Thursday, April 7, 2022

Lees, lees weer, lees meer!

 

 

 

Die vakansie is verby en die eerste KKNK sedert die pandemie alle feestelikhede laat staak het, het ook die naweek geëinding. Dit was wonderlik om weer skrywerspraatjies by te woon en dit was ongelooflik lekker om te sien hoe opgewonde al die kinders was om vir Tippie te ontmoet! Hy was beslis die ster van die fees! 

 

 

 

Hierdie maand sien die Vlak R Tippie doen Wiskunde-reeks (Tippie does maths) die lig. Die reeks fokus op die boustene van wiskundige geletterdheid en gee aan jong kinders die geleentheid om verskeie vaardighede te leer en toe te pas. Ons vertel julle meer oor dié nuwe reeks in volgende week se Tippie-nuusbrief.

 

 

 

 

'n Ander prettige opvoedkundige boek vir die 5 plussers is Wendy Maartens se My hart is oppi plaas-gesegde & idioom-inkleurboek. Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse gesegdes en idiome, elk met interessante feite oor plaasdiere en volg op die gewilde Rooimiere-in-die-broek idioom-inkleurboek.

 

 

 

'n Hele klomp van ons land se beste en gewilde skrywers het saamgespan vir twee bundels wat onderwysers en leerders baie gelukkig gaan maak! Die skool van Rampspoedige talente en ander gelukkige stories (ideaal vir die HT-klaskamer) en Blinkertjies in pa se baard en ander skitterende stories (ideaal vir die EAT-klaskamer) is perfek vir vir die kwartaal drie letterkundeprojek wat deel is van die CAPS-kurrikulum. In hierdie bundel lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Zelda Bezuidenhout, Mia Arderne, Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Jaco Jacobs ... en nog meer! Aparte studiegidse met addisionele inligting oor die tekste is ook binnekort beskikbaar.

 

 

 

Jaco Jacobs is terug met nog ‘n niefiksie boek wat beloof om weer ‘n treffer te wees - Sal 'n skilpad op jou piepie? En ander gruwelike en grillerige vrae oor die natuur.  Die prettige boek sal jong feitevrate van 9-jaar en ouer behoorlik laat ril van lekkerkry. Jy word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur. Wat is ’n snotblom en hiënabotter? Lees en vind uit!

 

 

 

Die skrywer, Eleanor Lombard, se debuutverhaal Jy handle dit netvertel die storie van Drikus wat soos God se afskeepkind voel. Hy is in ’n fietsongeluk en daar is nie geld om dit reg te maak nie. Wat nou? Hy besluit om worsbroodjies te begin verkoop om geld te maak, en toe ontmoet hy vir Donovan, ’n straatkind met ’n unieke uitkyk op die lewe. So begin ’n ongewone vriendskap wat al twee seuns se lewens onherroeplik verander.

 

 

Op Saterdag 23 April is Wêreldboekedag en dis altyd 'n heerlike verskoning om soos jou gunstelingboekkarakter aan te trek! Die skool wie se leerders die beste kostuums aantrek, kan R3000 se boeke vir hulle biblioteek losslaan, en die kind met die oulikste kostuum wen R1000 se boeke, asook R1000 kontant. Hou ons sosiale media en nuusbriewe dop vir die inligting, maar herinner solank jou skool aan die datum!

 

 

Om die nuwe kwartaal mee af te skop, gee ons julle 'n massiewe afslag op uitgesoekte boeke. Kry nou 50%-afslag, maar maak gou, dis amper uitverkoop!

 

Kry nou afslag!

Beautiful butterflies flying from the pages of Pop Up Peekaboo: Butterfly, a selection of six Beatrix Potter books in The Tale of Peter Rabbit and other Stories (coming soon), and the joy, mess and chaos of Eleven Dogs live with me, will keep your little ones on tenterhooks this month.

 

 

Roald Dahl's Matilda won the Children's Book Award shortly after it was published in 1988, and it has continued to delight audiences ever since. This very special version of Matilda includes writing tips to tell your OWN story, and pull-out-and-keep grown up Matilda illustrations to inspire you to think big, big, BIG!

Talking about thinking big, have you ever thought about how deep the ocean is? DK brings you a beautifully illustrated book and engaging ocean encyclopedia,
How deep is the ocean, to teach young readers all about what lies beneath!

And lastly, we are super excited for the translation of
Die Leeutemmer se assistent by Solet Scheeres. This exciting novel, The Lion Tamer's Assistant is loosely based on the history of the Pagel Circus, which was known in every South African city and town in the previous century. A wonderful story full of action, adventure ... and the timeless magic of circus life.

 

 

Jaco Jacobs is one of the most prolific children's book authors in South Africa, and we are very proud to have translated a few of his most popular books. These books are guaranteed to tickle any young reader’s funnybone!

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment