Saturday, October 3, 2020

Nuwe kinderboeke vir jou boekrak!

 

Offers vir die vlieë

WENNER: LAPA JEUGROMANKOMPETISIE 2019
Offers vir die vlieë
Dertig soldate kry van kleintyd af intense weermagopleiding in ’n distopiese staat.
Ses jong soldate, ontneem van hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na die Front.
Een van hulle vermoor hul seksieleier.
Almal ontken hulle is skuldig.
Wie van hulle lieg?

 

Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

 

 

 

 

Bastian Blom en die pratende portret

Bastian Blom en die gillende geraamte

Bastian Blom en die woedende weerwolf

Bastian Blom en die magtige moerasmonster

 

'n Nuwe baadjie vir Bastian Blom!

Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste
verdieping. Bastian versamel graag vreemde goed, soos:

  • valstande,
  • ou brille,
  • posseëls met vlermuise op, (Hy het nog net dertien – daar is nie baie seëls met vlermuise op nie.)
  • skilderye van katte, (Hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie.)
  • porselein-uile,
  • en boeke met spookstories.

Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!

Die Bastian Blom-reeks is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.

 

 

 

 

 

Die Ickabog-illustrasiekompetisie

Kinders tussen die ouderdom van 7 en 12 kan inskryf vir Die Ickabog-illustrasiekompetisie! Die wen illustrasies sal in die gedrukte boek verskyn.

Jy kan elke dag gratis nuwe hoofstukke van hierdie oulike kinderverhaal aanlyn lees! Kliek hier vir die storie.

Om deel te neem aan die illustrasiekompetisie kan jy hier kliek. 

Ons het ook 'n lekker prys vir skole!
Jy kan R5 000 se pryse wen wanneer jou skool inskryf vir die illustrasiekompetisie. Skole kontak enas@lapa.co.za vir meer inligting. 

LAPA is ’n afdeling van Penguin Random House Suid-Afrika (Edms) Bpk.

 

Kopiereg © 2020 LAPA Uitgewers, Alle regte voorbehou.
As een van ons gewaardeerde intekenare stuur ons graag hierdie LAPA nuusbrief aan jou.

Ons adres is:

LAPA Uitgewers

Bosmanstraat 380

Pretoria, Gauteng 0002

South Africa


Add us to your address book



Is daar enige inligting wat u wil verander?
U kan u voorkeure hier opdateer of kies om nie langer die nuusbrief te ontvang nie

No comments:

Post a Comment