|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet
Akademies
|
Nuusbrief 892
25/03/2022
|
Krities Afrikaans
|
LitNet:
In stede van die toekoms
|
Milner:
Last of the empire builders
Author: Richard Steyn
Publisher: Jonathan
Ball
ISBN: 9781776191789
Lord
Alfred Milner was a brilliant public servant and one of Britain’s most
famous empire builders who left an indelible imprint on the history of
South Africa.
This
biography, the first by a South African, argues that Milner’s reputation
should not be defined by his eight years’ service in South Africa alone
as he did much to shape the Allied victory in the First World War.
If his personal qualities and beliefs made him the wrong man to send to
South Africa, he was the right man in a far greater international
conflict.
|
|
|
|
Tuis of ontuis – die woonbuurte en stede van ons
toekoms
Melt Myburgh, Tarina Jordaan
Menings
Hoe gaan Suid-Afrikaanse stede in ’n post-Covid
wêreld lyk? Wat hou die grootste bedreiging vir ons woongebiede in? Wat
doen mens as ontwikkelaars jou rustige straat omskep in ’n oorbevolkte
studentenes? Tarina Jordaan, LitNet
Akademies-navorser, gesels oor die uitdagings en veranderinge
in die plekke en ruimtes waar ons woon.
|
|
’n Onderhoud met Jerzy Koch oor Pole, Rusland en
Oekraïne
Jerzy Koch, Naomi Meyer, Izak de Vries
Onderhoude
"Ons het op 12 Maart agt oorlogsvlugtelinge
uit Oekraïne ontvang: vyf volwassenes en drie kinders. Hulle is gehuisves
in ons ou woning (wat die ouer seun verhuur het om sy lening af te betaal
en waar daar toevallig sedert die vorige maand geen huurders was nie).
Hulle is tweetalig Oekraïens-Russies; een praat ook Engels, die ander
Frans, opgeleide mense – twee aptekers, een hidrogeoloog en een
dermatoloog."
|
|
Wat Hobhouse ons van Oekraïne kan leer
Elsabé Brits
Seminare en essays
"Uiteindelik is dit unieke mense en groepe
wat in oorlog en in die lyding daarna ’n verskil maak in ander se lewe. Dis
'radikale mense' soos Hobhouse."
|
|
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor
die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles
on the war in Ukraine.
|
|
Sonkrag: Kan Suid-Afrikaners wegkom van die
Eskom-netwerk?
Freek Robinson, Ben Janse van Rensburg
Onderhoude
Is die son se hitte gratis? En as dit nie ’n
sonnige dag is nie, of dit hael, wat gebeur? Freek Robinson gesels met Ben
Janse van Rensburg, bestuurshoof van die sonkragmaatskappy Affordable Power
Solutions.
|
|
Watse menseregte?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Daar is niks om te vier nie. Menseregtedag
het ’n dag geword wanneer ons rou oor die sterfte van die
reënboognasie."
|
|
Antirassisme: Wat is dit en hoekom maak dit saak?
Lidia Rauch
Menings
"Vandag is dit Internasionale Dag vir die
Uitwissing van Rassediskriminasie. En dit is nie per toeval op dieselfde
dag as Menseregtedag nie. Hoekom word Internasionale Dag vir die Uitwissing
van Rassediskriminasie gevier?"
|
|
Taal van my hart
Deborah Steinmair
Rubrieke
"Lawe my met rosyne, want ek is flou van
liefde. Ek kan rinkink in my taal."
|
|
Die klank van oorlog: Van Jerigo tot Oekraïne
Wilken Calitz
Meningen
"Wanneer die bose heers, bring dit
kameraderie tot stand. Kameraderie maak van gewone mense helde. Joernaliste
berig oor die ware stand van gebeure terwyl koeëls oor hulle koppe vlieg,
Zelenski word staande toegejuig in die parlementsgeboue van
wêreldmoondhede. ’n Dogtertjie in ’n bomskuiling sing die temalied van Frozen en word sodoende
’n simbool van jeugverset teen die Russiese invalle."
|
|
Oorlog in Oekraïne ruk Suid-Afrikaners se sakke
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Nadat dit agt maande lank konstant gedaal
het, het die jaarlikse brood- en graaninflasie in Februarie tot 3,7% gestyg
van 1,5% in Januarie. Hierdie kategorie sluit graangebaseerde voedsel in
wat van koring, rys en mielies gemaak word. Die maandelikse verandering was
ook beduidend."
