| 
  
   
    |     
    
     
      | 
       
        | 
 BLOEDBANDEdeur Jeanette
        Stals
 Speurder-sersant Luna Joubert van die Stellenbosch polisiediens word
        gestuur om die eienaardige dubbele moord op die eienaar van ’n kwekery
        en sy vrou te ondersoek. Die De Winters is beide met ’n skerp voorwerp
        aangeval, maar daar was geen teken van ’n struweling of enige getuies
        om sin te maak van die voorval nie. Was die De Winters wie almal
        dink hulle was? Weet die kinders dalk meer as wat hulle
        voorgee? Om antwoorde te kry sal Luna die donkerte en als wat
        daarin skuil moet trotseer.
 |  |  | 
       
        | 
 SO LYK ’N VROU ...deur Ilse
        Verster
 Bart, die aantreklikste ou in haar matriekklas, soen Esli uit haar vel.
        Vir meer as veertig jaar deel hulle hul lewens. Maar hoekom
        eksperimenteer Esli met haar haarstyl? Verdien sy om in die spaarkamer
        te skuil omdat sy, volgens Bart, die kos brand en die hond se pote laat
        nat word as dit reën? In So
        lyk ’n vrou... vertel Ilse Verster van Esli se heelwording.
        Sy gee stem aan ’n stukkende vrou en deel wat dit verg om jou teen die
        muur op te trek, jou teen die samelewing te handhaaf en jouself te red.
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | .jpg?v=1646728192498)
 PARTY DINGE IS VIR ALTYDdeur Elsa
        Winckler
 Jeanie McMillan land op Kaapstad twee jaar nadat sy weggehardloop het
        op haar
 troudag. Op die lughawe loop sy in Gerard de Lange vas, die rede hoekom
        sy toe
 nie getroud is nie. Vir haar sal hy altyd dié een wees, maar hulle het
        hulle beurt gehad, sy het die leuens oor hom geglo en dis tyd om aan te
        beweeg.
 |  |  | 
       
        | .jpg?v=1646728179574)
 NOMMERPASDEKSELdeur Cecilia
        Nortjé
 June verkoop droomhuise aan jong families, maar sy weet self geluk kan
 nie tussen vier mure vasgevang word nie. Sy sukkel sedert haar man se
        dood om vir haar en haar tienerdogter, Keira, ’n tuiste te skep en
        het haar eie geluk opsy geskuif.
 Totdat sy vir sexy Scott Hunter, die bekende televisieaanbieder, in ’n
        kroeg ontmoet ...
 |  |  |    
    
     
      | 
       
        | .jpg?v=1646728207247)
 TUSSEN GLAS EN VAGdeur Rina
        Cilliers
 Ansua Welthagen, ’n talentvolle glas-kunstenaar, keer terug van Europa
        ná ’n groot liefdesteleurstelling. Sy onderneem om die kapel op
        Sewefontein, die spogplaas van die formidabele Naudés, naby Greyton,
        met loodglasvensters te versier. Om met ’n voertuig wat probleme gee
        voor Paasnaweek iewers gestrand te sit, is ’n krisis.
 |  |  | 
       
        | .jpg?v=1646728219353)
 LIEFDESLESSE VIR ’N GROTMANdeur Ciska
        Olivier
 Olga is die bestuurder van Boskloof gasteplaas en sy sal die veld vir
        niks agterlaat nie. Nie eens vir haar verloofde, Stefan, nie. Al wie
        haar liefde vir die dorre bos deel, is die een man wat sy nie kan
        verdra nie: Lukas, die wildbewaarder. Die man wat haar haat. Die man
        met die mooi oë. Grotman.
 |  |  |      
    
     
      |  | 
       
        | GELOOF SOOS ’N MOSTERDSAADJIEdeur Helena Hugo
 Om terug te dink aan sy lewe is soos om ’n boek te lees waarvan daar
        bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos
        vandag, ander so vaag soos drome. Van kleintyd af word Andreas nie
        net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en
        begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander
        dinge as geloof gereken het. Eers dan leer hy om hom geheel en al te
        onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos ’n mosterdsaadjie, sê
        Jesus, is al wat jy nodig het. Geloof
        soos ’n mosterdsaadjie is die eerste van ’n drieluik.
        Hierdie boek fokus op geloof en die stryd om die lewe te aanvaar as
        mens met die dood gekonfronteer word.
 |  |  |        |  | 
No comments:
Post a Comment