Sunday, December 19, 2021

LitNet: Ongekarteerde waters

 


 

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 880

17/12/2021


  Krities Afrikaans

 

LitNet: Ongekarteerde waters

 

Pasverskyn

In die tyd van die gif


Skrywer: Dana Snyman
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624090885

Min sou Dana Snyman weet toe hy die Rugbywêreldbeker-eindstryd op Rondomskrik kyk dat die euforie van dié oomblik kortstondig sou wees; dat ons lewens binnekort handomkeer sou verander. Dana verwoord die ervaring van die daaropvolgende 18 maande – van rugbytriomf tot treur en vertwyfeling. Dan kry hy self ook COVID-19.

 

Menings

 

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Mike Schüssler

Freek Robinson, Mike Schüssler
Onderhoude

Suid-Afrika het tans die hoogste werkloosheidsyfer in die wêreld. Hoe navigeer ons hierdie ongekarteerde waters?

 

 

’n Nuwe volkslied vir Versoeningsdag?

Jason Lloyd
Rubrieke

"Daar is egter sekere mense of politieke partye wat nie gelukkig is met die sameflansing nie. Omdat dit eersdaags Versoeningsdag is, is dit miskien heel gepas om weer na die debat oor die volkslied te kyk."

 

 

Swerfjaar vir seniors, aflewering vier: Watter fliek was dit nou weer?

Marita van der Vyver
Rubrieke

"Want ons het grootgeword met Amerikaanse rolprente, ons kyk deesdae aanhoudend Amerikaanse TV-reekse, ons luister van jongs af na Amerikaanse musiek en lees Amerikaanse boeke. Ons kulturele verwysingswêreld is deur dié land gevorm – of ons nou daarvan hou of nie."

 

 

Die vrystelling van die slawe

Michael le Cordeur
Menings

"Daar word dikwels die aanname gemaak dat 'bruinmense' nie so swaar gely het onder die Europese maghebbers nie. Die feite vertel ’n ander storie. Slawe is soos diere in die bos gevang en met slaweskepe na SA en elders vervoer waar hulle op veilings verkoop is."

 

 

Wôd gou gesond, uncle Cyril!

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Maa ôs sal moet wêk annie messaging rondom die vaccine, wan ammel is mos nou experts. Kon nie eens stannerd 6-wetenskap deukom ie, maa nou wiet hulle bietere assie scientists. En al wat ek nou sien op social media, is al daai antivaksers wat vra hoekom het uncle Covid gekry as uncle gedouble-jab is."

 

 

COVID-19: Die jongste | The latest

LitNet
Menings

COVID-19: Kry die feite | Get the facts

 

 

Het FW de Klerk "bloed aan sy hande"?

Freek Robinson
Menings

"Tutu het nie De Klerk se getuienis geglo dat hy nie van sulke vergrype geweet het nie."

 

 

Die tyd van die tegnokrate

Nini Bennett
Rubrieke

"Vandag bestudeer navorsers die impak van tegnologiese verslawing. Maar – tegnologie het ook ’n meedoënlose metgesel geword; as jy nie bybly nie, moet jy nie genade verwag nie."

 

 

Elders gesien

 

Elders gesien: Herman Binge ons mis jou

Gérard Rudolf
Elders gesien

"Soos ’n saghartige vader loop hy van een persoon op die stel na die ander en deel lekkergoed en biltong uit, maak vriendelike geselsies met akteurs en tegnici, maak seker almal is oukei."

 

 

Elders gesien: Herman Binge, in memoriam

Kosie de Villiers
Elders gesien

"Ons lewens was op baie maniere in mekaar vervleg. Ons het vir die eerste keer ontmoet op Stellenbosch, toe ek in matriek was, en Herman het altyd gesê ons kon bloedbroers gewees het."

 

 

Elders gesien: Ek is kwaad

Karen J Menkveld
Elders gesien

"Ek is kwaad, want die feit van die saak is dat antivaksers die rede is waarom die virus nog hier is en muteer."

