Monday, December 6, 2021

Geseënde Kerstyd

 

View this email in your browser


Ons wens al ons gebruikers ʼn baie geseënde Kerstyd en ʼn feestelike Nuwejaar toe. Ons innigste wense vir ons taal, ons land, en al ons land se mense is dat 2022 vir ons vrede en voorspoed sal bring, en dat ons saam sal bou aan ʼn samehorige gemeenskap waarin daar vir almal plek is.
 

 

 

 

Jy kan nou VivA se Novembertaalwenke gratis aflaai. 
Hierdie kreatiewe plakkate is netjies ontwerp vir enige klaskamer of kantoor en kan tot en met A2-grootte gedruk word.
 

 

 

 

 

VivA het báie goeie nuus vir Afrikaansonderwysers, -leerders en hulle ouers! Vroeg in 2022 gaan VivA nóg ’n spul nuttige en bekostigbare hulpbronne beskikbaar stel op ons Taalonderrigportaal (TOP).
Tot dusver het VivA se TOP hoofsaaklik bestaan uit die twee grammatikas van Afrikaans, naamlik die Afrikaanse Skoolgrammatika (ASG) en die Algemene Afrikaanse Grammatika (AAG). Van 2022 af gaan TOP stelselmatig uitbrei om ’n groot aantal nuwe doelwitgerigte en veral praktiese hulpbronne met Afrikaansonderwysers en -leerders te deel. 
 

 

Die nuwe TOP sal die volgende hulpbronne aanbied: 

 


Die twee Afrikaanse grammatikas (ASG en AAG) wat tot dusver deel van TOP was, vorm steeds die belangrikste deel van TOP, aangesien dit die betroubare fondasie is op grond waarvan inhoud en hulpbronne deur VivA vir sy gebruikers ontwikkel word. Die gratis inhoud in TOP se twee grammatikas word egter nou ook verpak in taalboeke vir voornemende en gekwalifiseerde Afrikaansonderwysers en ouers. Dié taalboeke, wat direk by VivA te koop sal wees, is spesifiek daarop gerig om onderwysers in die klas én ouers by die huis te help om die grammatika-inhoud (of taalstrukture-en-konvensies-inhoud) wat leerders op skool onder die knie moet kry, te fasiliteer. 

VivA stel ook ’n taalonderrigadviesdiens bekend waar onderwysstudente, Afrikaansonderwysers, -leerders of hulle ouers navrae kan rig oor taalonderrigkwessies. Hierdie adviesdiens is heel anders as VivA se reeds bestaande taaladviesdiens, aangesien hierdie nuwe diens op TOP spesifiek daarop fokus om leerders te help om die doelwitte te bereik wat Afrikaans as skoolvak stel. Het jy al ooit byvoorbeeld gewonder of die gesegde van ’n sin net deur werkwoorde, of deur werkwoorde én ander taaleenhede gevorm word. Wel, moenie meer wonder oor sulke kwessies nie. Rig jou vraag aan ervare taalkundiges deur middel van die taalonderrigadviesdiens.

Blogs wat kwessies oor taalstrukture en -konvensies (ook bekend as grammatika) op ’n informele manier bespreek, vorm deel van dié aanbod van TOP. Hierdie blogs is nie net handige materiaal vir die aanbied van Afrikaanslesse nie, maar sou ook deur leerders as aanvullende hulpbronne gebruik kon word om spesifieke taalkunde-inhoud beter te verstaan. 

Die TOP-toevoeging wat van groot waarde vir die Afrikaansklaskamerkonteks is – en  waarna ons die meeste uitsien om aan gebruikers bekend te stel – is die praktiese hulpmiddels wat vir leerders en onderwysers beskikbaar gestel gaan word. Eerstens word ’n aantal gratis hulpmiddels vir Afrikaansonderwysers (vir gebruik in die klaskamer) en vir leerders (vir huiswerk- en eksamenondersteuning) ontwikkel. Materiaal soos plakkate, flitskaarte, ekstra tuisoefeninge en aantekeninge vorm deel hiervan. Tweedens word ’n aantal professionele hulpmiddels vir Afrikaansonderwysers (vir gebruik in die klaskamer) ontwikkel. Dit sal materiaal soos plakkaatreekse, uitdeelstukke met duidelike nasienriglyne en animasievideo’s insluit. Hierdie professionele hulpmiddels sal direk by VivA te koop wees.
 

 

 

Al hierdie nuwe TOP-hulpbronne is hierdie “paal” om rigting aan jou denke te gee! Hou gerus die sosiale media dop. VivA sal dit elke keer aankondig wanneer daar ’n nuwe hulpbron op Taalonderrigportaal beskikbaar is. 

Twitter

Facebook

Website

LinkedIn

 

 

 

Ons e-posadres is:
navraag@viva-afrikaans.org






This email was sent to bekkieburger777@gmail.com
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
VivA · Cnr Surrey and Dover street · Randburg · Johannesburg, Gauteng 8000 · South Africa

No comments:

Post a Comment