| DIE DUISEND EN EERSTE NAGdeur François
          Bloemhof
 Wanneer Herman Swart se tweelingsuster Herma onverwags sterf, val ’n
          deel van hom weg. Hy raak toenemend eensaam en onttrek in ’n wêreld
          van ou films. Hy sien haar in sy eie spieëlbeeld en hoor haar op
          ongeleë tye. ’n Bykomende traumatiese ervaring versplinter sy wêreld
          finaal en Herman verval in ’n diep koma.
 Hy bevind homself binne-in ’n avontuur, ’n nagmerrie, ’n wêreld
          waarin droom, fantasie, film, vervolgverhale, musiek en die gotiese
          ineenvleg. In hierdie vreemde, magiese realisme beweeg hy tussen
          plekke, ontmoet verskeie karakters en word weggelok deur die prinses,
          ’n meisie wat baie aan Herma herinner.
 |  | 
        
No comments:
Post a Comment