| 
   
   
    | 
 | 
     
      | - ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet
      Akademies |  
      |   Nuusbrief 842 25/03/2021  |  Krities Afrikaans
 |      
   
    | 
     
      | Nootvat.
      Kwashaal. Stapel Skrywer: Bernard
      Odendaal
 Uitgewer: Tafelberg
 ISBN: 9780624092278
 In sy
      eerste bundel sedert hy in 2007 met Onbedoelde
      land gedebuteer het, besin Bernard Odendaal oor woordkuns,
      Afrikaans en die voortbestaan daarvan; gedenk hy die heerlikheid én
      verganklikheid van die mens, die natuur en die liefde; registreer hy
      maatskaplike verwording. ’n Verlore jeugwêreld en vriende word onthou;
      daar word gedink aan kinders wat in diaspora verkeer. Stemminge,
      toonaarde en digvorme wissel mekaar af. | 
 |  |          
   
    | 
 | Uit die argief: Video en onderhoud – "Die ander
    kant" van die US-taaldebat 
 Mercy Kannemeyer, Naomi Bruwer
 Universiteitseminaar | University Seminar
 "Ek voel wel dat daar onderskeid getref moet
    word tussen wanneer mense veg teen Afrikaans die taal en Afrikaans die
    kultuur en geskiedenis wat onderdrukkend is, want die geveg teen Afrikaans
    lyk vir my baie keer na ’n geveg teen die gesig van Afrikaans, wat
    hoofsaaklik wit is as gevolg van apartheid. Dit word nie altyd duidelik wat
    ’n groot rol bruin en swart mense binne Afrikaans gespeel het en nog steeds
    speel nie." |          
   
    | 
 | US-taaldebat 2021: Afrikaans is sterkgesig
    
 Frazer Barry
 Universiteitseminaar | University Seminar
 Afrikaans is die beste voorbeeld en rigtingwyser
    van hoe om ’n taal akademies tot op die hoogste vlak te neem. My grootste
    bekommernis is dat die ander inheemse tale in Suid-Afrika uiteindelik ook
    die prys gaan betaal indien Afrikaans nie meer toegelaat kan word in
    daardie ruimtes nie. |      
   
    | 
 | US-taaldebat 2021: Kinkel in die kabel
    
 Ingrid Jones
 Universiteitseminaar | University Seminar
 "Ons weet wie die voorlopers, die
    sleutelbordaktiviste, bewakers, saamlopers, vryers, verdagmakers, puriste,
    nuwelinge, taal-toi-toiers, ens is. Iemand moet die kinders ’n
    geskiedenisles gee." |      
   
    | 
 | US-taaldebat 2021: Taal op Maties ‒ Vir
    moedertaalonderrig of vir volk en vaderland? 
 Ingrid Heÿdenrÿch
 Universiteitseminaar | University Seminar
 "My vraag is: Wat is hierdie waardes, norme
    en kulturele identiteit? Wie se voorouers? Is dit nie juis nodig vir die
    Afrikaanssprekende om sy taal en sy waardes nie meer te skoei op dié van sy
    voorouers nie? Om sy taal te sien, soos wat Breytenbach dit stel, 'as
    kompos. Om wéér in ander vorme te kan bind.'" |      
   
    | 
 | Is jou ouma ook ’n donkie? 
 Menán van Heerden
 Menings
 "Jou oumagrootjie, wat skoolgaan in
    Graaff-Reinet, staan in die klaskamer se verre hoek met ’n bordjie wat om
    haar nek hang. Dit lui: 'I am a donkey, I spoke Dutch.' Sy is betrap dat sy
    Afrikaans op die skoolterrein gepraat het." |                      
   
    | 
 | Elders gesien: #Menseregtedag, eis jou taalregte op
    
 William Sezoe
 Elders gesien
 "Ons het ’n keuse – ons hoef nie deel te
    wees van ’n herkolonialiseringsproses nie. Die antwoord lê dus in ons
    tonge. Maak jou stem dik en help verseker dat ons inheemse tale
    voortleef!" |          
   
