| 
  
   
    |   
    
     
      | 
       
        | Irma
        Joubert is só deel van die Afrikaanse boekewêreld, dis moeilik om te
        glo sy het eers met haar aftrede in 2004 begin skryf, ná 35 jaar van
        onderwys. Haar boeke word in onder meer Nederlands, Duits en Engels
        vertaal. Haar deeglike navorsing en empatie met die karakters beteken
        haar boeke is topverkopers, waar dit ook al uitgegee word. Irma vertel
        graag dat Verbode
        Drif, een van haar eerste boeke, ook die naaste aan haar
        hart lê. Om hierdie rede is besluit om die boek, met ’n klein bietjie
        skaafwerk, in 2022 wéér uit te gee, nadat dit vir baie jare uit druk
        was. |  |  |    
    
     
      | 
       
        | 
 VERBODE
        DRIFTerwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle
        vir die nou, glo hulle die verskille kan oorkom word. En Izak Katz,
        weet Elizabeth, maak altyd ’n plan. Altyd. Hy, met sy lag, sy terg, die
        sagtheid in sy oë. Die paadjie wat aan hulle toebedeel is, is ongelyk.
        Soos die middelmannetjie in die drif. Hulle weet van mekaar vermy, van
        voorgee sodat niemand iets vermoed nie. Van wag. En van liefhê … Totdat
        Elizabeth gedwing word om ’n doodsbelofte te maak. En sy weet, sy wéét,
        hierdie keer is dit verby, nie eers Izak sal nou meer raad hê nie.
 |  |  | 
       
        | 
 VEILIGE
        HAWEVeilige hawe
        is ’n heruitgawe van twee van Irma Joubert se gewildste romanses:
 Vonkpos vir die hart:
 Hy noem haar ‘meisiekind’ – soms. Maar die muur om hom kry Liezl nie
        afgebreek nie. Na wie luister sy – haar hart, of haar verstand?
 ’n Beskermengel vir
        Marlene:
 Haar pa het haar geleer: pasop vir mans en pasop veral dat jy nie
        goedkoop raak nie. Op drie en twintig is Marlene skielik ’n weduwee.
        Sy’s bang en vertrou niemand. Tot Adolf opdaag.
 |  |  |    
    
     
      | 
       
        | 
 VER WINK DIE SUIDERKRUISHul wêrelde is onversoenbaar. En dis ononderhandelbaar. Albei weet dit.
        Maar hy skulp haar toe met sy krag, sy warmte. Hy wil die Suiderkruis
        vir haar pluk. En dit, weet Kate, sal makliker wees as om hul liefde te
        laat blom. Ver wink
        die Suiderkruis is die eerste boek in Irma Joubert se
        Tussen stasies-trilogie.
 |  |  | 
       
        | 
 TUSSEN
        STASIESHy moes ’n besluit neem, vir haar beswil. ’n Besluit wat aan Jakób
        Kowalski bly vreet. Ná die treinrit van Pole af bly Gretl Schmidt op
        die stukkende trappe van ’n stukkende kerk in Duitsland agter – klein,
        uitgeteer, met net die dokumente dat sy suiwer Aries is, haar pa ’n
        gevalle SS-soldaat. En haar groot geheim. Tussen stasies is
        die tweede boek in Irma Joubert se Tussen stasies-trilogie.
 |  |  | 
       
        | 
 TOLBOSIn Suid-Afrika se onstuimige tagtigs raak Katrien Neethling bewus van
        ’n ander wêreld wat nog altyd daar was, maar wat sy nie geken het nie.
        Kan mens net ophou om ’n Afrikaner te wees? Soos ’n tolbos in die wind
        bly sy dwarrel tussen politieke woelinge en haar geliefdes wat
        behoudende boeremense is. Tolbos
        is die derde en laaste boek in Irma Joubert se Tussen stasies-trilogie.
 |  |  |    
    
     
      | 
       
        | 
 IMMER WES’n Dogtertjie uit die Oos-Pruisiese adel, ’n liefdelose ma, ’n pa wat
        omgee – wel, meestal. Só begin Hildegard se verhaal. In 1914, toe
        die donker wolke wat oor Europa saamgetrek het, uiteindelik in die
        Groot Oorlog uitbreek, leer Hildegard vir die eerste keer hoe lelik die
        lewe daar buite is, hoe afskuwelik oorlog, en wat ’n misleidende woord
        "oorlogshelde" is. Immer
        wes is die eerste boek in Irma Joubert se Oorlogstrilogie.
 |  |  | 
       
        | 
 MENTJE,
        KIND VAN PAS-OPKAMPTydens die Tweede Wêreldoorlog beland Mentje, ’n negejarige Nederlandse
        meisie, saam met Jode in ’n geheime kamp. Ná die oorlog bevind
        Mentje haar in Suid-Afrika en midde-in drie geslagte van die verskeurde
        Van Jaarsvelds. Verlies en versoening, vergifnis en mensliewendheid dra
        Mentje en Tinus deur moeilike tye. Mentje,
        Kind van Pas-Opkamp is die tweede boek in Irma Joubert se
        Oorlogstrilogie.
 |  |  | 
       
        | 
 NA ’N PLAAS IN AFRIKAIn 1939 breek oorlog uit in Europa. Drie miljoen kinders word uit
        Londen
 ontruim. Die sesjarige Charles Smith is een van hulle. In die ooste van
        Europa ruk die Duitse Sesde Leër teen die Sowjetunie op. Onder die
        manskappe is die vurige majoor Oswald von Stein. Charles en Oswald
        beleef teenoorgestelde kante van die oorlog. Beide bevind hulself egter
        op pad na ’n plaas in Afrika. Na
        ’n plaas in Afrika is die derde en laaste boek in Irma
        Joubert se Oorlogstrilogie.
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | Volg ons op sosiale
        media |  |  |  |  | 
No comments:
Post a Comment