mark, en die
          rampspoedige einde van hulle verhouding. Sy kry die geleentheid om in
          Joe se band te sing, en nou is sy nie meer so seker dat sy medies wil
          gaan studeer nie ...
 
 Maar toe sy danksy Joe se band die kans kry om haar musiekheld,
          Franco de Jong, te ontmoet vind sy iets uit wat haar hele lewe in
          twyfel roep. Boonop is Mark se ma dodelik siek en sy begin al hoe
          meer tyd saam met haar eks, wat nog steeds vir haar lief is,
          spandeer.
 
 Wanneer alles waarin Maya geglo het skielik uitmekaarval, moet sy
          leer om haar eie wysie te skryf.
 
 Op die maat van
          Maya is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.
 
 |  |        
       
        | 
         
          | 
 |  
          | VAT 5 - Jaco Jacobs, Leon de Villiers, Marita van
          der Vyver, Theresa vanBaalen,
          Wendy Maartens
 
 Hierdie 5-in-1 versamelbundel bestaan uit vyf geillustreerde stories
          van vyf baie bekende skrywers. Die bundel sluit die volgende bekende
          en geliefde stories in:
 
 1. Haasmoles
          - Jaco Jacobs & Maja Sereda
 
 2. Parmant
          - Leon de Villiers & Alzette Prins
 
 3. Die coolste
          ouma op aarde - Marita van der Vyver & Zinelda
          McDonald
 
 4. Karla
          Krullebol - Theresa van Baalen & Chris Venter
 
 5. Prinses
          Mossienes - Wendy Maartens & Alida Bothma
 
 VAT 5
          is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.
 |  |    |  | 
  
No comments:
Post a Comment