    | 
 | ’n Lewenslange affaire
    met woorde 
 Jan Badenhorst
 Menings
 "Om twee maal in ’n leeftyd met Madiba blad
    te skud moes stellig ’n hoogtepunt in enige joernalis se loopbaan gewees
    het. Maar om in daardie selfde leeftyd ook prinses Grace van Monaco se
    sagte, warm hand in joune te geneem het en boonop ook nog deur Haar
    Majesteit die Koninginmoeder gevaarlik naby vir ’n foto toegegimlag te
    word, grens aan die magiese." |          
   
    | 
 | Hoe meet mens ’n jaar? 
 Bettina Wyngaard
 Rubrieke
 "Dis nou die middel van Maart. ’n Jaar
    gelede hierdie tyd was die eerste COVID-19-gevalle al aangeteken in
    Suid-Afrika." |      
   
    | 
 | Transgender: keuse of genetika? 
 Liné Loff, Ockie Vermeulen
 Onderhoude
 "Hoekom sou ons dit wou beheer of
    manipuleer, en waar trek mens die streep? Sou jy wou beheer uitoefen oor
    die kleur van jou kind se oë?" |      
   
    | 
 | Die mooiste geluid in die wêreld 
 Jacques le Roux
 Menings
 "Trek ’n slag jou waterstewels aan, vat ’n
    flitslig en gaan vir ’n wandeling in ’n poel of dammetjie. Dit verg baie
    geduld, en as jy stil genoeg is, val die eer jou dalk te beurt." |      
   
    | 
 | Daar’s ’n Zoeloe in my ateljee 
 Freek Robinson
 Menings
 "Wat moes ek anders gedoen het in die
    omstandighede? Ek was honderde kilometer weg van die toneel en kon nie
    persoonlik tussenbeide tree nie. Daar was niemand anders wat kon help nie –
    net die kameraman, wat natuurlik nie redaksioneel betrokke kon raak nie.
    Niks kan jou voorberei vir ’n hoogs onvoorspelbare situasie soos dié
    nie." |            
   
    | 
 | Suid-Afrika bekend onder Nederlandse parlementslede
    
 Heinrich Matthee
 In het nieuws
 "Gebeure in Suid-Afrika sal nooit die
    hooffokus wees van Nederlandse beleid oor buitelandse sake nie. Die
    bedreigings vir die regstaat, klein groepe, eiendomsreg en menseregte in
    Suid-Afrika raak egter die belange van tienduisende burgers van Nederland
    in Suid-Afrika." |                  
   
    | 
 | Persbericht: Online Najaarscursussen literair
    vertalen Afrikaans-Nederlands 
 Voertaal
 Kalender
 Komend najaar organiseert het Expertisecentrum
    Literair Vertalen (ELV) verschillende onlinecursussen, waaronder twee
    cursussen literair vertalen: voor vertalers uit het Afrikaans in het
    Nederlands en voor vertalers uit het Nederlands in het Afrikaans. De Online
    Najaarscursussen literair vertalen Afrikaans-Nederlands zijn bedoeld voor
    vertalers die aan het begin van hun professionele loopbaan staan en serieus
    van plan zijn om daadwerkelijk de komende jaren als literair vertaler aan
    de slag te gaan.  |      
   
    | 
 | Spanning laai op oor Afrikaans by US 
 Jean Oosthuizen
 In het nieuws
 "Daar is ook groot ongelukkigheid omdat
    Afrikaans nie as ’n inheemse taal beskou word nie. Volgens die eerste
    konsep van die nuwe taalbeleid verwys die term 'inheemse tale' na tale
    waarvan die erfenis in Afrika wortel en wat tot die Suid-Bantoe-taalfamilie
    behoort (met 'Bantoe' in die suiwer taalkundige betekenis)." |      
   
    | 
 | Nuwe beleid teiken Afrikaanse onderrig by skole
    
 Jean Oosthuizen
 In het nieuws
 "Afrikaans word nou ook by skole as
    onderrigtaal geteiken omdat nuwe voorgestelde wetgewing dit moeiliker gaan
    maak om voorkeur te gee aan leerders wat kies om in hul moedertaal onderrig
    te word. So sê die vakbond Solidariteit in hulle kommentaar op die konseptoelatingsbeleid
    vir openbare skole." |      
   
