| 
     
      | 
       
        | 
         
          | 
 |  
          | Kwaai Uil en sy Boom – Kerryn Ponter
 
 Kwaai Uil en sy
          Boom stel die wisseling van seisoene vir jong kinders op
          ’n aanskoulike manier voor, tesame met die mooiste illustrasies. Dit
          is die derde titel in Kerryn Ponter se Kwaai Uil-reeks.
 
 |  |        
       
        | 
         
          | 
 |  
          | ’n Boelie, ’n Bangbroek en ’n Bende Laerskool-stories – Francois van Rooyen
 
 ’n Boelie, ’n
          Bangbroek en ’n Bende gaan oor die fiktiewe lewens van
          kinders in Laerskool Steenbras en fokus op die hoofkarakter (Dewaldt)
          en sy vriende wat deel is van ’n bende. Dit is gebaseer op karakters
          en ware gebeurtenisse uit die skrywer se kinderdae en word op ’n vars
          manier vertel deur teks en illustrasies te kombineer. Die leser leer
          die bende ken deur al die manewales wat in een pouse gebeur. Daar is
          ook baie ander interessante karakters wat die leser boei, soos Jak
          (die boelie) en Elsa (die meisie wat hy bewonder).
 |  |    |  | 
     
      | 
       
        | 
         
          | 
 |  
          | Kwaai Uil kry ’n Stokperdjie – Kerryn Ponter
 
 Kwaai Uil kry 'n
          Stokperdjie sal jong kinders vermaak deur die snaakse
          situasies waarin die uil hom tydens sy soektog na die perfekte
          stokperdjie bevind.
 Dit is die vierde titel in haar Kwaai Uil-reeks.
 |  |        
       
        | 
         
          | 
 |  
          | Blasjan en die Blou Kitaar – Koos Kombuis
 
 Sebastian of Basjan beskou homself as 'n ‘verloorder’ en die boelies
          in sy nuwe skool dink ook dat hy een is. Hy sukkel om by die
          stadslewe aan te pas nadat sy pa gesterf het. Sy voorkoms is ongewoon
          – blonde hare, blou oë, blas vel – en die boelies by sy nuwe skool
          gee hom die bynaam Blasjan. Sy jong lewensverhaal volg ’n pad van
          verdrukking en beproewing en ’n stryd teen boelies en
          dwelmafhanklikes. Hy vind vertroosting in musiek deur kitaar te
          speel, 'n band te begin, en aan 'n talentkompetisie deel te neem. Hy
          ontdek selfs sy eerste liefde. Uiteindelik styg Blasjan bo alles uit
          en hy word sterker, voel gelukkiger en kry heelwat meer selfvertroue.
 |  |    |  | 
  
No comments:
Post a Comment