|   
   
    | 
     
      | 
       
        | BloedsteenDinge ontrafel vinnig wanneer iemand speuradjudant Storm van der Merwe
        se ma voor ’n trein op Paddington-stasie instamp. Storm moet Londen
        toe, al is sy tot oor haar ore met ’n moordsaak.
 
 Van Londen se donker strate tot Antwerpen se diamantebeurs, van Port
        Nolloth se verlate kuslyn tot Storm se geliefde Hermanus, ontvou die
        storie in Irna van Zyl se derde misdaadroman teen die pas van ’n
        sneltrein.
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | Bloedsteen deur Irna van
        Zyl is beskikbaar by LAPA.  |  |  |        
   
    | 
     
      | 
       
        | GrensgevalDie brief wat Theresa tussen haar eksman Theo se besittings ná sy dood
        ontdek, skeur haar lewe oop. Jare lank het sy haar rug op Theo gedraai,
        ’n man wat sy laaste twee dekades in ’n inrigting moes deurbring. Só
        ook het sy die land se verlede weggestoot, die tyd toe tienerseuns
        gestuur is om aan die grens te veg – ’n plek en ’n oorlog waarvan mense
        tuis bitter min geweet het.
 
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | In swoel, afgeleefde Kuba, tussen
        kleurryke motors uit die vyftigerjare en geurige sigaarrook, word
        Theresa se soektog intiem vervleg met die lewens van mense wat in
        Angola as “die vyand” gebrandmerk is. Só ontrafel sy wat dit beteken
        het om groot te word in die Suid-Afrika van daardie tyd.
 Grensgeval
        deur Marita van der Vyver is beskikbaar by LAPA.
 |  |  |        
   
    | 
     
      | 
       
        | Diep spoorIn die stormagtige jare voor en tydens die groot trek raak drie vroue
        se lewe vervleg in ’n stryd om voortbestaan. Lojaliteit word getoets en
        inbors word beproef. Katrien is ’n sensitiewe waterverfskilder. Sy en
        haar man, Stefaans, wou vir hulle ’n lewe op ’n plaas op die Oosgrens
        maak.
 Maar toe teëspoed hulle tref, word hulle deel van Hendrik Potgieter se
        trek na die binneland. Dina, ’n slavin, is Katrien se grootste
        vertroueling.
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | Sy trek saam, haar liefde vir Stefaans
        ’n geheim wat sy ten alle koste moet bewaak. Thabisa is deur haar man
        verwerp. Ook sý is deel van Katrien se kring. In die loop van die
        geskiedenis laat hierdie drie vroue diep spore.
 Diep spoor
        deur Jeanette Stals is beskikbaar by LAPA.
 |  |  |        
   
    | 
     
      | 
       
        | Waar onthou
        beginToe Elfrieda ná ʼn lang koma uiteindelik haar oë oopmaak, is haar kop
        leeg. Angs pak haar toe sy in ’n Durbanse hospitaal besef sy kan níks
        van haar verlede onthou ná sy voor ’n motor ingehardloop het nie. ’n
        Terloopse opmerking deur Michael, die neuropsigiater wat na haar
        omsien, bring ’n flits herinnering: Voor haar sien sy ’n vaalgroen
        boekie oor die lewe van die ontdekkingsreisiger David Livingstone se
        vrou, Mary.
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | Met behulp van Michael begin Elfrieda
        stadig die legkaartstukkies van haar geheue aanmekaar sit. Maar die
        onthou bring seer.
 Waar onthou begin
        deur Connie Luyt is beskikbaar by LAPA.
 |  |  |        
   
    | 
     
      | 
       
        | Hoop, heling
        & harmonieSiekte is ’n natuurlike verskynsel sonder betekenis – potensieel
        ernstig, ja, maar bloot deel van menswees. Teen hierdie agtergrond
        ondersoek Hoop,
        heling & harmonie hoe siekte en behandeling ons
        liggame, gees en menswees aantas.
 
 Die doel van geneeskunde is om ons lewens positief te beïnvloed – in
        die woorde van Hippokrates, om soms te genees, dikwels te behandel,
        altyd te troos.
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | Die positiewe is nie noodwendig
        onvoorwaardelik nie: ons kan té wetenskaplik wees, die persoon agter
        die siekte miskyk. 
 Hoop, heling &
        harmonie deur Malcolm de Roubaix is beskikbaar by LAPA.
 |  |  |    | 
 
No comments:
Post a Comment