    | 
 | Ramaphosa moet volgende maand aan Zondo verduidelik
    
 Jean Oosthuizen
 In het nieuws
 "Daar word reeds lank gegis tot watter mate
    hy vermoedelik bewus was van wat in die regering aangaan terwyl hy nommer
    twee was. Daar word gevra hoe dit moontlik is dat hy nie daarvan kennis
    gedra het terwyl hy deel van die ANC se binnekring was nie." |      
   
    | 
 | Inwoners en howe gryp in terwyl munisipaliteite
    landwyd ineenstort 
 Jean Oosthuizen
 In het nieuws
 "Suid-Afrikaners is keelvol om op te dok vir
    munisipale dienste wat nie gelewer word nie. Belastingbetalers wend hulle
    in al hoe groter getalle suksesvol tot die howe om te eis dat dienste
    gelewer word of neem self die beheer oor hulle dorpe se infrastruktuur
    oor." |                
   
    | 
 | Gespierde Afrikaans 
 LitNet
 Akademies en skole
 Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of
    teenstrydigheid? LitNet
    Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans
    te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter
    nuwe woorde is toegevoeg. |      
   
    | 
 | LitNet-blokraai: Die paashaas en die paaseiers
    
 Estelle Kruger, Marianne Strydom
 Notas, toetse en vraestelle
 Paasfees word oor twee weke wêreldwyd gevier.
    Alle Christene ken die oorsprong van dié wonderlike fees, maar hoe pas die
    paashaas en paaseiers hierby in? Klik hier vir ’n ondersoek na die paashaas
    en die eiers in sy mandjie. Dié artikel verskaf ook leidrade wat sal help
    om die blokraai in te vul. |      
   
    | 
 | LitNet-blokraai: Religiestudies 
 Estelle Kruger, Marianne Strydom
 Notas, toetse en vraestelle
 Religiestudie lei tot die erkenning van insig in
    en waardering vir ’n verskeidenheid religieë binne ’n gemeenskaplike
    mensdom. Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word, of vir die
    pret by die huis. |            
   
    | 
 | Kortlyste: 2021 se UJ-pryse 
 LitNet
 Boeke en skrywers
 Drie romans, ’n digbundel en ’n versdrama ding
    mee om die 2021-UJ-prys. Die kortlys vir dié prys sowel as dié vir die
    2021-UJ-debuutprys is pas aangekondig. |          
   
    | 
 | Harry Kalmer se In ’n land sonder voëls nou in
    Nederlands 
 Melt Myburgh
 Skrywersonderhoude
 Harry Kalmer, wat in Julie 2019 oorlede is, se
    laaste roman, In ’n land
    sonder voëls, is nou in Nederlands vertaal en word op 25 Maart
    aanlyn bekendgestel. Melt Myburgh het met mense wat by Harry en die
    vertaling van die boek betrokke was, oor dié spesiale gebeurtenis gesels. |          
   
    | 
 | The rabbit hole deur Mike Nicol, ’n resensie 
 Karl Kemp
 Resensies
 "Eerstens, en vir my van kernbelang, is die
    aangrypende milieu wat Nicol vir ons skets. Dis ’n nuwe Suid-Afrika dié, ’n
    moderne een wat nie die 20ste eeu noodwendig met hom rondsleep nie." |      
   
    | 
 | Donkerdrif
    deur Deon Meyer, ’n lesersindruk 
 Barend van der Merwe
 Lesersindrukke
 "Oor die storielyn is al wat ek verder
    bereid is om te sê dat daar omtrent halfpad deur die boek, iets gebeur wat
    totaal onverwags is, maar wat mens so prikkel dat jy eenvoudig nie meer die
    boek wil neersit nie." |      
   
    | 
 | The lie of 1652: A decolonised history of land deur Patric Tariq Mellet – ’n lesersindruk
    
