Friday, November 19, 2021

Ons vier Jan Vermeulen

 

 

 

Jan Vermeulen is ’n voormalige predikant en ’n man wat die waarde van woorde ken. Hy debuteer in 1998 met ’n grensroman, Die laaste dans, en bevind homself terstond op die kortlys vir die Eugène Maraisprys. Hierna verskyn sy eerste jeugboek, Geraamtes dra nie klere nie wat met die Sanlamprys (goud), die M.E.R.-prys, die Scheepersprys en ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon is. Deesdae is hy bekend vir sy spannende sielkundige rillerreeks met die sielkundige, Olaf Demeyer, as polisieprofileerder.

 

SPIEËLTJIE, SPIEËLTJIE
Olaf Demeyer probeer ’n normale, rustiger lewe bou, maar sukkel om sy identiteit en motivering buite werk te vind. Wanneer jong skoonheidskoninginne op die bodem van ’n swembad gevind word, skop sy beskermingsdrang in – veral aangesien die meisies snags in sy drome smeek om hulp. Spieëltjie, Spieëltjie is die vierde en laaste boek in die Olaf Demeyer-reeks.

NAGJAGTER
Port Elizabeth is die Mekka van Goth-vampiere in Suid-Afrika. Hulle is opwindingsoekers wat bloot hul onskuldige fantasieë uitleef. Maar ’n versteurde siel wat die vampier-fantasie dodelik ernstig opneem, sluip in die donker stad rond. Nagjagter is die derde boek in die Olaf Demeyer-reeks.

 

ONDIER
Olaf Demeyer is emosioneel oor die muur, maar hy moet sy twee maande oue babaseun van wie se bestaan hy nou eers uitvind uit die hande van ’n seksuele kannibaal red. Sy uurglas is besig om leeg te loop. Ondier is die tweede boek in die Olaf Demeyer-reeks.

DIE VYFDE ASPOESTER
Doktor Olaf Demeyer sal baie diep in sy eie donker psige moet delf na die waarheid as hy wil verhoed dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word. Die Vyfde Aspoester is die eerste boek in die Olaf Demeyer-reeks.

 

 

Volg ons op sosiale media

Facebook

Twitter

Instagram

 

No comments:

Post a Comment