 

 

Kompetisies

 

 

Skryfkompetisie: Eet my woorde

LitNet
Skryfkompetisies

LitNet nooi jou uit om ’n gedig oor kos, of die tekort daaraan, te skryf en daardeur vir drie groot kontantpryse in aanmerking te kom. Sluitingsdatum: 21 Januarie 2022.

 

 

Woord van die jaar 2021: Die inskrywings

LitNet
Wen

LitNet het ons lesers gevra: Wat is 2021 se Afrikaanse woorde wat ontstel, prikkel of die heersende gesprek saamvat? Hier is die inskrywings wat ontvang is.

 

 

Akademies en Skole

 

Die oorsprong van die (Hollands-)Afrikaanse joernalistiek, die tydsgewrig, en Abraham Faure as pionier

Lizette Rabe
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Abraham Faure was skynbaar die regte persoon op die regte tyd op die regte plek. Verskeie bronne beskryf hom as ’n Renaissance-mens wat, hoewel klein van postuur, ’n groter as groot figuur in sy tyd aan die Kaap was."

 

 

Ontgroening in skole: ’n ondersoek na gewilde diskoerse

Eduard Potgieter, Lynette Jacobs, Corene de Wet
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Solank as wat leerders, opvoeders en ouers ontgroening toelaat en klem op die sogenaamde voordele van ontgroening lê, sal die magsiklus en magsvergrype van ontgroening onder die dekmantel van tradisie en spanbou voortleef."

 

 

Die mistieke soos dit neerslag vind in "Christ of the burnt men" van Sheila Cussons

Elizabeth van der Berg
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die bevinding is dat 'Christ of the burnt men' ’n uitmuntende voorbeeld van ’n mistieke gedig is waarin Cussons nie alleen daarin slaag om haar belewenis aangrypend uit te beeld nie, maar ook die leser mee te voer om self deel aan haar goddelike ervaring te kan hê."

 

 

Struikelblokke in kruislinguistiese en -kulturele pediatriese spraak-taalterapie en strategieë vir die bevordering van kultuurveilige praktyke: ’n omvangsbepaling

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"In ’n kultureel en linguisties diverse land soos Suid-Afrika bestaan daar ’n belangrike behoefte om spraak-taalterapiedienste te lewer wat kultuurveilig van aard is."

 

 

"Solank ek leef, sal ek Hom aanroep": ’n Ondersoek na die teologiese bedoeling van Psalm 116

Fanie Snyman
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Die psalms in die algemeen, en Psalm 116 in die besonder, is werd om gelees te word as poësie, gebid te word as gebede en gesing te word soos wat gelowiges vir eeue al doen, juis en veral in uitdagende tye soos die huidige pandemie wat nou al vir meer as 15 maande die lewens van talle mense intens ontwrig."

 

 

’n Veelkantige besinning oor eutanasie

Jaco Beyers
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"’n Balans is belangrik: beskerm die lewe, maar moenie die dood verhinder nie. Om uitvoering daaraan te gee, sal daar besin moet word oor wat die swaarste weeg: die reg om te lewe of die reg om te sterwe."

 

 

Toespraak deur Marlene le Roux tydens die ontvangs van ʼn eredoktorsgraad in die Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch

Marlene le Roux
Akademies en skole

"Al is ek gebore as ʼn arbeiderskind wat boonop gestremd gelaat is nadat ek op die ouderdom van drie maande polio opgedoen het, was dit ʼn groot voorreg dat die mense om my geglo het in opvoeding. Hoe bevoorreg was ek nie dat ek my opvoeding in my moedertaal, Afrikaans, ontvang het nie."

 

 

Mediavrystelling: Afrikaanse Taalraad oorhandig ope brief aan Ramaphosa

Afrikaanse Taalraad
Die Afrikaanse Taalraad-portaal

Die Afrikaanse Taalraad het in ’n ope brief aan president Cyril Ramaphosa sy diepe kommer uitgespreek oor die Departement van Hoër Onderwys se taalbeleid. Die brief is op 10 Desember by die Uniegebou oorhandig – op die 25ste herdenking van die ondertekening van die Grondwet, ’n grondwet wat veeltaligheid voorstaan en taalregte beskerm.