 Barend van der Merwe
 Lesersindrukke
 "Om die verlede sinvol te verpak, en om
    redelik breë konsensus te verkry oor hoekom ons die verlede bestudeer, is
    die twee grootste uitdagings van die historikus. Sonder om die filosofie
    deeglik deur te trap, skaar ek my in hoofsaak by die uitgangspunt dat dit die
    taak is van die historikus om die verlede te verduidelik en te
    verklaar." |          
   
    | 
 | Skadukant
    deur Rika Cloete: ’n FMR-resensie 
 Riette Rust
 Resensies
 "Skadukant
    is ’n spanningsvolle roman vol intrige en wendings. Wanneer die
    skuldige eindelik vasgetrek word, raak die sielkunde agter die wreedhede
    éérs boeiend." |      
   
    | 
 | Middernag
    deur Sidney Gilroy: ’n FMR-resensie 
 Riette Rust
 Resensies
 "Alles in hierdie misdaadroman werk. Nie net
    die spanningslyn en die karakters nie, maar ook die perspektiefwisseling,
    die beskrywing van die milieu, die intrige én die navorsing oor onder meer
    psigopatie en patologiese prosedures." |      
   
    | 
 | Piet van Rooyen (1953–) 
 Erika Terblanche
 ATKV|LitNet-Skrywersalbum
 "Die essensie van skryf is die eenwording
    van die skrywer met sy karakters en lesers, daar waar hy homself verloor in
    die ritme van die dans waarmee hy hom in die geselskap van ander besig
    hou." |      
   
    | 
 | Uit NALN se argief: Ena Jansen se eerste onderhoud
    met Elisabeth Eybers 
 Annelien Diedericks
 Boeke en skrywers
 "Ter viering van Ena Jansen (geb. 18 Maart
    1951) se sewentigste verjaardag vandag, bied die Nasionale Afrikaanse
    Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) dié getranskribeerde
    artikel van Jansen se heel eerste onderhoud met Elisabeth Eybers, destyds
    ter viering van Eybers se 60ste verjaardag." |      
   
    | 
 | Geprikkel 
 Crito
 Blogs
 "Hoekom dit so swoel in die Crito-skedel
    gaan, is oor daardie resensie wat Annelise Erasmus verlede Maandag in
    Boeke24 geplaas het oor Lyfskap,
    ’n bundel erotiese kortverhale wat deur Sophia Kapp en Leonie van Rensburg
    saamgestel is.." |            
   
    | 
 | Ricardo Peach: Daar gaan ’n man verby, hy groet
    
 Marius Coetzee
 Menings
 "Hy het die insig gehad om die bestaande
    argetipes van die vorige fees in stand te hou, maar terselfdertyd emmers
    toegevoegde waarde te laat neerreën op die status quo van die Vrystaatse
    kultuurlandskap." |              
   
    | 
 | Persverklaring: Suidoosterfees se Jong Sterre skitter
    
 LitNet
 Suidoosterfees
 Die NATi Jong Sterre-projek is een van die
    Suidoosterfees se vlagskipinisiatiewe en word ondersteun deur NATi, die
    Jakes Gerwel Stigting en Kunstekaap. Deelnemers aan die projek deurloop ’n
    intensiewe slypskool waartydens hulle dramatekste afgerond en gereedgemaak
    word vir die Suidoosterfees-verhoog. Die slypskool, onder leiding van
    ervare teatermakers, vind tydens ’n skrywersresidensie van drie weke by die
    Jakes Gerwel Stigting se Paulet-Huis in Somerset-Oos plaas.  |        
   
    | 
 | hou 
 Bernard Odendaal
 Poësie
 LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van
    die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste
    digters. Lees Bernard Odendaal se bydrae hier. |      
   
    | 
 | beëindig 
 Margaret Cordier
 Poësie
 "brand dan as tot as in vergifnisvure"
 |      
   
    | 
 | die herfs van 2020 
 Christo Meyer
 Poësie
 "die herfs van 2020was maar net die begin
 van ons stryd om Covid-19
 vir altyd te oorwin"
 |      
   
    | 
 | Jou palet 
 Anzé Bezuidenhout
 Poësie
 "die felheid van jou ware kleure het die prentjie in my kop ruïneer
 legkaartstukke laat verbrokkel
 – uitmekaar geskeur"
 |            
   
    | 
  Konklusie of
    gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
 LitNet Akademies wil
    navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.
 |        | 
No comments:
Post a Comment