|
|
Salige sonskyndae in die Seychelle
Maryke Roberts
Reizen
"Oor vier jaar, op 29 Junie 2026, vier die
Seychelle ’n halfeeu van onafhanklikheid, en dat hier ’n onafhanklike gees
van vryheid, rustige saamleef en hartlikheid is, is gewis. Die 115 eilande
in die Indiese Oseaan, oos van Afrika, het vandag ’n sterk ekonomie;
bewaring is hoog op die agenda; en toerisme is een van die grootste
werkverskaffers. Die natuurskoon is werklik poskaartmooi en die wit
strande, palmbome, kokosneutdrankies en rustigheid wat in jou kuite kom
nesskop, is eg," skryf Maryke Roberts.
|
|
Het ernstige werk van Godfried Bomans
Hendrik-Jan de Wit
Literatuur
"Een halve eeuw na Bomans dood wordt hij nog
steeds gelezen. Vooral zijn sprookjes zijn populair. Hij geldt zeker als de
laatste sprookjesschrijver van de Nederlandse letterkunde ... Dat Bomans
met zijn lichtvoetige stijl ook heel treffend ernstig werk schreef, bewijst
de uitgave In alle ernst
die rond Bomans sterfdag is verschenen. Het boek bevat een selectie van het
serieuze werk door Joost Prinsen."
|
|
Ramaphosa sê Suid-Afrika is oop vir besigheid
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Oor Eskom se aanhoudende beurtkrag wat
beleggersvertroue ernstig in die wiele ry, het president Cyril Ramaphosa
gesê hy besef dat geen ekonomie sonder betroubare elektrisiteitsvoorsiening
kan funksioneer nie. Daarom word daar nou die mees uitgebreide
transformasie van die energiesektor in byna ’n eeu onderneem."
|
|
ActionSA gee Makhosi Khoza die trekpas
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Makhosi Busisiwe Khoza, wat tydens die
munisipale verkiesing ActionSA se burgemeesterskandidaat vir eThekwini was,
is Maandagaand deur die party in die pad gesteek."
|
|
Poskantoor op ’n "hopelose pad na nêrens"
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Intussen het die voormalige uitvoerende
hoof van die omstrede posmaatskappy, Mark Barnes, vroeër aangebied om ’n
deel van die groep te koop in ’n poging om te help om dit na sy vorige
glorie terug te bring."
|
|
Vra die veearts: Optelkatjie se been is af
Marianne Lomberg
Mens en dier
Kobie skryf: "Ons het ’n katjie opgetel toe
sy omtrent vier weke oud was. Haar een been is af net bokant haar knie. Ons
wil haar nie heeltyd in die huis hou nie." Lees Marianne se antwoord.
|
|
Vra die veearts: Jack Russell treur
Marianne Lomberg
Mens en dier
Paula skryf: "Ek het ’n pragtige Jack
Russell. Ek het ook ’n Boston-terriër gehad en ’n African Grey-papegaai.
Die terriër is vyf dae na die papegaai dood. Ek het geen idee waarom nie.
My probleem is dat die Jack Russell nou aan my klou." Lees Marianne se
antwoord.
|
|
Afrikaans EAT: wenke vir onderwysers en toetse vir
graad 10-leerders
Willene Paulse
Notas, toetse en vraestelle
Willene Paulse, ’n Afrikaans Eerste Addisionele
Taal-onderwyseres, het wenke vir die aanbied van Afrikaans Eerste
Addisionele Taal gestuur: "Ons weet dat Afrikaans EAT-leerders baie
meer taal-in-konteks-reёls het wat geleer moet word, en dan praat ons nie
eers van die uitsonderings op die reёls nie. Wat ook in ag geneem moet
word, is dat baie van hierdie leerders Afrikaans net in die Afrikaans-klas
hoor."
|
|
Afrikaaps is vanjaar ’n sterk element by kykNET
Silwerskermfees
Maryke Roberts
kykNET Portaal
Maryke Roberts skryf oor vanjaar se kykNET
Silwerskermfees wat van Woensdag tot Saterdag by The Bay Hotel in Kampsbaai
gehou en ook aanlyn aangebied word. Verskeie kortfilms waarin die dialoog
heeltemal of gedeeltelik in Afrikaaps is, speel hier: onder meer Aan/Af, Baber, Bergie, Net ons, My beskermer, Nagvoël en Verstikking.
|
|
kykNET Silwerskermfees-onderhoud: Gaia
dalk dié kultusfilm van Suid-Afrika?