 

 

Wiskunde, graad 7: Vraestel en memo (vierde kwartaal)

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Moenie dat die Wiskunde jou uitvang nie! Wees soos Einstein en oefen met LitNet se hersieningsvraestelle. Hier is vir oulaas vraestelle vir graad 7-leerders, opgestel deur Lee-Ann West. Onthou sommer ook om dit volgende jaar te gebruik! En daar is baie ander vraestelle wat jy gratis van LitNet kan aflaai.

 

 

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

 

 

Gespierde Afrikaans

LitNet
Akademies en skole

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter nuwe woorde is toegevoeg.

 

 

Nou op Voertaal

 

Kennismaking met Afrikaans gaf Adriaan van Dis de moed om te schrijven

Ingrid Glorie
Literatuur

Op 16 december wordt Adriaan van Dis 75 jaar. Om dit te vieren geeft Voertaal alvast een inkijkje in lopend onderzoek naar de aandacht voor het Afrikaans in Onze Taal. Uit twee inmiddels misschien wel wat vergeten artikelen uit dit tijdschrift blijkt hoe belangrijk de ontdekking van de Afrikaanse taal en literatuur voor Van Dis zijn geweest om zijn onzekerheid te overwinnen en zelf te gaan schrijven.

 

 

Antjie Krog, writer-in-residence van de Universiteit Gent

Yves T'Sjoen, Kurt Defrancq, Dora Scott, Martina Vitackova
Literatuur

"Met een jaar uitstel heeft UGent professor Antjie Krog uiteindelijk in oktober 2021 verwelkomd. Het schrijversprogramma ging van start op 1 oktober en liep tot 16 november 2021. Gezien het gevulde programma, met deelname van verschillende faculteiten en culturele instellingen, was de schrijversresidentie een creatieve en inspirerende periode voor schrijver, universiteit én een breed geïnteresseerd publiek."

 

 

Werkplan Zuid-Afrika

Lisanne Homma
Taalunie

"De Taalunie heeft het werkplan Zuid-Afrika 2021–2024 op haar website gepubliceerd. Dit werkplan geeft aan wat de Taalunie samen met haar partners de komende jaren in Zuid-Afrika wil gaan doen en hoe dit bijdraagt aan de algemene doelstellingen en krachtlijnen van de organisatie zelf."

 

 

Knuffelcontact & waterwappie: Het taaljaar 2021 in tien woorden

Hendrik-Jan de Wit
Literatuur

"Een boek over de nieuwe woorden van een jaar geeft ook een inkijkje in de gebeurtenissen van dat jaar. Dat is zeker terug te vinden in het boek Knuffelcontact & waterwappie: De kracht van nieuwe woorden van taalkundigen Vivien Waszink en Veronique De Tier."

 

 

The eternal audience of one door Rémy Ngamije: Onderwijs, migratie en jongerencultuur in Zuid-Afrika

Herman Meulemans
Literatuur

"The eternal audience of one is het beeldrijk, haast filmisch verhaal van een jonge, ambitieuze immigrant, Séraphin Turihamwe, die in Kaapstad studeert en alles uit het leven haalt wat eruit te halen valt. Rémy Ngamije slaagt er weergaloos in om het verhaal in cadans te brengen met de moeizame strijd die Séraphin levert om zijn uiterst hybride identiteit op rij te krijgen in een wereld die zich nog blindstaart op kleur."

 

 

Die 2021-F1-seisoen deur die oë van ’n petrolkop

Zac Steyn
Meningen

"My eerste woord was 'kar' en ek is ’n petrolkop. Die Red Bull-span se strategie was Sondag beter as Mercedes s’n en as die skoen aan die ander voet was en dit was Lewis wat op so ’n manier gewen het, sou hulle net so kwaad gewees het."

 

 

Lae Lande-nuus: ’n Nuwe regering, ’n nuwe wêreldkampioen en ’n nuwe variant

Milton Webber
In het nieuws

"Mark Rutte kon uiteindelik, ná 217 dae, ’n nuwe regering begin saamstel, Max Verstappen laat die Lae Lande se bloed oranje pomp en omikron se tentakels word met streng inperkings beperk."

