Tuesday, March 8, 2022

Nuut: Eugene deur Kirby van der Merwe

 

 

 

 




 

 

Kirby van der Merwe se langverwagte tweede roman ná sy opspraakwekkende debuut 22 jaar gelede is hier

 

 

Eugene

 

’n Gatskop roman oor die agterjaarts en die langstoepe van die sixties en die seventies.

 

 


Eugene ken van skollies, gangsters, muggers en crooks. Hy is streetwise, al lyk hy nou soos iemand uit die upper-middle class. Hy kom immers uit die ghetto se killing fields – krotbuurte, vuilhoeke en agterjaarts van die 60’s, 70’s en 80’s.

 

Maar nou is dit baie jare later. En die ou alliances met sy kindervriende Alan, Huey en Jenny ná alles destyds in Hillbrow tussen hulle skeefgeloop het, bestaan nie meer nie, en Eugene word aangekla van moord. Sy bobbejaan-daemon hits hom aan dat hy hom moet wreek op sy gewaande vriende se verraad.

 

Hierdie aangrypende, priemende roman oor vriendskap en verraad was op die kortlys vir die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021.

 

Oor die skrywer

Kirby van der Merwe het in die Paarl grootgeword. Hy het beeldende kuns studeer en was lank kunsonderwyser. Klapperhaar slaap nie stil nie was sy debuutroman in 1999. Hy is ’n bekroonde skilder en joernalis, en het al 'n verskeidenheid Engelse romans na Afrikaans vertaal.

 



 

Publikasiedatum: 25 Maart 2022
Prys: R310,00
Kategorie: Afrikaanse roman
ISBN-13: 9780798182645


Digitale-uitgawes

Prys R248,00
Epub ISBN: 9780798182652

* Prys onderhewig aan verandering

 


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

www.nb.co.za

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment