Wednesday, August 18, 2021

Spesiale TV-program hierdie Sondag

 

SONDAG OP DIE KASSIE

 

In Die Skadu’s Van Engele is ‘n dankbaarheidsreis saam met André Schwartz waar liefde die voortou neem, genade die roetewyser is en die vlerke van Engele die skadu verskaf.

 

Hierdie reis van liefde en teruggee het sy oorsprong gehad om ‘n braaivleisvuur waar ‘n vriend van André genoem het dit is tyd vir ‘n kersalbum asook ‘n nuwe Kersfeeslied. Die lied, Ek Wens Vir Jou ‘n Kersfees, is gebore en daar word besluit om ‘n konsertreis te onderneem na Namibië en gratis vertonings in Windhoek en Swakopmund te hou om terug te gee.

 

Die konserte was in die opelug en ‘n besonderse ervaring vir almal teenwoordig. Elke persoon wat die konsert bygewoon het, moes ‘n geskenk bring vir ‘n kind. “Die aantal geskenke en kwaliteit daarvan het my sprakeloos gelaat” sê André, "eintlik in trane".

 

In Die Skadu’s Van Engele word Sondag, 22 Augustus

onderskeidelik om 10:30 en 12:00 op

kykNET en kykNET NOU! uitgesaai.

 

Hierdie letterlik kombivragte vol geskenke is uitgedeel by kinderhuise en hospitale. “My emosies het my gereeld oorweldig wanneer ek dink aan die voorreg om vir hierdie beeldskone kinders ‘n geskenk te kan gee. Van een hand na die ander. Alles net liefde en seëninge," vertel Schwartz.

 

Die program vat jou saam op reis deur Namibië en sluit ook in-diepte gesprekke met André oor sy pad met Covid, MND, sy liefde vir diere, vriende en oumense in. Ons kuier saam met André op sy plaas en beleef sy Ma, sy diere, sy vriende, sy gees en sy wyshede.

 

"Hierdie program is ‘n mylpaal in my lewe - ek voel uiters bevoorreg dat ek die kans gegun is om so ‘n program te kon maak".

 

Die musiekvideo van sy dankbaarheidslied, Ek Haal Asem, wat hy onlangs bekendgestel het verskyn ook in die dokumentêr.

NUWE MUSIEKVIDEO NOU UIT

 

André Schwartz het onlangs sy splinternuwe enkelsnit, Ek Haal Asem bekendgestel en hy deel graag met groot opwinding die musiekvideo van die hartroerende lied.

 

Die Ek Haal Asem musiekvideo het ten doel om die universele boodskap van die belangrikheid van asemhaal te midde van ‘n pandemie uit te beeld. Natuurlik is hierdie vanselfsprekend -aanvaarde geskenk essensieël vir alle lewe.

 

Die video begin met André wat onderwater is: sonder asem . Hy breek die oppervlak en ons is dadelik in ‘n wêreld waar lug, suurstof en asem leef. ‘n 14-meter hoë stallasie en 250-meter lap is gebruik om die woorde: Ek Haal Asem te verkondig in vyf verskillende tale : Afrikaans, Engels, Chinees, Nederlands, Sotho en Frans.

 

Die woorde is in André se eie handskrif geskryf en d.m.v reuse patrone op die lap geverf deur onder andere André self.

 

“Wanneer ek na die video kyk, glimlag ek, want Ek Haal Asem” - André Schwartz.

View this email in your browser
You are receiving this email because of your relationship with CO Productions. Please reconfirm your interest in receiving emails from us. If you do not wish to receive any more emails, you can unsubscribe here.

 

This message was sent to bekkieburger777@gmail.com by info@coproductions.co.za
CO Productions - Wapadrand - Pretoria - 0081, Pretoria


Unsubscribe from all mailingsUnsubscribe | Manage Subscription | Forward Email | Report Abuse

No comments:

Post a Comment