 

 

Zuma moet terug tronk toe

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Zuma se ondersteuners was woedend. Carl Niehaus het op Twitter gesê dit is ’n groot onreg wat teen Zuma gepleeg word omdat hy, volgens Niehaus, in die eerste plek sonder ’n verhoor in die tronk beland het."

 

 

AfriForum hof toe oor aandklokreël

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"In teenstelling hiermee het die media in Oktober berig die regering se advieskomitee van wetenskaplikes, wat hom oor die COVID-19-pandemie adviseer, meen dit was ’n fout om die aandklokreël te verslap toe daar na vlak 1-inperking beweeg is."

 

 

Kersfees sonder strenger inperkings

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Maak seker jy kry jou inenting voordat jy hierdie Desember kuier, familie besoek of met vakansie gaan," lui die regering se verklaring.

 

 

Vierde COVID-19-golf tref Wes-Kaap in vakansieseisoen

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Ent so gou moontlik in, want inentings voorkom ernstige siekte. Maak seker jy dra jou masker, want die virus versprei in die lug."

 

 

Kabinet wil saam met die wêreld teen korrupsie veg

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die regering erken in sy verklaring dat korrupsie, in ’n meerdere of mindere mate, een van die grootste uitdagings is wat die land in die gesig staar en dat dit ekonomiese groei en maatskaplike ontwikkeling terughou."

 

 

ANC se mislukte poging om die Grondwet te wysig wyd verwelkom

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die ANC se mislukte poging dié week in die parlement om artikel 25 van die Grondwet te wysig wat die onteiening van grond sonder vergoeding sou moontlik maak, is ’n oorwinning vir Suid-Afrika se grondwetlike bestel."

 

 

Boeke en skrywers

 

Die teenoorgestelde is net so waar: ’n onderhoud met Azille Coetzee

Ingrid van der Walt, Azille Coetzee
Skrywersonderhoude

"Ek dink ek is ook baie gelukkig in terme van die globale tydsgees. Dit is nou die tyd dat jong vroue se stories oor jong vroue baie spesifiek aandag kry en ernstig opgeneem word in die literêre wêreld. Ek het gevoel die tyd is weer reg vir so iets in Afrikaans."

 

 

Through your eyes: ’n onderhoud met Marianne Lomberg, wenner van ’n Strelitzia-toekenning

Marianne Lomberg, Yolanda Wessels
Skrywersonderhoude

"Jou taalgebruik en verduidelikings is uniek en manjifiek. Die leser kan letterlik jou woorde omsit in ’n prent. Dis ’n spesiale gawe om so met woorde te kan inkleur."

 

 

Robert – a queer and crooked memoir: ’n onderhoud met Robert Hamblin

Riette Rust, Robert Hamblin
Skrywersonderhoude

"Op my ouderdom en vanweë dit wat ek ervaar het, is gender en seks heeltemal oop en bestaan daardie kategorieë slegs soos blomme met baie kleure en teksture sáám in ’n bos. Nie soos mielies in rye langs rye lusern in ’n nabye land nie."

 

 

CF Beyers-Boshoff (1926–1989)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"As jy skryf, moet dit wees soos ’n stuk rou lewer wat jy op wit satyn gooi. Vir subtiliteit is daar in kommersiële skryfwerk min plek." Lees oor CF Beyers-Boshoff se lewe en werk.

 

 

#ReadingAfrica | The children’s literature panel

Bunmi Emananjo, Ekiuwa Aire, Hannes Barnard, Ruth Ahmedzai Kemp, Caroline Kurtz
Interviews

How do we represent Africa as a multicultural, multifaceted continent to our readers? How do we embrace diversity in early readers for Africa’s kids? And how do we market our wonderful African stories to a Eurocentric world?

 

 

#ReadingAfrica | The women's panel

Aoife Lennon-Ritchie, Gabeba Baderoon, Sifton Anipare
Interviews

On 10 December Aoife Lennon-Ritchie spoke to Gabeba Baderoon and Sifton Anipare about getting published, emigrating and feminism.

