LAPA-JEUGROMANKOMPETISIE
2021
Skryf nou in
vir die LAPA-jeugromankompetisie 2021!
Prysgeld ter
waarde van R50 000 is op die spel.
Sluitingsdatum:
31 Oktober 2021
LAPA stel hul tweejaarlikse
jeugromankompetisie vir 2021 bekend!
Hierdie kompetisie lewer elke twee jaar uitstekende
verhale op. Vorige pryswenners sluit in: Fanie Viljoen (Offers vir die vlieë
en Afkop), Marita van der Vyver (Al wat ek weet) en Jan Vermeulen
(Baster, Oopmond en Asem). Die kompetisie het ook al debuutskrywers,
soos Zelda Bezuidenhout, opgelewer.
Die kompetisie se prysgeld beloop R50 000!
Die pryswenner kry R25 000 en twee naaswenners kry elk R12 500. Die
manuskripte op die kortlys staan ook ’n kans om gepubliseer te word.
LAPA nooi graag alle skrywers en
voornemende skrywers uit om deel te neem aan hierdie geleentheid om die storie
wat jy graag sal wil lees, te skryf. Die reëls en beoordelingsproses is vir
vanjaar se kompetisie aangepas. Skrywers word aangemoedig om die aangepaste
proses goed te bestudeer.
Inskrywings sluit 31 Oktober 2021. Besoek www.lapa.co.za vir meer inligting.
Kompetisiereëls
·
Die
verhaal moet in Afrikaans geskryf wees en gemik wees op lesers tussen 11 en 18
jaar oud. Verskeie onderafdelings is by die 2021-kompetisie aangewys, want net
soos alle tieners nie dieselfde is nie, so is elke jeugverhaal nie dieselfde
nie.
Skrywers kan hul verhale struktureer
volgens die volgende onderafdelings:
o
Jeugromans
vir jonger tieners (11-13 jaar). Manuskripte vir hierdie ouderdomsgroep is
tussen 25 000 en 30 000 woorde lank. Voorbeelde is die Thomas@-reeks
deur Carina Diedericks-Hugo, ʼn Goeie dag vir boomklim en Dinge wat ek nie van skape geweet
het nie deur Jaco Jacobs.
o
Tienerfiksie
(13-15 jaar). Manuskripte vir hierdie ouderdomsgroep is tussen 30 000 en
45 000 woorde lank. Voorbeelde is Z-A-K: Die Blou Planeet deur Theresa
van Baalen, Kate in harmonie deur Jacolet van den Berg en As mens
geluk kon proe deur Zelda Bezuidenhout.
o
Jongvolwassenefiksie
(15-18 jaar). Manuskripte vir hierdie ouderdomsgroep is tussen 45 000 en
70 000 woorde lank. Voorbeelde is Offers vir die vlieë deur Fanie
Viljoen, Oopmond deur Jan Vermeulen en Al wat ek weet deur Marita
van der Vyver.
·
Die
beoordelingsproses vind as volg plaas:
o
Wanneer
die kompetisie gesluit is, word ʼn kortlys van manuskripte saamgestel.
o
ʼn
Keurpaneel van lesers uit elk van die onderafdelings lees die betrokke
manuskripte en stem vir ʼn topmanuskrip in daardie afdeling.
o
Drie
beoordelaars lees die drie topmanuskripte uit elke afdeling en wys een
manuskrip as ʼn merkwaardige jeugverhaal aan.
·
Alle
inskrywings moet die deelnemer se oorspronklike, ongepubliseerde werk wees.
·
Deelnemers
gee aan LAPA die eerste opsie om enige van die inskrywings te publiseer. Geen
ingeskrewe verhaal mag elders voorgelê word of wees vir moontlike publikasie
nie. LAPA sal ná afloop van die kompetisie skriftelik met alle deelnemers in
verbinding tree om te bevestig of hul verhale gepubliseer word al dan nie.
·
Die
prysgeld is as volg:
o
Prys
vir merkwaardige jeugverhaal: R25 000
o
Naaswenner:
R12 500
o
Naaswenner:
R12 500
·
Die
beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer
word nie. Indien die gehalte van die inskrywings nie na die beoordelaars en
LAPA Uitgewers se mening voldoende is nie, word die reg voorbehou om geen pryse
toe te ken nie.
·
Die
volgende inligting moet op die heel eerste bladsy van die voorlegging verskyn
en enige inskrywing kan gediskwalifiseer word indien dit nie daarop verskyn
nie:
o
Die
skrywer se naam en van
o
Titel
van die manuskrip
o
Lengte
(aantal woorde) van manuskrip
o
E-posadres
o
Telefoonnommer
·
Indien
daar onder ʼn skuilnaam geskryf word, moet die skrywer se volle naam en van ook
op die heel eerste bladsy van die manuskrip aangebring word.
·
Die
deelnemer se naam, of skuilnaam, moet op die eerste bladsy verskyn, maar dit mag nêrens elders op die
manuskrip verskyn nie. Sou dit iewers anders verskyn, kan die manuskrip
summier gediskwalifiseer word.
·
Inskrywings
moet op genommerde A4-bladsye getik wees, slegs aan een kant van die bladsy, in
dubbelspasiëring en in ’n maklik leesbare lettertipe (soos Arial of Times New
Roman).
·
Die
sluitingsdatum vir inskrywings is 31
Oktober 2021. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
·
Wenners
sal in Maart 2022 bekendgemaak word.
·
Werknemers
van Penguin Random House Suid-Afrika en LAPA Uitgewers mag nie deelneem nie.
·
LAPA
Uitgewers aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlore manuskripte nie. Dit is
altyd raadsaam om ’n afskrif van ’n manuskrip te hou.
·
Deur
in te skryf, onderneem jy dat jy al die reëls gelees en aanvaar het.
·
Inskrywings
kan op drie maniere voorgelê word.
o
Per
e-pos: stuur dit aan kompetisie@lapa.co.za met JEUGROMANKOMPETISIE en jou manuskrip
se naam as onderwerp.
o
Per
koerier: Stuur dit aan LAPA Uitgewers, Jeugromankompetisie, Bosmanstraat 380,
Pretoria, 0002
o
Die
posdiens is uiters onbetroubaar en baie stadig, maar voorleggings kan ook
gestuur word aan: LAPA Uitgewers, Jeugromankompetisie, Posbus 123, Pretoria, 0001
No comments:
Post a Comment