| 
   
   
    | 
 | 
     
      | - ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet
      Akademies |  
      |   Nuusbrief 893 31/03/2022  |  Krities Afrikaans
 |      
   
    | 
     
      | Eugene
      Skrywer:
      Kirby
      van der Merwe
 Uitgewer: Human
      & Rousseau
 ISBN:
      9780798182645
 Eugene
      ken van skollies, gangsters en crooks. Hy is streetwise, al lyk hy nou
      soos iemand uit die upper middle class. Hy kom immers uit die ghetto se
      killing fields van die ‘60’s, ‘70’s en ‘80’s. Maar nou is dit baie jare
      later. En die ou alliances met sy kindervriende Alan, Huey en Jenny ná
      alles destyds in Hillbrow tussen hulle skeefgeloop het, bestaan nie meer
      nie, en Eugene word aangekla van moord. ’n Aangrypende roman oor
      vriendskap en verraad.  | 
 |  |              
   
    | 
 | KKNK 2022: ’n onderhoud met Fanie Viljoen
    
 Yolanda Wessels, Fanie Viljoen
 KKNK
 "Ek sien baie uit na die KKNK. My laaste
    optrede by ’n fees was die Woordfees van 2020. Kort daarna het die
    inperking begin. Ons skrywers en kunstenaars gaan soos hase wees wat uit
    hul gate losgelaat is!" |      
   
    | 
 | Silwerskermfees 2022-kortfilms 
 Leon van Nierop
 Film
 "Genres met hulle sementreëls en onbuigbare
    strukture (dink aan film noir, Westerns en romantiese komedies) laat
    skrywers soms te min vryheid of inisiatief toe, alhoewel daar briljante
    uitsonderings is. En hier word gerebelleer! ’n Groepie talentvolle filmsoldate
    het die meeste reëls met die drein afgespoel en stories op hulle manier
    probeer vertel." |          
   
    | 
 | Fiëstas-persverklaring: Die wenners en vereerdes
    
 LitNet
 kykNET Portaal
 2021 was steeds nie ’n feesjaar soos waaraan ons
    gewoond is nie, maar kreatiewe Suid-Afrikaners en feesmakers het nogtans
    nie teruggestaan nie. Dit is daarom besluit om wel vir ’n tiende keer
    Fiësta-toekennings uit te deel aan nie net uitblinkers in vier kategorieë
    nie, maar ook vier legendes en drie kunstenaars wat die afgelope tyd ’n
    duidelike merk in die kunste in Suid-Afrika gemaak het. |          
   
    | 
 | Persverklaring: Uitsoek-produksies op Suidoosterfees
    se NATi Teaterprogram 
 LitNet
 Suidoosterfees
 By die 20ste Suidoosterfees, vanjaar van 27 April
    tot 1 Mei by Kunstekaap in die Moederstad, gaan teaterliefhebbers smul aan
    produksies op die NATi Teaterfees-spyskaart. Heelwat trefferstukke is
    gegrond op boeke deur gewilde Afrikaanse skrywers, en opwindende
    verhoogstukke deur opkomende jong skrywers is op die program ingesluit. |              
   
    | OuLitNet-argief:
    Die KKNK se 10de bestaansjaar (2004) |    
   
    | 
 | Die KKNKnatertaal se paljas 
 Erns Grundling
 OuLitNet-argief
 "Só het die Klein Karoo Nasionale Kunstefees
    in 1995 ’n eerste tree tot grootsheid gegee. Pieter Fourie, destyds die
    uitvoerende feesdirekteur, skryf in daardie heel eerste feesprogram oor
    'die doepa en paljas van Afrikaans', en verklaar onomwonde: '(D)ié kanniedood
    taal het knaters'. Op die vooraand van die tiende fees spreek hierdie
    'kanniedood'-status en die impak van die KKNK vanself ..." |            
   
    | 
 | Elna se Boekstories by KKNK beloof diep genot vir
    boekwurms 
 Melt Myburgh, Elna van der Merwe
 Onderhoude
 Elna van der Merwe, samesteller van die KKNK se
    Boekstories tydens die fees wat van 29 Maart tot 3 April 2022 op Oudtshoorn
    plaasvind, vertel vir Melt Myburgh van hoogtepunte op vanjaar se program. |      
   