 

 

Dystopian, fantasy and sci-fi blended: A review of Charlie Human’s Ancestral

Jessica Smith
Books and writers

"There are plenty of fighting scenes. The battles are impressively detailed, and sometimes shocking or gross. I think this is one of the book’s strongest points. The violence is completely unfiltered, with everything from a simple jab to the crunch of a bone breaking."

 

 

Tot my stomme verbasing

Crito
Blogs

"Tot my stomme verbasing het daar weer ’n paar resensies verskyn waaroor ’n mens kan nadink."

 

 

Wilbur Smith: an obituary

James Woodhouse
Books and writers

"And then, out of a crowd, there he was – standing at my table with his hand held out. To this day I can still hear his voice in my head, see that wry smile. 'James Woodhouse,' he said, 'I’m Wilbur Smith.' As if he needed to introduce himself."

 

 

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2021

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

 

 

Persverklaring: PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds nog twee vertalings van Afrikaanse romans

LitNet
PEN Afrikaans

’n Franse vertaling van Die hemeltuin deur Karel Schoeman en ’n Albanese vertaling van Donker spoor deur Martin Steyn sal deur die PEN Afrikaans Vertaalfonds ondersteun word.

 

 

Persvrystelling | Press release: 23 skrywers in US Woordfeeskortverhaalbundel 2022 | 23 writers in the SU Woordfees 2022 Short Story Anthology

LitNet
Toyota US Woordfees

Drie-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die nuwe US Woordfeeskortverhaalbundel. | Twenty-three stories were chosen for publication in the new SU Woordfees Short Story Anthology.

 

 

Press release: Announcing PEN South Africa’s The Empty Chair podcast (season two)

LitNet
Books and writers

PEN South Africa is excited to announce a new six-episode season of The Empty Chair podcast.

 

 

Op die redakteur se lessenaar

 

Op die redakteur se lessenaar: 10 tot 17 Desember 2021

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die jongste pasgepubliseerde boeke wat op die redakteur se lessenaar beland het.

 

 

Leefstyl

 

Kunsvennootskap gee Norval-stigting wynlandse vlerke

Maryke Roberts
Kuns

"Die uitstalling staan nie vir my in afsondering nie. Jy kan nie help om met elke treë by ’n venster verby of met elke voetval op die swaar houtvloere te besef dat jy in geskiedenis – waar slawerny en onderdrukking ook vir drie eeue geseëvier het – stap nie."

 

 

Urgent press release: Second week of Krotoa: Eva van de Kaap postponed due to COVID-19

LitNet
Lifestyle and entertainment

To protect all those concerned, including audiences, the second week of the play has been postponed to 23–26 February 2022 at the Artscape Arena. Booking has already opened.

 

 

Persverklaring: Helgaard Steyn-prys 2021 | Press release: Helgaard Steyn Prize 2021

LitNet
Kuns

Die internasionaal-gerekende Suid-Afrikaanse kunstenaar Mary Sibande is die ontvanger van die Helgaard Steyn-prys, vanjaar toegeken vir beeldhoukuns. | Internationally acclaimed South African artist Mary Sibande has been awarded this year’s Helgaard Steyn Prize.

 

 

Press release: The best African content to binge this December, from Troukoors to The wife

LitNet
Lifestyle and entertainment

Showmax shares 12 reasons to stay home safely these holidays and offers eleven trailers to tease you with.

 

 

Nuwe skryfwerk

 

My liefde se liefde

Megan Adendorff
Poësie

"en as ek lees van wie die geskenk is
dan is dit gewoonlik van haar.
Sy laat die orgaan in my linkerbors dans"

 

 

Ons moeder Krotoa

Michelle van Graan
Poësie

"Gestroop van haar naam, herdoop na Eva.
Gestroop van haar lewe, gestroop van haar volk,
met net die eggo in haar gemoed ...
Is ek Krotoa? Of is ek dan Eva?"

 

 

Origin

Philene van Rooi
New writing

"I retraced
My steps
Back to the days
Before I lost all of my ways"

 

 

 

 

 

 



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

 

 

 

 

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169

© 2021 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved






This email was sent to bekkieburger777@gmail.com
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
LitNet · Jan Cats Building, Andringa Street · Stellenbosch, WC 7600 · South Africa

No comments:

Post a Comment