| 
     
      | 
       
        | 
         
          | 
 |  
          | ’n Kans op vir altyd- Cecilia Nortjé
 
 Vyf jaar ná haar egskeiding is Milan ’n bedrywige sakevrou met ’n vol
          lewe. Estie, Milan se stiefdogter, het pas begin werk as junior
          rekenmeester met groot drome om die korporatiewe leer te klim.
          Jessica, Estie se ma, het sewentien jaar gelede haar rug op Vaalkrans
          gekeer en bestuur nou ’n gewilde trouplaas. Drie
 suksesvolle vroue met vervulde lewens, of só wil dit voorkom.
 
 Vaalkrans en die gebeure van die verlede het egter steeds ’n houvas
          op elkeen.
 
 Wanneer Milan se lewe onverwags ontwrig word, begin die domino’s een
          vir een kantel, en word hierdie drie vroue wie se lewens ineengeweef
          is, onkeerbaar geraak. Durf hulle ’n kans op geluk, ’n kans op vir
          altyd, waag?
 
 ’n Kans op vir altyd is nou beskikbaar by
          jou naaste boekwinkel.
 |  |        
       
        | 
         
          | 
 |  
          | Hekel en word heel 2- Nadia de Kock, Hilda Steyn en Jessica Haasbroek
 
 Stories en patrone in Hekel en word heel 1 het
          talle hekelliefhebbers bemoedig en vol hoop gelaat. Die nuwe boek in
          die reeks sal ook. Dit bevat nuwe patrone en stories oor hoe hekel 21
          mense deur moeilike en donker tye gehelp het. Die stories wissel van
          verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, dood tot
 mishandeling.
 Een-en-twintig mense maak hul harte oop en vertel hul aangrypende
          verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Hulle vind genesing in
          hekel en werk konstruktief en kreatief om verlies of hartseer te
          hanteer.
 Elke storie dien as inspirasie vir ’n motief en hierdie motief word
          in ’n projekpatroon gebruik. Daar is maklike en meer uitdagende
          patrone – iets vir almal! Hierdie unieke hekelboek bevat patrone vir
          ponchos, serpe, tjalies, truie en snoedels om net ’n paar te noem.
 
 Hekel en word heel 2 is ’n viering van 21 mense
          se oorwinnings en is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.
 |  |    |  | 
     
      | 
       
        | 
         
          | 
 |  
          | Mieke- Mariël le Roux
 
 Mieke se lewe verander binne ’n oogwink wanneer Boeta met sy koffer
          en ’n sopnat klein katjie aan haar deur klop. Boeta, die desperate
          lomp vyftienjarige seun wat verstandelik gestremd is en opsluit sy pa
          soek.
 
 Teen haar beterwete nooi Mieke vir Boeta in haar huis en haar lewe.
          Sy het nie geweet van haar man se vorige verhouding óf sy kind nie.
          Hoe kan sy Boeta kwalik neem vir sy pa se vergrype as jongman?
          Buitendien, Boeta hou almal se harte in die holte van sy hand.
 
 Mieke leer dat die mense wat jy liefhet soms van jou vra om
          onmoontlik dapper te wees. Dat seerkry en heelword verskillende kante
          van ’n munt is. En dat almal uiteindelik die koestering van huis en
          huismense nodig het.
 
 Mieke is nou beskikbaar by jou naaste
          boekwinkel.
 
 |  |        
       
        | 
         
          | 
 |  
          | Kroonwild- Henk Breytenbach
 
 In die vorige bedeling was Paul van Heerden se lewe een van gemak:
          groot huis in Pretoria se vooraanstaande woonbuurt, vanselfsprekende
          bevordering in die werk, welvaart en voorspoed. Toe kom die opstande
          en die grondbesetting. Nou word die Volksrepubliek van Azanië deur
          Die Party regeer. Alle wit mense is Weskaap toe verban. Dié wat in
          Azanië wil werk, word toegelaat, maar word onderwerp aan dieselfde
          vernederende praktyke wat gedurende die Apartheidsjare beoefen is.
 
 Paul se vrou en kinders sit in ’n tentekamp in die Kaap, hy bly in ’n
          hostel en sukkel om sy werk te behou. Paul het egter ’n plan: hy
          begin met mampoer smokkel. Kort voor lank het hy ’n weldoener en
          sakevenoot in Thabo Ntombela, mampoerstokers en verspreiders.
          Besigheid lóóp. Maar in Azanië wil elkeen sy deel hê en ’n wit man
          soos Paul is so goed soos kroonwild.
 
 Kroonwild is nou beskikbaar by jou naaste
          boekwinkel.
 |  |    |  | 
  
No comments:
Post a Comment