Wat is Lekker by LAPA?
https://lapa.co.za/?SID=63nuapr511graeemtf22l1bo82
Joshua Reinders maak ’n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand ’n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En mense is nie almal mense nie ... “Almal het geheime,” waarsku Joshua se nuwe vriend Gio. Joshua besef net nie hoe naby daardie geheime aan hom lê nie. En wanneer hy dit uitvind, gaan sy hele wêreld op sy kop keer. Die weerwolwe wag vir hom ...
Met hierdie versamelitems vier ons vyftien jaar van ontspanning, ontvlugting en pure bederf. ’n Nuwe bruidegom Haar vernedering voor die preekstoel skryf sy net aan een man se inmenging toe – Quinton Rousseau. Die Masai Mara in Kenia is dalk ver genoeg om van die Rousseau’s te vlug, maar nie van haar haat nie. Verlore jare Isabella staan ná vyf en twintig jaar weer voor die seun wat sy laat aanneem het en sy pa. Maar dis net sy wat dit weet en dis te laat om te praat.
So byna is kolonel Aella O’Malley die ewigheid in gestuur. Nou sy is terug in Afrika se bos nadat sy in Avignon gaan aansterk het. Skaars is sy en haar Franse geliefde weer op haar tuisgrond of hulle word betrek by ’n ondersoek na kadawers wat in die veld gevind is. En dit word gou deur nog lyke opgevolg. Maar die beeld van ’n ander figuur het haar uit Avignon gevolg, dié van ’n straatkind wat Zoeloe praat en Afrikaans verstaan. Hoe het hy daar gekom, weet sy ma dit en hoe kry Aella die kind terug by die huis? Meer, wie was vir sy lot verantwoordelik? In Afrika se nat veld doem die antwoorde gaandeweg op en dit is afskuwelik.
Roekeloos. Geen ambisie. Vrygees. Dit is beslis nie eienskappe wat Tharien in ’n man wil hê nie. Wel, eintlik weet sy nie, want Rudolf was nie een van daai dinge nie en hy het haar verneuk. Sy is seker van een ding: Heinrich Vermeulen mag dalk soos ’n Noorse god lyk en soene steel, maar hy is nie die een vir haar nie. Hy is net te wild, bly in ’n woonwa en wanneer sy om hom is, voel sy nie soos haar stabiele en verantwoordelike self nie. Dit word gou duidelik dat dit nie maklik gaan wees om Heinrich te vermy nie, en sy moet kophou om nie haar gevoelens vir so 'n onvanpaste man te laat handuit ruk nie. Maar hulle storie is blykbaar reeds in die sterre geskryf ...
Wat is die geheim van selfgemaakte miljoenêrs, dié uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professionele lui of as salaristrekkers, selfs te midde van uitdagings en ná terugslae? Die skrywer, ’n onafhanklike finansiële adviseur, het oor jare heen ontdek dat sekere strategieë suksesvolle welvaartskepping aan die hand werk. Hierdie boek bevat 68 welvaartstrategieë asook suksesstories van ’n diverse groep gewone Suid-Afrikaners wat soms van voor af oor moes begin maar steeds ’n uitdagende omgewing suksesvol kon navigeer. Dié boek bied praktiese advies asook toerusting om oor elke strategie na te dink, jou eie finansiële posisie te verbeter en selfs, uiteindelik, inkomste vir ander te skep. Dit sal jou help om ’n kopskuif te maak en moontlikhede in ’n bitter moeilike ekonomiese klimaat te identifiseer. Die stories sal jou inspireer en ook help om hierdie strategieë in jou daaglikse handel en wandel toe te pas.
|
LAPA is ’n
afdeling van Penguin Random House Suid-Afrika (Edms) Bpk.
|
|
|
No comments:
Post a Comment