Wednesday, May 18, 2022

Bou saam aan 'n wolkekrabber vir Afrikaans!

 

View this email in your browser

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans het begin as ’n enkele navorsingsprojek. Daarvandaan het VivA gegroei tot ’n inhoudskepper vir Afrikaans, in die werksplek, in die klaskamer en in die huis. Ons staan volledig in diens van Afrikaans en die taalgemeenskap plaaslik en internasionaal, en ons enigste oogmerk is die oopbreek van ons hartstaal vir almal wat dit wil gebruik.

VivA bied ons dienste en produkte gratis aan die taalgemeenskap, en die werk word deur ’n klein groepie mense verrig om ons koste so laag moontlik te hou.
Met hierdie veldtog doen ons ’n beroep op Afrikaans se mense om ons werk vir Afrikaans te ondersteun. Jy kan dus ’n e-pos of ’n oproep van VivA se personeel verwag.

 

 

Ons glo dat elke onderwyser wat Afrikaans aanbied, toegang moet hê tot betroubare vakinhoud. Ons glo dat elke student en dosent wat Afrikaans verder wil ondersoek, die kennis moet hê om dit te kan doen. Geld moet nooit die rede wees waarom iemand hulself nie in Afrikaans kan uitleef nie, daarom stel VivA die vakinhoud wat ons skep, so ver moontlik gratis beskikbaar.

Ons bou elke dag aan hierdie droom, hier onder op die grond met ons hande in die sement en die modder, maar met ons oë op die wolke. Jy kan ons droom en ons werk ondersteun deur een baksteen op ’n slag te finansier.

 

 


VivA is ook vir Artikel 18A-vrystelling geregistreer, wat beteken dat enige individu of maatskappy se skenking van belasting afgetrek kan word. Selfs ’n wolkekrabber bou ’n mens een baksteen op ’n slag. Klik hier om saam met ons te bou aan Afrikaans, een baksteen op ’n slag.
 

 

Twitter

Facebook

Website

LinkedIn

 

 

 

Ons e-posadres is:
navraag@viva-afrikaans.org






This email was sent to bekkieburger777@gmail.com
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
VivA · Cnr Surrey and Dover street · Randburg · Johannesburg, Gauteng 8000 · South Africa

No comments:

Post a Comment