|   
   
    | 
     
      | 
       
        | Kammaland deur
        Annelie BotesWeinig mense spit diep in hulle spaargeld in, sluit hulle huis en klim
        vir drie maande van afsondering op ’n kanaalboot in die verre Engeland.
        Op hul eie. Sonder ervaring. Sonder ’n bootliksens. Sonder die voorwete
        dat alles goed sal afloop.
 
 Annelie en die ou gryse het besluit om die kanaalpad te vat en reg in
        die snerpende winter in te vaar. Om te toets wat hulle ná
        vier-en-veertig jaar van saamwees in mekaar oorhet.
 |  |  |        
   
    | 
     
      | 
       
        | Die Kwesbares
        deur Steve HofmeyrDaar’s altyd daardie een persoon van wie jy nie weg kan stap nie. Al
        weet jy dat jy moet. In hierdie nuwe aflewering van die reeks speel die
        Sluiper klaar met homself. Hy lê sy wapens neer en kies die liefde. Die
        dodelikste ding wat hy ooit kon doen. Nie net laat dit hom uiters
        kwesbaar nie, maar dit bring hom lynreg te staan teen die boosaardigste
        figuur met wie hy nog ooit te make gehad het: Jesús Fidencio Hernández,
        beter bekend as die Veearts van Baia Farta.
 |  |  |        
   
    | 
     
      | 
       
        | Die
        Griekwastad Moorde deur Jacques SteenkampDie vrede en stilte in die klein Noord-Kaapse dorpie Griekwastad is
        kort ná skemer op Goeie Vrydag, 6 April 2012, versteur toe ’n jong
        tienerseun in sy pa se Isuzu-bakkie die dorp binnejaag en met
        skreeuende remme voor die byna verlate polisiestasie stilhou.
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | Dit was net voor 19:00 toe die
        bebloede Don Steenkamp uit die voertuig spring en die aanklagkantoor
        binnestorm met die nuus dat sy ouers en suster op die familieplaas
        Naauwhoek wreedaardig doodgeskiet is.   |  |  |        
   
    | 
     
      | 
       
        | Valsrivier
        deur Dominique BothaJy is te naby aan die water,” fluister Paul. “Babers slaap in die
        modder. Hulle sal wakker word as jy op hulle trap.” Paul en Dominique
        se sorgelose kinderdae op ’n Vrystaatse plaas is vir ewig verby wanneer
        hul ouers se linkse politiek die skoollewe op die dorp ontmoontlik
        maak. Paul is ’n belowende jong digter, sy suster sy vertroueling. Maar
        Paul is vol woede en sy ontwaking word ’n afwaartse spiraal.
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | Hulle vlieg London toe om die
        bedrukking van Suid Afrika te ontsnap, maar hy gaan ook sy dood
        tegemoet. Dominique Botha se roerende debuutroman is ’n elegie vir die
        lewe van haar kleintyd en haar verlore broer.  |  |  |        
   
    | 
     
      | 
       
        | Tuisland deur
        Karin BrynardKaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy het
        pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari
        in gestuur. Die dood van ’n San-leier en klagtes van polisiegeweld word
        sy missie.
 
 Met die romans Plaasmoord
        en Onse vaders
        het Karin Brynard haar reputasie as een van Suid-Afrika se gewildste
        misdaadskrywers gevestig.
 |  |  |    | 
 
No comments:
Post a Comment