| Nuwe e-leser, beter ervaring!LAPA het 'n nuwe e-leser!
 
 Wees gerus. Jou boeke sal NIE verdwyn nie en daar is byna geen
        verandering aan jou leeservaring nie.
 
 Waarom dan verander? Bloot oor die noodsaaklikheid om die e-leser
        gereeld aan te pas by veranderinge aan die sagteware wat deur
        selfoonvervaardigers aangebring word.
 Snapplify, LAPA se e-leser-diensverskaffer, kan makliker alle platforms
        diens as hulle net een e-leser het om na om te sien.
 LAPA vra dus dat jy asseblief die Snapplify e-leser hier sal aflaai en installeer.
 
 Onthou: Jou ou boeke gaan nie verdwyn nie.
 
         Teken in met jou
             bestaande e-leser-rekeningbesonderhede (meestal Google).Jou boeke sal in die
             leser verskyn, gereed om af te laai indien jy dit wil lees.Jy gaan nog die nuwe
             boeke op dieselfde plek koop (lapa.co.za) en dieselfde koeponkodes
             gebruik.Verwyder jou huidige
             e-leser wanneer jy gemaklik met die “nuwe” e-leser is. Kyk ook gerus hierdie video oor hoe om die
        e-leser af te laai en te gebruik.Vir navrae kontak ons gerus: lapa@lapa.co.za
 
 Baie dankie. Geniet jou LAPA e-boeke!
 
 
 | 
      
No comments:
Post a Comment