Wednesday, May 4, 2022

O, Mei! Nóg boeke ...

 

 

 

 

 

"Die sleutel tot behoorlike lees- en taalvaardigheid begin lank vóór graad R – by iets eenvoudig soos ’n slaaptydstorie en jou onverdeelde aandag." - Wendy Maartens

Ons wil graag hierdie maand ons ouers aanmoedig om vir hulle kinders voor te lees – dit is die beste manier om ‘n liefde vir lees by jou kind te kweek en dis die ideale manier om kwaliteittyd met jou gesin deur te bring. Ons gaan deur die loop van die maand verskeie voorstelle van goeie voorleesboeke op ons sosialemediabladsye maak en ook ‘n paar lekker voorleesboeke weggee in ‘n kompetisie. Maak seker jy loop dit nie mis nie!

 

Die bok wat sy spring verloor het
Marleen Lammers
Ouderdom 5+

Hierdie boek is 'n goeie wegspringplek vir ouers wat wil voorlees. Wat is ’n springbok sonder sy spring? Net ’n … bok? Hierdie lekkerlagboekie is 'n treffende storie oor die krag van vriendskap!

 

Engela Goedhart, Koninginby en Superster
Alan MacDonald en David Roberts
Ouderdom 9+

Dié van julle wat gehou het van Vuil Ferdie en lag-uit-jou-maag-uit-humor en prettige illustrasies - hierdie boeke is vir jou! Engela Goedhart lyk dalk stroopsoet, maar sy is g’n engeltjie nie. Sy beland meer as gereeld in die moeilikheid.

 

 

Vrydag is ek verlief

Cecilia Steyn 
Ouderdom 15+



Ella Olivia is 'n kranige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae.

Hierdie boek is 'n verhaal met romanse storie-elemente soos ’n sanggroep, snaakse misverstande en ‘fake dating’. Dis perfek vir liefhebbers van The Love Hypothesis.

Mixtape van die liefde
Saamgestel deur Antjie Krog
Ouderdom 15+

 

Die heel eerste bloemlesing wat werklik verteenwoordigend is van die hele spraakgemeenskap. Van ouer digters soos Opperman en Eybers tot by nuwe stemme soos Ronelda Kamfer en Bibi Slippers se gedigte is in die bundel opgeneem. Al die verskillende dimensies van liefde word in dié gedigte verken. Dis ideaal vir jou boekrak én vir die klaskamer.

 

Hou gerus ons sosialemediaplatforms dop vir 'n kompetisie waar jy albei hierdie boeke kan losslaan!

Maak 'n knoop in jou oor!

Op Woensdag 11 Mei gesels ons met verskeie skrywers uit die splinternuwe bundels,
 Die skool van rampspoedige talente en ander gelukkige verhale &
 Blinkertjies en pa se baard en ander skitterende verhale. Die gesprek sal deur Hannes Barnard gelei word en vanaf Graffiti Boekwinkel se Facebook-blad uitgesaai word. Hou gerus ons sosialemediaplatforms dop vir meer inligting.

 

 

 

 

Just when you thought our books couldn't get any better, we bring you our new titles for May!

We have the whole animal kingdom working with us to bring you the best stories. From a very hungry caterpillar, a bok who lost his spring to the challenges faced by a guineafowl, a porcupine, and a buffalo. And just when you think it couldn't get any more exciting, have you ever heard about a vegan vampire, or some guy cycling through Africa?
It really is a zoo in here!

 

The Very Hungry Caterpillar’s Bug Hunt

Eric Carle

Ages 0-3 

The Bok Who Lost His Spring

Marleen Lammers

Ages 3+ 

Flap! Rattle! Stomp!

Irene Berman

Ages 5+ 

 

 

The Wildest Dog and Other African Tales

Avril van der Merwe

Ages 5+

Bluey: The Pool

Based on an Emmy award-winning Australian children's television programme
Ages 6-9 

The Vegan Vampire and Other Fantastic Fiction

Compiled by
Marieta Nel

Ages 9+

 

 

My First African Adventure

Riaan Manser

Ages 11+

Dreamers
Fanie Viljoen
Ages 11+ 

Middle School: It's a Zoo in Here

James Patterson

Ages 9+

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment