
Stil vloei die Komati – Elize Parker
’n
Fratskoeël het hulle dit genoem.
Die een wat hulle
nefie, Jaco, in die voorkop net bo sy oog getref het.
Sy ouers het die drie
niggies vir sy dood verantwoordelik gehou.
Jare later word Lenore se
hulp ingeroep om die renosterkalfie by Bateleur te help versorg. Haar
droom is om ’n toevlugsentrum vir diereslagoffers van wildmisdaad te
stig. Tarien droom daarvan om ’n skuilhuis vir die slagoffers van
mensehandel teen die grens te vestig. Maar nou is sy al hoe minder
oortuig sy is waar sy moet wees. Bella dra ontwerperspakkies. Hofsaak
ná hofsaak maak sy seker die waarheid seëvier. En nou is hulle deur
Tjaart, wildboer en een van die rykste suikerrietboere duskant
Komatipoort,
bymekaar gebring om die bande te knip of te bevestig.
Stil vloei die Komati
is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn.
|
No comments:
Post a Comment