Die
Banting-oplossing
DIE BANTING-BOEK WAAROP ALMAL GEWAG HET!
Uiteindelik! ’n Allesomvattende boek wat al jou vrae oor die
Banting-leefstyl beantwoord EN ’n oplossing bied vir permanente
gewigsverlies.
Die boek leer ons hoe om ontslae te raak van daardie ekstra kilogramme
en hoe om hulle vir ewig weg te hou! Resultate van in-diepte navorsing
word ondersteun deur gevallestudies en voor-en-na foto’s.
|
|
|
Lesers het nou toegang tot alle
inligting oor Banting in een boek.
Die
Banting-Oplossing deur Bernadine Douglas & Bridgette
Allan is nou beskikbaar by LAPA.
|
|
|
Boereverneukers
Hulle lieg, bedrieg, gee voor. Hulle verdraai, verdoesel, verduister,
verwoes. Geleidelik palm hulle jou vertroue in. Dan, eensklaps, is jy
jou geld, status en reputasie kwyt. Só oortuigend doen hulle dit dat
selfs die slimste, mees ingeligte mense ’n rat voor die oë gedraai word
en eers besef wat hulle getref het nadat grootskaalse skade aangerig is
en die gladdebek soos mis voor die son verdwyn het. Maar selfs
swendelaars kom hulle moses teë...
|
|
|
Boereverneukers deur
Izak du Plessis vertel die stories van Afrikaanses wat van ons land se
grootste skelmstreke gepleeg het.
Nou beskikbaar by LAPA.
|
|
|
Hoe verklaar
jy dit?
Ons weet dat die maan iets met die getye te doen het, maar het jy
geweet dat jy met volmaan altyd dieselfde kant van die maan sien? Of
dat weerligstrale vol vernietigende elektrisiteit is, maar dat ’n
elektriese paling ’n lading van tot 600 volt kan vrystel?
|
|
|
Hierdie feite is deel van ’n magdom
kennis oor die natuur, fisiese wetenskap en die ruimte wat die
RSG-program Hoe
verklaar jy dit? reeds jare lank beantwoord. Hierdie
publikasie bevat ’n keur uit die honderde vrae van nuuskierige
luisteraars wat deur kundiges verduidelik is om die wêreld minder
vreemd te maak, want nie alle kennis van die wêreld om ons is voor die
hand liggend nie.
Hoe verklaar jy
dit? saamgestel deur Danny Fourie is nou beskikbaar by
LAPA.
|
|
|
Die tale wat
ons praat
Vir jare al, Sondae net ná elf, word al dié vrae en nog baie meer in
die RSG-program Die
tale wat ons praat beantwoord. Ook word aktuele sake en
interessanthede oor Afrikaans bespreek. Van die deelnemers aan die
program is taalkundiges, leksikograwe en huidige en oudlede van die SA
Akademie se Taalkommissie.
|
|
|
In hierdie boek bring Jana Luther en
Fred Pheiffer, saam met Danny Fourie as samesteller, van die gewildste
bydraes deur dié luisteraars en taalkenners byeen. Vir elkeen wat
getrou by die radio luister – en almal wat lief is vir Afrikaans!
Nou beskikbaar by LAPA.
|
|
|
Die lang man
sonder skaduwee
“Die lang man sonder skaduwee,” so het die oumense gepraat as hulle die
grondpaaie beskryf het wat oor die rug van vlaktes loop soos linte wat
plase en veeposte en dorpe aan mekaar bind. Dit was ’n raaisel wat
hulle vir mekaar gevra het om ’n stram geselskap aan die gang te kry.
|
|
|
In Die
lang man sonder skaduwee sit Antoinette Pienaar haar
roeping as geneser voort. Vol begrip en deernis word Karookruie
ingespan om allerlei kwale te genees. Maar nou ondersoek sy ook die
genesende krag wat in die ou stories, raaisels en rympies van die Griekwa-mense
skuil, want dikwels het ’n fisieke probleem ’n emosionele oorsprong en
is dit stories wat die hart kan genees. Die langman sonder skaduwee is
volksbesit: waardevolle inheemse kennis liefdevol opgeteken vir lees en
herlees.
Nou beskikbaar by LAPA.
|
|
|
|
No comments:
Post a Comment