Monday, November 15, 2021

Olaf Demeyer is terug! 📚

 

 

SPIEËLTJIE, SPIEËLTJIE
deur Jan Vermeulen
Doktor Olaf Demeyer herstel nog van sy vierdubbele hartomleiding en die trauma van vorige ondersoeke waarby hy betrokke was. Om die waarheid te sê, hy moes lankal aftree as forensiese profileerder van die SAPD. Maar dan kom vra Lucida Winterbach sy hulp. Sy glo ’n moordenaar teiken studente van haar Elegant Queens Academy, ’n skool vir skoonheid en modelwerk. Al die meisies is minderjarig, met blinkoogdrome van skoonheidstitels en modelkontrakte. Tot van hulle naak op die bodems van swembaddens in die omgewing gevind word. Olaf se lewenslange beskermingsdrang teenoor die weerloses motiveer hom om gehoor te gee aan haar versoek. Gou besef hy egter dat dit hier gaan oor soveel meer as die feite en bewyse wat ’n mens kan sien en hoor. 

Spieëltjie, spieëltjie is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn.

 

Hier is vir jou ’n heerlike bederfie om jou deur die laaste stukkie van die jaar te dra!
Sluit aan by die RomanzaKlub in November, en jy kan dalk wegstap met
’n LAPA geskenkbewys ter waarde van ’n R1000
PLUS ’n pragtige sak!
Kompetisie is geldig tot 30 November 2021. Wenner word 6 Desember aangekondig. B’s & V’s geld.

 

 

 

Volg ons op sosiale media

Facebook

Twitter

Instagram

 

No comments:

Post a Comment