    | 
 | Petra Müller (1935–2021) 
 Erika Terblanche
 ATKV|LitNet-Skrywersalbum
 "Om ’n gedig te skryf, is nie eens werk nie;
    jy moet net bereid wees om dit te doen." Lees oor Petra Müller se lewe
    en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum. |      
   
    | 
 | Moer:
    ’n onderhoud met Michèle Meyer 
 Naomi Meyer, Michèle Meyer
 Skrywersonderhoude
 "Toe ek die hoeveelste ma se verhaal van
    verlies, verlating, verskeuring, vernedering deur ’n eks, of die hof, of
    familie hoor, het ek geweet Moer
    moet gebeur." |      
   
    | 
 | Applous en voorbehoud 
 Crito
 Blogs
 "Boekresensies sonder die kernelement van
    kritiese reaksie op die inhoud, is net so irrelevant as die
    publikasie-inligting wat uitgewers saam met elke boek verskaf." |          
   
    | Op
    die redakteur se lessenaar |              
   
    | 
 | Oekraïne: Berigte te velde 
 LitNet
 Menings
 ’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor
    die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles
    on the war in Ukraine. |      
   
    | 
 | COVID-19 pluk stigma-angel uit geestesongesteldheid
    
 Marietjie Warrington
 Seminare en essays
 "Zamo Mbele, ’n kliniese sielkundige, het
    tydens die webinaar gesê dis verblydend dat veral mans nou meer openlike
    gesprekke voer rondom geestesongesteldheid en dat geestesgesondheid eintlik
    almal se probleem is." |                  
   
    | 
 | Metafore vir bepaalde psigologiese verskynsels
    
 Coert Mommsen
 Seminare en essays
 "Die individuele menslike ervaring is nooit
    simplisties nie," skryf Coert Mommsen, afgetrede kliniese sielkundige.
    In hierdie artikel skryf hy oor die gebruik van metafore wat van besondere
    belang in die sielkundige onderhoud is. Sielkundiges, asook lesers wat
    belangstel in die sielkunde en hul persoonlike welstand, mag hierdie essay
    se invalshoek interessant vind. |      
   
    | 
 | 1922 Rand Rebellion 
 Rodney Warwick
 Opinion
 "Within this country’s contemporary
    political discussion any mention of insurrection would likely refer to last
    July’s still unsatisfactorily understood KwaZulu-Natal and Gauteng events.
    Besides historical enthusiasts, comparatively few South Africans will be
    aware that March marks the centenary of another local insurrection: the
    1922 Rand Revolt/Revolution/Uprising or Miners’ Strike ..." |        
   
    | 
 | Hoe sê ’n mens totsiens aan ons geliefde prof
    Jacques? 
 Wannie Carstens
 In memoriam
 "Wie gaan nou die sagte woord spreek om
    grimmigheid te laat bedaar? Wie gaan nou die stem van redelikheid wees in
    hete debatte oor Afrikaans?" – Wannie Carstens bring hulde aan Jacques
    van der Elst wat op 25 Maart 2022 oorlede is. |          
   
    | 
 | In memoriam: Derick van der Walt 
 Henriëtte Loubser
 In memoriam
 "Derick is hopeloos te vroeg weg. Op 63 het
    hierdie skrywer van aangrypende tekste soos Lien se lankstaanskoene (2008) en Torings van Jasmyn
    (2019) nog soveel gehad om vir sy aanhangers te bied; soveel stories wat
    ons aan sy lippe sou laat hang." |      
   
    | 
 | In memoriam: Ronel Nel 
 Nadine Petrick
 In memoriam
 "As ek oor jou praat, Ronel, kan ek tog nie
    anders as om oor foto’s te praat nie. Want my foto’s van jou, maar ook jou
    bundel met die onvergeetlike titel slaan vandag ’n blerrie bliksemstraal
    regdeur my hart en baie ander harte. Nie nét oor Vanderbijlpark is dit grys
    en troebel nie." |        
   
