Tuesday, March 8, 2022

NUUT: Rut en Boas - ’n liefdesverhaal deur Barend Vos



 

 





 

 

Rut en Boas - ’n liefdesverhaal

 

 

Rut, ’n Moabitiese vrou word jonk ’n weduwee. Wanneer haar skoonmoeder Naomi – selfs reeds ’n weduwee – terugkeer na Bethlehem waar sy en haar mense vandaan gekom het, volg die jong vrou haar met dié bekende woorde: “Waar u gaan, sal ek gaan, en waar u bly, sal ek bly. U volk is my volk, u God is my God.” Op verskeie maniere is hierdie verhaal ook herkenbaar in die moderne samelewing. Vooroordeel jeens vreemdelinge het toe reeds afstand tussen mense geskep. In Bethlehem vind Naomi haar ou woonhuis en grond beset deur Boas en sy moeder Ragab – dié Ragab wat ’n rooi tou uit Jerigo se muur laat hang het. Tog is dit juis Ragab se skarlakenverlede wat haar uit empatie die prostitute buite Bethlehem se poort laat voed. Oor alles heen waak die oudstes met hulle eie agenda, wat neerkom op selfverryking en onregmatige bevoordeling. Ondanks hierdie onderstrominge triomfeer een van die mooiste Bybelse liefdesverhale, dié van Rut en Boas. Barend Vos herskep dit met eietydse dialoog en ’n sensitiewe aanvoeling vir die menslike psige, wat van hierdie Bybelse figure onthoubare individue met hulle deugde én ondeugde maak.

 

Oor die skrywer

 

Dr. Barend Vos is ’n bekende Christenskrywer en predikant. Hy is bekroon met  ’n  ATKV-veertjie vir een van sy LiG-stories. Hy het al verskeie boeke uitgegee:  van dagstukkies tot fiksie en romans met die Bybelse gegewe as agtergrond. Hy wen in 2001 die CBSA-prys vir fiksie vir Eksodus en in 2016 die Andrew Murray-prys vir Ewigheid in my hart.

 

Publikasiedatum: 18 Maart 2022
Prys: R230,00
Bladsye : 240
Formaat: 198mm x 130mm
Bindstyl: Sagteband
Kategorie: Fiksie
ISBN-13: 9780796322623

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

www.nb.co.za

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment