Briewe van Mieliepit - Fanie Viljoen
Ontmoet
vir Mieliepit: ’n baie pittige troetelhoender van Bloemfontein.
’n Bietjie lui (sal sy self erken), en baie lief vir gesels,
skryf sy die allersnaakste briewe aan ene Liefsteling.
Elke storie bevat ’n bietjie pitkos om die leser te laat nadink, sowel
as ’n
Bybelgedeelte om verder te gaan lees, en ’n gebed wat die leser kan
bid.
Party storiebriewe het selfs aktiwiteite vir die lesers om te doen.
Hierdie eerste kinderboek uit LUCA se stal is uit die pen van geliefde
kinderboekskrywer
Fanie Viljoen, en is pragtig geïllustreer deur Megan Bird.
Briewe van Mieliepit
is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn.
|
|
No comments:
Post a Comment