    | 
 | Durende waardering en wedersydse betrokkenheid kenmerk
    Breytenbach se bande met Lae Lande 
 Willem de Vries
 Meningen
 Breyten Breytenbach se dekades lange en wedersyds
    verrykende bande met Vlaandere en Nederland was op Saterdag 19 Maart 2022
    by die Sentrum vir Nederland en Vlaandere (Sasnev) in Kaapstad die
    onderwerp van ’n vraaggesprek wat Yves T’Sjoen met hom gevoer het. T’Sjoen
    het pas ’n boek oor die onderwerp klaar geskryf en dit sal in Mei vanjaar
    verskyn. |      
   
    | 
 | Prettige paradys in die Paarl 
 Maryke Roberts
 Culinair
 "Dis daar waar ons by Jacus Marais, die
    wynverkoopsbestuurder, hoor dat die landgoed eintlik ’n ware
    Aspoestertjie-verhaal is: Brookdale was eens oorgroei en verwaarloos. Die
    Rudd-familie van die Verenigde Koninkryk het die eiendom se potensiaal raakgesien
    en die 67 hektaar in 2015 gekoop." |      
   
    | 
 | Zuma en 20 beweerde staatskapers aangekla
    
 Jean Oosthuizen
 In het nieuws
 "’n Yslike dossier met talle bekende name,
    waaronder dié van Jacob Zuma, is deur Solidariteit saamgestel van mense wat
    volgens hulle strafregtelik aangekla moet word." |      
   
    | 
 | Ramptoestand word dalk volgende week beëindig
    
 Jean Oosthuizen
 In het nieuws
 "Die publiek het tot môre (Vrydag 1 April)
    geleentheid om kommentaar te lewer op die voorgestelde regulasies voordat
    dit finaal in die Staatskoerant gepubliseer word en die huidige regulasies
    herroep sal word." |      
   
    | 
 | Vrae oor Suid-Afrika en Rusland se vriendskap
    
 Jean Oosthuizen
 In het nieuws
 "Verskeie opposisiepartye en kommentators
    beskuldig die regering daarvan dat hulle op ’n diplomatieke ramp met veral
    Westerse lande afstuur weens hulle huiwering om ’n sterk standpunt in te
    neem oor Rusland se inval in Oekraïne." |      
   
    | 
 | Poetin se aggressie raak steeds die Lae Lande
    
 Milton Webber
 In het nieuws
 "Die Russiese inval word steeds in die Lae
    Lande gevoel; somertyd word ingevoer; skraagdosisse teen Covid; ’n
    motorongeluk eis twee lewens; en groot skade ná ’n brand in ’n historiese
    kasteel." |      
   
    | 
 | Persbericht: Presentatie Lockdown Max Havelaar
    
 Voertaal
 Kalender
 Op 4 april 2022 presenteert Prinses Laurentien de
    handgeschreven "lockdown editie" van Max Havelaar op de Vrije Universiteit
    Amsterdam (VU). Tegelijkertijd komt deze unieke editie ook digitaal
    beschikbaar op de website van de VU-bibliotheek. |            
   
    | 
 | Graad 12: Afrikaans Eerste Addisionele Taal –
    vraestel en memo 
 Dewald Koen
 Notas, toetse en vraestelle
 Is jy in matriek en reeds besig om voor te berei
    vir volgende kwartaal se werk? Dewald Koen se oefenvraestel en memo kan jou
    vakansiewerk soos pure ontspanning laat voel. Klik hier om ’n vraestel en
    memo af te laai. |            
   
    | 
 | Briefie langs die see 
 Jannie van Niekerk
 Poësie
 "Ek skryf vir jou ’n briefie om te sê waar
    ek vandag is. Ek sit hier langs die see by Hartenbos se kus."
 |      
   
    | 
 | Woorde en liefde 
 Lucinda Wiese
 Poësie
 "woorde op papier op die plek waar ons eens op ’n tyd
 lewensverhale gedeel het"
 |            
   
    | 
 | LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
    
 LitNet
 Als oor LitNet
 LitNet wil jou as leser die versekering gee dat
    ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring
    is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are
    committed to protecting your personal information held by us. |              
   
    | 
  Konklusie of
    gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
 LitNet Akademies wil
    navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.
 |          | 
No comments:
Post a Comment