Afrikaanse
oudio beskikbaar op plaaslike tegnolgieplatform
BiB is
die eerste oudioteek eksklusief vir Afrika-inhoud
28
August 2020
BiB is 'n opwindende nuwe media
platform wat plaaslike oudio verhale toeganklik maak via die toepassing wat
beskikbaar is in beide die App stoor en Google Play
stoor.
Boeke, oudio reekse en teaterstukke word
saamgevat in die kuberruim, vertolk deur befaamde stemkunstenaars. Só word die
publiek se aanvraag en behoefte aan inheemse inhoud deur middel van oudio
gedien, en Afrika se akteurs, skrywers en storievertellers bemagtig, bereikbaar
en beskikbaar gestel - wêreldwyd.
Afrika se ryk mondelinge tradisie en
kontinentale skatkis van oorspronklike stories word gevier, gevestig en bewaar
op dié byderwetse platform. BiB is verteenwoordigend van veelsydige en
multi-kulturele inhoud wat geskep word deur noukeurige kuratorskap.
Die stigters van BiB is twee dinamiese
vroue uit onderskeidelike agtergronde in tegnologie en bankwese asook die uitvoerende
kunste. Arlene Mulder is ‘n digitale
entrepreneur, wenner van 2019 se Forbes
Woman Africa Technology and Innovation toekenning, met sewe jaar by
beleggingsbank RMB op haar kapstok.
Juanita Kotzé (The Rare Librarian) is
‘n kreatiewe en uitvoerende regisseur wat reeds 30 jaar in die mode- en
vermaaklikheidswêreld produksies verwesenlik. Hulle visie is om literêre skatte
met nuwe tegnologie te vereenselwig om die waarde van taal en verhaal te
bewaar.
Hoewel die meeste inhoud tans in
Afrikaans vrygestel is, is daar ‘n imposante lys van opkomende werke in
verskeidenheid Volks-tale in die pyplyn.
Inhoud
reeds beskikbaar op BiB:
Boeke:
Asem, Jan
Vermeulen (Stem: Armand Aucamp)
Bloedlelie,
Jeanette Ferreira (Stem: Veronica Geldenhuys)
Blou
sjokolade, Christien Neser (Stem: Carla Smith)
Corali,
Chanette Paul (Stem: Roeline Daneel)
Dieretuin,
Francois Bloemhof (Stem: Wynand Kotzé)
Kanaän,
Sophia Kapp (Stem: Ira Blanckenberg)
Koshuiskoffie,
Christien Neser (Stem: Carla Smith)
In
Math We Trust, Simon Dingle (Stem: Simon Dingle)
The
Rain Runner, Carl Richardson (Stem: Malcolm Gooding)
Tolbos, Irma
Joubert (Stem: Carla Smith)
Oorlewingsgids
vir ‘n bedonnerde diva , Sophia Kapp (Stem: Nicole Holm)
Ver
wink die suiderkruis, Irma Joubert (Stem: Andrea Winckler)
Teaterstukke:
Dis
koue kos, skat, Marita van den Vyver,
verhoogverwerking deur Alexa Strachan (Stem:
Elzabé Zietsman)
Psalter,
Wessel Pretorius (Vertolking: Len-Barry Simons, musiek regie deur Emma van
Heyn)
Seisoenaal,
Mienke Ehlers (Vertolking: Mienke
Ehlers)
Sê my
naam soos ‘n Starbucks knaap, Wessel Pretorius
(Vertolking: Llandi Beeslaar)
Reekse:
Liefde,
Valiant,
Valiant Swart (Vertolking: Valiant Swart)
Kontak
Besonderhede:
Stuur enige navrae na: page@mybib.africa
Toepassing: App Stoor: here //
Google Play Stoor: here
Webwerf: https://www.mybib.africa/
Instagram: @bib.africa //
Facebook: BiB.africa //
Twitter: @bib_africa
Stigter besonderhede:
Arlene Mulder Juanita Kotzé
071 606 9477 083 456 3523
arlene@mybib.africa voice@mybib.africa
No comments:
Post a Comment