Friday, August 28, 2020

LAPA Boeke besikbaar op BiB, die splinternuwe oudioteek.

 

PERSVERKLARING
SAAMGESTEL DEUR LAPA UITGEWERS
LAPA is ’n afdeling van Penguin Random House South Africa
KONTAK : Ian Dennewill
TELEFOON : 071 769 6647
E-POS : iand@lapa.co.za
BLADSYE : 2
DATUM : 24 Augustus 2020

EMBARGO : Geen

 

 


Orale stories herleef in die kuberruim

BiB, ’n splinternuwe oudioteek, maak eersdaags haar deur oop. LAPA is baie trots om ons boeke te kan sien én hoor in hierdie nuwe ruimte.

Besoek BiB by: https://www.mybib.africa/

Afrika het ’n ryk orale tradisie en twee besondere entrepreneurs meng nou ons literêre skatte met nuwe tegnologie om dié ou tradisie te laat herleef.

Wat meer is: hulle kureer die inhoud deur geselekteerde tekste te laat voorlees, of voordra, deur van ons land se beste stemkunstenaars. Só word die publiek se vraag na oudioboeke gedien, en ons land se beste akteurs verdien ’n inkomste gedurende inperking.

LAPA se boeke skitter onder die eerste klompie romans wat beskikbaar gestel word:

·         Asem, Jan Vermeulen (Stem: Armand Aucamp)

·         Bloedlelie, Jeanette Ferreira (Stem: Veronica Geldenhuys)

·         Blou sjokolade, Christien Neser (Stem: Carla Smith)

·         Dieretuin, Francois Bloemhof (Stem: Wynand Kotzé)

·         Corali, Chanette Paul (Stem: Roeline Daneel)

·         Kanaän, Sophia Kapp (Stem: Ira Blanckenberg)

·         Koshuiskoffie, Christien Neser (Stem: Carla Smith)

·         Tolbos, Irma Joubert (Stem: Carla Smith)

·         Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva, Sophia Kapp (Stem: Nicole Holm,)

·         Ver wink die suiderkruis, Irma Joubert (Stem: Andrea Winckler)

Meer van ons tekste sal binnekort beskikbaar wees.

Bib.Africa plaas ook teaterstukke in die kuberruim. Hierdie tekste is reeds te beskikbaar:

·         Dis Koue Kos, Skat, Marita van der Vyver (Stem: Elzabé Zietsman)

·         Psalter, Wessel Pretorius (Stem: Len-Barry Simons)

·         Sê my Naam soos ‘n Starbucks Knaap, Wessel Pretorius (Stem: Llandi Beeslaer)

·         Seisonaal, Mienke Ehlers (Stem: Mienke Ehlers)

Hoewel die grootste gros boeke Afrikaans is, word daar ook na ander tale gekyk. Twee Engelse tekste is reeds deel van die biblioteek:

·         In Math We Trust, Simon Dingle (Stem: Simon Dingle)

·         The Rain Runner, Carl Richardson (Stem: Malcolm Gooding)

Die stigters van BiB is Arlene Mulder en Juanita Kotzé.

Mulder was vir sewe jaar in die bankwese by RMB, sy is sedertdien ’n digitale entrepreneur en het in 2019 die Forbes Woman Africa Technology and Innovation Award gewen.

Kotzé is reeds dertig jaar lank die hoof van The Rare Library: ’n multi-disiplinêre, konseptuele, skeppende kunsfabriek.

Volgens Deloitte kan die globale oudiomark in 2020 groei 25% tot ’n waarde van US$3,5 biljoen.

* * *

Ons boeke is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za. EINDE

 

 

No comments:

Post a Comment