Friday, November 19, 2021

Tippie praat nou ook isiXhosa en isiZulu!

 


Tippie praat nou ook isiXhosa en isiZulu!

Reinette en José Palmer is ’n gedugte ma-en-dogterspan wat al vir langer as 7 jaar die land se jongspan help om met selfvertroue te lees. Leer my lees met Tippie die Olifant is ’n baie geliefde, en eg Suid-Afrikaanse leesreeks wat in lyn is met die CAPS-kurrikulum.

Die goeie nuus is dat die gewilde, sakpas leesreeks nou ook in isiXhosa en isiZulu beskikbaar is.

 

Die isiXhosa-reeks bestaan uit 50 boeke, met 10 boeke in elke vlak (Inqanaba R-4). Die isiZulu-reeks bestaan tans uit ’n boksstel vir vlak R (izinga R), maar daar word reeds aan die volgende vlakke gewerk.

 

Hierdie boeke is nié bloot vertalings van die Afrikaans en Engels nie, maar is in isiXhosa en isiZulu ontwikkel en geskryf deur moedertaalsprekers. Dis ideaal vir huistaalsprekers, tweede- en derdetaalsprekers.

 

Die reeks fokus op natuurlike kinderontwikkeling en sluit ’n holistiese benadering vir taalontwikkeling en -geletterdheid in – kinders leer immers nie meer lees, skryf en spel in isolasie nie, maar binne konteks.

Ook kinders met lees- en leerprobleme vind baat by die boeke en remidiërende terapeute en -onderwysers gebruik die reeks met groot vrug.

 

Vlak R se boksstelle (Funda ukufunda Inqanaba R en Funda ukufunda Izinga R) is reeds op die rak en vlak/inqanaba 1-4 (isiXhosa) sal begin Desember te koop aangebied word.

 

­­­­­­­­­­­­­­­­

Boksstelle te koop teen R390. Individuele boeke (vlak 1-4) te koop teen R45 per boek.

Vir onderhoude, foto’s of boekvoorblaaie, kontak gerus vir Nadine Petrick by npetrick@penguinrandomhouse.co.za. Vir ander inligting, besoek gerus ons webwerf by www.lapa.co.za.

Verkope: lapaorders@penguinrandomhouse.co.za

NB Die Funda Ukufunda isiXhosa-reeks is deur die Oos-Kaapse Departement van Onderwys geakkrediteer.

No comments:

Post a Comment