Monday, July 12, 2021

Nuwe musiek net vir jou CO Productions

 

Hopelik is vlak 4 inperking nou binnekort verby, maar intussen het ons vir jou nuwe musiek om te luister en by jou speellys te voeg. Daar is ook lekker spesiale aanbiedinge in ons aanlynwinkel en natuurlik is ons kunstenaars reg om weer te kom konsert hou vanaf Augustus so gesels met ons oor spesiale pakketpryse.

 

Nuwe enkelsnit vir André Schwartz

Splinternuwe enkelsnit deur André Schwartz getiteld, Ek Haal Asem nou op alle stromingsdienste beskikbaar. André het self die snit neergepen en is vervaardig deur Loki Rothman. Die inspirerende snit kom na sy noue ontkoming met Covid einde verlede jaar.

 

 

Spesiale aanbod in ons aanlynwinkel

Ons aanlynwinkel bied iets vir almal - van almal se CD's tot André se maskers, Leah se T-hemde, Reynardt Hugo se boek en meer. Jy het 'n keuse van aflewering wat jou sak pas en vir Vrouedag wat om die draai is, is Willem Botha se grimeerpallet ook afgemerk tot en met 9 Aug. Loer gerus na al die lekker goed beskikbaar en alle bestellings in Julie kry 'n gratis mousepad by.

 

Lee Scott se duet met Nederlander

 

Lee Scott het kragte saamgespan met die Nederlandse Ryan Claud vir 'n duet wat die voete behoorlik laat jeuk. Todo El Mundo - Dancing In The Streets is nou op alle stromingsdienste beskibaar en 'n besliste moet vir jou naweek kuier speellys!

 

Make-Up Masterclasses 

 

Willem Botha se Make-Up Master-classes saam met MUD is 'n treffer onder oud en jonk. 'n Lekker oggend of aand van musiek, lag, kuier en grimeerwenke. Willem deel sy geheime wat hy gebruik vir al die fotosessies wat hy doen vir jou om elke dag prakties te gebruik. Hy maak musiek en beantwoord al jou vrae. Daar is nog 3 x masterclasses beskikbaar vir 2021 so as jy een wil aanbied beter jy spring!

 

View this email in your browser
You are receiving this email because of your relationship with CO Productions. Please reconfirm your interest in receiving emails from us. If you do not wish to receive any more emails, you can unsubscribe here.

 

This message was sent to bekkieburger777@gmail.com by info@coproductions.co.za
CO Productions - Wapadrand - Pretoria - 0081


Unsubscribe from all mailingsUnsubscribe | Manage Subscription | Forward Email

No comments:

Post a Comment