| 
       
        | 
 EEN VIR EENdeur Peet Venter
 
 Die onderwêreld is in rep en roer. Kaptein Fritz Hartzer ondersoek die
        moord op
 taxibaas Baloyi en die Rus Slović, invloedrykes in Gauteng se
        georganiseerde misdaad. Ook binne misdaadbaas Don Knox se kringe is
        roeringe. Is iemand besig om die grootkoppe in georganiseerde misdaad
        een vir een uit te haal, of is dit bloot die gevolge van hulle
        toenemende kompetisie met mekaar?
 Fritz se aantekeninge wys op die moontlikheid dat iemand binne
        wets-toepassing of regeringskringe betrokke is. Wanneer Slović se
        vriendin binne die polisiestasie, onder sy wakende oog, vermoor word,
        wéét Fritz dat iemand binne eie geledere betrokke moes wees.
 
 Een vir een
        is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn.
 |  |  | 
       
        | .jpg/Skeef(2)__325x500.jpg?v=1631105754349)
 SKEEFdeur Renaldo Schwarp
 
 In Skeef
        deel mediapersoonlikheid Renaldo Schwarp op sy kenmerkend spitvondige
        manier praktiese advies en verhale oor alle aspekte van gay-wees.
        Uitkom, boelies, liefdesverhoudings, skooldae, universiteitsjare,
        ouers, verteenwoordiging, seksualiteit, geloof – geen onderwerp is
        taboe nie. Schwarp fokus op die leefwêreld van LGBTIQ+-Suid-Afrikaners,
        plaas dit in internasionale en historiese kontekste en bied ’n
        woorde-skat. Selfs al is dinge soms moeiliker vir LGBTIQ-mense,
        dra Skeef
        ’n boodskap van hoop oor vir gay mense, hul ouers en bondgenote.
        Selfaanvaarding, outentisiteit, gesonde verhoudings en geluk is gays
        beskore – hierdie boek vertel hoe.
 
 Skeef is
        beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn.
 |  |  | 
    
No comments:
Post a Comment