|  | space | PERSVERKLARING 11 MAART 2021 VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING
 PRHSA STEL NUWE DRUKNAAM VIR CHRISTENMARK BEKEND  Penguin Random House
    Suid-Afrika het pas ’n nuwe Christendruknaam genaamd LUCA bekend gestel.
    Die naam is afgelei van die Latynse woord ‘lux’ wat ‘lig’ beteken en
    weerspieël hoe LUCA lesers sal help en lei om hoop, inspirasie en antwoorde
    te kry in ’n wêreld waar dit al hoe moeiliker word om gelowig te wees en te
    bly. 
 Veronica Scholtz, uitgewer van LUCA, sê die druknaam se aanbod sal modern
    wees en leesstof aan alle ouderdomme bied, van kinders tot volwassenes, met
    ’n wye verskeidenheid genres van fiksie tot nie-fiksie. “Ons is toegewyd en
    opgewonde om nuwe inspirerende stories en boeke oor die Christelike lewe en
    die studie, begrip en genot van die Bybel te publiseer,” sê Scholtz.
 
 Lesers kan uitsien na:
 
     Opbouende en inspirerende
         boeke wat gesonde spirituele groei aanwakker.Vermaaklike kinderboeke met
         ’n geloofgebaseerde tema deur geliefde skrywers.Plaaslike stories deur
         Suid-Afrikaners wat maniere gevind het om terugslae deur hul geloof te
         bowe te kom.Boeke wat die leser lei tot
         ’n dieper verstaan en toepassing van die Bybel. Die eerste publikasie, wat in April bekendgestel word, is die
    fiksieboek vir volwassenes getiteld Arendsvlerke vir Siebert deur die
    bekroonde skrywer Elsa Winckler. Dit is ’n aangrypende en boeiende verhaal
    oor liefde, oorwinning, Christelike waardes, en die impak van dwelmmisbruik
    op ’n gesin. Winckler sê: “Ek is trots om die eerste skrywer te wees wie se
    boek by LUCA uitgegee word! My boek gaan oor die vernietigende gevolge van
    dwelmmisbruik op ’n geliefde. Ek het Arendsvlerke vir Siebert geskryf
    om hoop te gee aan almal wat al moes saamleef met verslawing of emosionele
    ondersteuning gebied het aan verslaafdes.”
 LUCA se boeke sal vanaf April aanlyn en landwyd by boekwinkels beskikbaar
    wees.
 
 Kontak Christine Craze vir meer inligting by ccraze@lapa.co.za of
    062 345 3712, of besoek www.lapa.co.za
 
 Volg LUCA op sosiale media:
 
 Facebook - @LucaLife.LucaLewe
 Instagram - @LucaLife.LucaLewe
 |  |  | 
   
No comments:
Post a Comment