Maryke Roberts, Tertius Kapp, Carel Nel, Jaco Bouwer, Pierre-Henri
Wicomb, Anthony Oseyemi, Jorrie van der Walt, Monique Rockman
kykNET Portaal
"Een van die films wat vanjaar by die
hibriede fees, wat van 23 tot 26 Maart in Kampsbaai en op die Silwerskermfees-webwerf
vertoon gaan word, is Gaia,
wat in die kategorie vir beste speelfilm meeding. Dit het al verskeie
toekennings regoor die wêreld ingepalm. Dis die eerste ekologiese grufilm
in Afrikaans en het die Forbes Top 10-lys as beste riller vir 2021 gehaal."
|
|
Press release: Outrageous new play to premiere at
Artscape
LitNet
Lifestyle and entertainment
Contested bodies centres on the relationship between acclaimed
surgeon Doctor James Barry, his African manservant John, and the then
Governor of the Cape Colony, Lord Charles Henry Somerset. Barry lived his
entire adult life as a man, but was named Margret Ann at birth and was
known as female in childhood.
|
OuLitNet-argief:
Foto’s van die eerste Silwerskermfees in 2011
|
|
Bekendstelling van die allereerste Silwerskermfees in
2011
Imke van Heerden
OuLitNet-argief
"Verlede week het kykNET, Nu Metro en ’n
handvol joernaliste vir drie dae in die Karoodorp Prins Albert vertoef om
die eerste Nasionale Afrikaanse Filmfees – die Silwerskerm Filmfees – te
loods. By die feesbekendstellingseremonie het die feesbeskermheer, Jans
Rautenbach, onthou hoedat die fondament vir die Klein Karoo Nasionale
Kunstefees 18 jaar gelede ook in die Karoo gelê is. Oor die nuwe
nasionale fees het Jans opgemerk: 'Ons glo dit gaan groot en wonderlik
wees.'"
|
|
Poëtiese taal: Dol heuning
deur SJ Naudé, ’n resensie
Malene Breytenbach
Resensies
"Naudé het ’n wye en gekultiveerde
verwysingsraamwerk en daar is vele verwysings na kuns en letterkunde. Ook
het hy die vermoë om alles, goed en kwaad, te skryf in poëtiese taal wat
verruk."
|
|
In die tyd van die gif deur Dana Snyman: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe
Lesersindrukke
"Die stories werk, omdat dit spreek tot baie
soorte lesers, van die meer gewone mens op straat tot die meer
gesofistikeerde intellektueel. Mens kan dit ’n bietjie vergelyk met ’n
goeie ou Theuns Jordaan-treffer. Die hoofouderling en die kroegvlieg
luister ewe lekker saam. So is dit met Snyman se boeke."
|
|
Reis met woorde, ’n onderhoud met Xanelé Puren
Izak de Vries, Xanelé Puren
Skrywersonderhoude
"Die boek, wat lyk en voel soos die bekende
Moleskine-dagboeke, is interaktief en help kinders om die storie- en ander
boeke wat hulle self kies om te lees, op te som en om dan ook hulle eie
idees te begin formuleer om self tekste te skryf."
|
|
Louis Eksteen (1930–2001)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Ons hier in Suid-Afrika skryf deesdae veels
te veel en daar word oneindig baie gepubliseer. Ons bloei ons leeg!"
Lees oor Louis Eksteen se lewe en werk.
|
Op
die redakteur se lessenaar
|
|
My broer Japie
Jan Daniels
Fiksie
"Eendag in die winter het Japie koud en nat
uit eie beweging by die huis aangekom. Maar hy was nie alleen nie. Daar was
’n vrou saam met hom. My ma het toegesien dat Japie en sy metgesel hulself
versorg, droë klere aantrek, en vir hulle kos gegee om te eet."
|
|
Afskeid
Jannie van Niekerk
Poësie
"Vandag het ek jou vir oulaas gegroet,
met hartseerpyn in my gemoed.
Ek weet dat waarheen jy nou gaan
daar net vreugde en blydskap bestaan."
|
Konklusie of
gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil
navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.
|
|
No comments:
Post a Comment