Thursday, September 8, 2022

Die Afrikaanse Skoolgrammatika van die Virtuele Instituut vir Afrikaans: ʼn vernuwende blik op grammatika

 

View this email in your browser

Die huidige stand van taalstrukture en -konvensies (oftewel grammatika) op skoolvlak word gekontekstualiseer deur te verwys na onder andere foutiewe taalstruktuur-en-konvensie-inhoud in bestaande onderrigmateriaal op skoolvlak en die diskrepansie tussen skool- en universiteitswerk. Hierdie kontekstualisering word as vertrekpunt gebruik om aan te dui hoe VivA se Afrikaanse Skoolgrammatika, wat op Taalonderrigportaal gehuisves word en deel is van ʼn groter taalkundepyplyn, kan bydra tot die oorbrugging van tersaaklike leemtes in bestaande onderrigmateriaal. Sodoende word verseker dat onderwysers toegang het tot gratis gehalteversekerde, akademies begronde en geverifieerde vakinhoud.
 

 

 


VivA se benadering tot die beskrywing van die patrone in Afrikaans, wat van die benadering in skoolhandboeke verskil, is ʼn kernkomponent van die werkwinkel. Het jy byvoorbeeld geweet dat die vetgedrukte bysinne in Die man wat die kafee besit, is baie vriendelik. en Wat hy nie weet nie, sal nie seermaak nie. dieselfde soort bysinne is? Dit is een van die interessanthede wat uit ons unieke benadering tot die beskrywing van die Afrikaanse grammatika voortvloei.
 

 

 


Die werkwinkel word om 19:00 op die volgende datums via die Demio-platform aangebied:

Woensdag 7 September 2022
Woensdag 19 Oktober 2022


Stuur gerus ʼn e-pos aan
 navraag@viva-afrikaans.org om vir die werkwinkel te registreer. Die werkwinkel word gratis aangebied.

 

Twitter

Facebook

Website

LinkedIn

 

 

 

Ons e-posadres is:
navraag@viva-afrikaans.org






This email was sent to bekkieburger777@gmail.com
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
VivA · Cnr Surrey and Dover street · Randburg · Johannesburg, Gauteng 8000 · South Africa

No comments:

Post a Comment